|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 193
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Thubal-Kain se insig, berou en die bevryding van sy voete. Thubal-Kain se wens en Kisehel se belofte
193 Hierdie woorde van Kisehel verbaas Thubal-Kain geweldig. Want dat Kisehel `n blik kon werp in sy innerlike, het hy reeds geweet; maar dat Kisehel ook iedere afsonderlike gedagte wat in sy siel opstyg heel presies kon weet, dit was vir ons Thubal-Kain tog te veel, en hy het nou geen raad meer geweet nie.
2. En so staan hy `n tydlank, te verstom om na te dink. Na `n tyd wend hy hom weer tot Kisehel en rig die volgende woorde tot hom:
3. "Luister, groot en magtige bode, wat Farak se God dus na ons, bewoners van die laagte, gestuur het, vir my is hierdie situasie baie onaangenaam! Maak dat ek weer vrykom, dan sal ek openlik met jou praat; want hierdie gekluisterde toestand is geweldig hinderlik vir my, en in hierdie toestand is ek nie in staat om `n vrye woord met jou te spreek nie!
4. As jy wil dat ek jou met my deskundigheid van nut moet wees, dan moet ek vry wees; anders het jy my dan ook verniet hierheen laat kom.
5. As ek my enigsins lomp teenoor jou gedra het, weet jy wel hoekom dit gebeur het, want jy weet immers wat ek by myself dink!
6. Sien, dit is sekerlik nie gering as jy jou meer as mooi en ook geliefde vrou verloor het! En deur wie? - Dit weet jy beter as ek!
7. Tog sal ek alles vergeet as jy my weer vrylaat en ek openlik met jou kan praat!"
8. Hierop gaan Kisehel na Thubal-Kain toe, neem sy hand en sê toe vir hom:
9. "Thubal-Kain, in die Naam van JaHWeH, die enig ware almagtige groot God, sê ek vir jou: Wees vry, en wandel en handel regverdig! Laat dit geskied!"
10. Dadelik was Thubal-Kain vry en kon loop soos tevore, en Kisehel sê daarna vir hom: "Sien, nou is jy vry; wat wil jy nou doen?"
11. En Thubal-Kain antwoord: "Luister: Die eerste is, dat jy in my plek jou almagtige God loof en prys omdat Hy jou en my so barmhartig was en my vrygemaak het deur jou woord; en vertrou my dan eindelik vir dit wat jy van my wil hê, sodat ek kan doen waarvoor jy my laat roep het; en as ek jou tot tevredenheid gedien het, dan sal jy jou arbeider ook geen klein beloning weerhou nie!
12. Sien, dit is alles wat ek nou wil doen, en wat ek verlang!
13. Ek wil jou egter niks voorskryf nie; want jy is magtig en wys.
14. Beoordeel daarom my woorde, en gee my dan volgens jou wysheid die opdrag, dan sal ek jou dien!"
15. En Kisehel stel die volgende vraag aan Thubal-Kain: "En waaruit moet die klein beloning dan bestaan? Sê dit vir ons almal; want sien, ons weet baie goed dat elke arbeider sy loon werd is. Sê dus wat jy bedoel!"
16. En Thubal-Kain sê vir hom: "Waarom sal ek baie praat; jy lees immers al in my hart wat my ontbreek! Ek is alleen sedert die dag waarop ek my geliefde vrou Naëhme verloor het!
17. Ek verlang nie na Naëhme nie - want sy is vir my verlore, - maar skenk my `n ander vrou, dan sal ek, tot groot genoegdoening van my hart, beloon wees!"
18. En daarop sê Kisehel vir Thubal-Kain: "Goed, dit sal gebeur soos jy wens, en dit nog op hede in die huis van jou vader!
19. Maar as jy daardie loon gekry het, sal jy dan wel volome tevrede wees?"
20. Vir `n tydjie was Thubal-Kain stomverbaas, maar ten slotte hervind hy homself en antwoord: "O ja! Daar is nog wel iets; maar dit is nie vir ons bewoners van die laagte nie!"
21. En daarop sê Kisehel: "Ja, doen jou werk goed; waarlik, as jy jou werk uit liefde tot God sal verrig, dan sal jy ook die hoogtes betree en jy sal aartsvader Adam, aartsmoeder Eva, alle aartsvaders, en die enige hoëpriester Henog sien en spreek, en sal dan versadig word in die kombuis van Purista!
22. Maar hier aan ons voete lê die ruwe erts, bekyk dit; dit moet jy vir my smelt en dan uithamer tot dun plate, om die tempel van JaHWeH daarmee te bedek!
23. Sien, dit is al wat ek van jou vra: Gaan dus aan die werk! Amen."
|
|
|
|
|