Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 204

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die stryd teen die rebelle

204 Nouliks het Kisehel Lameg daarop gewys, dat hy sy aandag op die rebelle moes rig wanneer hulle deur die deur sou breek, of hulle was reeds daar, in hewige woede ontbrand.

2. Toe Lameg die van woede laaiende gesigte sien en hulle ontsettende gebrul hoor, raak hy weer so erg van stryk, dat hy byna bewusteloos op die grond val en tydens sy val nog net kon uitroep: "Wee my! Ek is verlore!"

3. Slegs Thubal-Kain bly hierdie keer standvastig, stel hom stewig op teenoor die binnedringende menigte en druk hulle meermaal kragtig terug.

4. Maar waar die menigte hulle nie heeltemal laat oorwin nie, vra Thubal-Kain hulle met `n ernstige donderende stem: "Wat wil julle dan van ons hê? Waarom tree julle so op?"

5. En die massa skreeu: "Niks anders as julle vervloekte, skandelike lewens nie!"

6. Na hierdie woorde verhef Thubal-Kain sy hande, net soos sy hart, tot God en spreek: "O almagtige, regverdige, heilige God, Vader en Skepper van alle dinge! Verleen my nou die regte krag en sterkte, om hierdie rusversteurders weer tot die goeie orde terug te roep!"

7. Na hierdie kragtige smeekbede tree Kisehel onmiddellik aan Thubal-Kain se sy en sê vir hom: "Thubal-Kain, my broer! Luister, die liefdevolle, heilige Vader het jou smeekbede verneem en het jou vraag verhoor! Wees daarom vol troos en moed; want weldra sal jy God se krag in ons en in jouself ervaar!

8. Trek nou op voor die bose muiters en slaan hulle met jou woord op hul kop! Amen."

9. Thubal-Kain het baie goed gemerk hoe die krag uit God oor hom gekom het; en daarom rig hy hom op en spreek met `n harde stem tot die rebelle:

10. "Luister, julle muiters teen die heilige wette van God! Teen wie het julle byeengekom om te veg? - Teen God is julle bose hart gerig; teen Hom het julle met knoetse, spiese en knuppels uitgetrek!

11. O julle armsalige vegters! Het julle al ooit die mag van die allerhoogste, almagtige God ervaar?

12. Julle roep: 'Nee, wat het ons daarmee te maak?! Ons wil net vir julle en julle lewens hê!' Maar ek sê vir julle: Nou het julle met God se krag en mag te maak; bedink julle daarom goed voordat julle julle moordwerktuie teen ons en oor ons ophef!

13. Want waarlik, waarlik sê ek aan julle almal in die Naam van die almagtige God, as julle nie dadelik omdraai nie, dan sal dit met julle gaan soos iemand wat in die krater van `n woedende brandende berg geval het; tot stof en as sal diegene vergaan wat dit as eerste waag om sy knoets teen ons te verhef!

14. Nou weet julle teen wie julle ten stryde getrek het, en wat se lot op julle wag! Doen nou maar wat julle wil, - julle het `n vrye wil; maar na die daad sal die prys vir julle stryd ook presies uitgemeet word!"

15. Na hierdie woorde begin die rebelle eers regtig te raas en te vloek, sodat daardie lawaai Lameg weer wek.

16. Toe hy weer bykom, ontsteek hy in woede oor die rebelle en roep hard: "Magtige broers en vriende! Vernietig hulle, die geweldenaars voor God!"

17. Maar Kisehel sê heel gelate vir Lameg: "Broer, wen jou nie tevergeefs op nie; want God is nie soos die mens nie, dat Hy onmiddellik Sy werke wil vernietig nie, - maar die ewige wet van Sy ewige orde lui: Ewige behoudenis van alle geskape dinge!

18. Hulle het nou van Thubal-Kain `n wet gekry, en dit word gewy van bo. Wie in stryd daarmee sal handel, sal onmiddellik sy oordeel ondergaan; wees daarom rustig! Amen."

19. En `n muiter swaai sy knoets bokant Kisehel; onmiddellik vat hy vlam en hy word voor alle oë tot as verbrand. Dit laat al die ander ontsteld staan en die een na die ander trek hulle onopvallend terug.

20. Sommiges vloek nog, maar ander vermaan hulle tot berou. En so kom hierdie opstand spoedig tot `n einde en keer die rus weer terug.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205