Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die aanwysing van die Heer vir die vervaardiging van yster en staal.  Die enigste wat nodig is: Vertroue en liefde tot die Heer

7 En toe Abedam vir Ghemela en Lameg aan die vaders oorgedra het, gaan Hy dadelik na die vier ander egpare en sê vir hulle:

2. "Luister! Wat Ek nou vir julle gaan sê, moet julle ook dadelik ten uitvoer bring, dit wil sê, nog nie vandag nie, maar wel al in die komende werksdae.

3. Dit wil Ek julle sê: In die binneste van die aarde is `n soort gesteente wat rooierig daaruit sien en wat nie so hard is soos ander gesteentes nie. As mens dit egter oppik, het dit `n gewig wat opmerk­lik groter is as wat die gewig van `n ander, ewe groot klip is. Die gesteente het ontstaan uit die deur die strale van die son wat aarde opgeneem het en is byna oral in die berge voorhande, omdat dit juis slegs in die berge, in meestal hol gange gevind word, waarin dit deur die krag van die sonstrale wat deur die aarde opgeneem is, hulleself konsentreer in die vog wat voortdurend daar aanwesig is. Met behulp van die inwerking van die ander nagtelike sterre aan die uitspansel, ontstaan daar in die gesteente `n eie uitgaande en teenwerkende krag (polariteit) en ten slotte word dit geleidelik vaster en stewiger. En so dikwels, by die terugkeer van die son op die helfte van haar baan om die 13 555 jaar, waar die waters van die aarde hulle krag en teenkrag afwissel en die ontstane stralegesteente in die hol gange van die gebergte aansienlik met sout deurtrek is, wat ongeveer 7000 jaar geduur het, is die gesteente dan, deur die opnuut terugtrekking van die water, reeds so ryklik en geredelik voorhande, dat dit in die volgende 13 555 jaar nie lig verbruik word nie. Die agtergeblewe, onverbruikte deel van die stralegesteente, ook al het dit meer as duisende wisselinge van die waterpeil deurgemaak, word egter nie slegter daardeur nie, maar juis beter.

4. Kyk, tot nou toe is die stralegesteente nog deur niemand gebruik nie, behalwe sedert die enigste tyd deur `n koningseun uit Hanoch! Maar aan hom was slegs die afval van die gesteente getoon; en tog het die aarde al sedert haar ontstaan meer as duisend verhogings met `n ewe groot aantal veranderinge van die waterstand ondergaan!

5. Vir diegene wat deur hulle liefde tot kennis gekom het, is daar in die berge iets van groot nut verborge; Ek openbaar dit aan julle, sodat julle `n wyse gebruik daarvan sal maak.

6. Versamel dit en louter dit in die vuur en Ek sal julle deur julle gees op die korrekte tyd ingee, hoe en waarvoor julle dit moet gebruik!

7. As julle eenmaal meesters in die kuns geword het, leer dit dan ook aan julle broeders en leer hulle almal ook die wyse, onbaatsugtige gebruik daarvan.

8. Daarom het Ek julle nuwe wonings besorg en hulle daarmee van alle dinge voorsien wat julle by hierdie nuwe kuns doelmatig kan gebruik. Die gebruik van alle reeds aanwesige werktuie sal die gees julle alles leer. Ofskoon sommiges van julle reeds vanaf die eerste tye pogings onderneem het om die werktuie, wat deur My aan julle geskenk was, na te maak, het dit egter tog niemand heeltemal geluk nie, omdat julle nie die korrekte metaal gevind het nie. Maar omdat Ek dit nou Self vir julle aangewys het, sal julle die werktuie, wat julle voorheen altyd kant en klaar ongemerk van My ontvang het, nou self kan maak.

9. Voorheen het Ek julle dit alles steeds geheel verniet gegee en so moet julle dit ook doen. En terwyl julle werksaam is en julleself nuttig maak vir julle broeders, mag julle broeders dan ook wel toesien dat hulle julle van spys en drank voorsien sal wees.

10. Julle mag dit dog nooit vir julle arbeid eis nie; maar eet en geniet in dankbaarheid van dit wat die mense julle sal bring! Maar ook moet niemand, omdat hy julle iets gegee het, iets van julle eis nie; gaan slegs in liefde met mekaar om!

11. Die gesteente wat julle so bewerk kan julle ysterspaat noem.

12. Wees volkome in alle dinge en magtig in die lewende liefde, dan sal Ek ook voortdurend met My seënende hand onder julle wees en sal julle opvoed, onderrig en voorberei tot alle volmaaktheid! Amen."

13. Na hierdie leersame woorde van Abedam staan Adam dadelik nader aan Hom en spreek: "Heilige, liefdevolle Vader! U het nou net gewag gemaak van die wisselende waterpeil op aarde. Sien, as die see dan miskien al spoedig ons bewoonde landerye sal verswelg, wat sal daar dan met ons gebeur?

14. Sou U ons daaroor nie ook `n teken wil gee nie, as dit U Heilige Wil is?!"

15. En Abedam glimlag oor hierdie vraag en sê toe vir Adam: "Adam, raak liewer oor iets beters besorg as jy sorge vir jou wil maak; want hierdie ongerustheid is al te dwaas.

16. Stel julle vanaf nou nog `n tydsduur van dertien duisend jaar voor! Waarlik, in die tyd sal julle in `n geheel ander toestand van julle bestaan verkeer en julle om die wese van die aarde wel baie weinig meer bekommer, en mense wat in die tyd die aarde sal bewoon, sal tyd genoeg hê om die terugkerende vloed te ontwyk. Die styging en daling geskied so langsaam, dat dit eers elke duisend jaar `n merkbare verskil teweeg bring en bowendien sal die waters van die noordelike halfrond van die aarde eerste begin om hulleself terug te trek.

17. Sien daarom in hoe onnodig en sinloos jou dwase angs is!

18. Ek sê vir julle, en ook aan julle almal: Dra slegs sorg vir die reinheid van julle harte en vir die ware innerlike liefde tot My! Wat die bestuur van die hemelliggame egter betref, wees julle absoluut gladnie besorg daaroor nie, want om dit te bestuur en behoorlik te onderhou verstaan net Ek alleen en My mag, krag en gesag en My wysheid is ewig voldoende vir die hele oneindigheid!

19. Ek sê vir julle: Julle sien in die nag nog vae sterregroepe uit die eindelose vertes van die wye oneindigheid op julle neerskyn en die laaste bewoners van die aarde sal dit ook nog sien, en tog was die ou aarde nog nie gegrondves toe hulle, na hulle byna ewige lang bestaan, tot niet gegaan het nie!

20. So sal dan ook hierdie aarde en die sigbare uitspansel vergaan; maar My Woorde en My kinders sal nimmer vergaan nie!

21. Wil jy, Adam, jou nie ook daaroor besorg maak nie?

22. Daarom sê Ek vir julle: Bekommer julle gladnie oor al die wêreldse dinge nie, maar laat Ek die sorg vir alles dra, want julle kon met al julle sorge selfs geen stoffie laat ontstaan het nie.

23. As julle vir julle wil sorge maak, sorg dan maar net daarvoor om sorgloos te word; en dat julle harte rein en steeds voller en voller mag word met die ware innerlike liefde tot My; want die ewige onvernietigbare lewe bestaan slegs daarin, dat julle altyd bewus sal wees van My en My bo alles sal liefhê! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205