Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Pura se groot, voorbeeldige liefde vir die Heer. `n Belofte van die Heer aan Pura.

122. Toe Pura nou hierdie woorde gehoor het, hef sy haar teer hande bo haar kop en vou hulle, deur haar vingers ineen te strengel en sê ten slotte in vervoering:

2. "O, Ewige, oneindige Liefde en Wysheid, watter eindelose diepe sin lê tog nie in elk van hierdie woorde nie!

3. O, Heilige lewe van al die lewe, eindelose heilige Oorsprong van al wat is, wie kan die diepte van U Wysheid begryp en wie die raad van U Liefde deurgrond?!

4. O my God, my God, - hoe groot en verhewe is U tog!

5. JaHWeH! U wat Uself deur die swak mens selfs 'Vader' laat noem, ja, nie alleen laat noem nie, maar ook wil dat Hy in die hart van elke mens in die volste kinderlike liefde en erns as sodanig getrou en waaragtig bekend word, - hoe sal ek, `n aller suiwer niks vergeleke met U, U nou loof en prys, hoe U dank vir U enorme groot erbarming en barmhartigheid?!

6. Want U het nou so `n troos, as `n buitengewone groot ligstroom, in my hart laat vloei, dat ek met myself nou van louter hemelse vervoering geen raad weet nie.

7. O, julle groot vriende van hierdie heilige goeie Vader, help tog, help my, swakkeling, om hierdie buitengewone groot salige las te dra en loof Hom met één stem, Wie hier in ons midde vertoef, so gewyd, so goed en so liefdevol barmhartig en erbarming!

8. O my JaHWeH, watter saligheid is by U te vind; watter lewende voedsel vir die swak na liefde hunkerende hart, as dit deur U oneindige Vaderlike mildheid versadig word!

9. O, laat U deur my bemin, laat my sterf van liefde vir U!

10. O, hoe soet moet die dood wees wat mens vir U uit liefde sterf !

11. JaHWeH, God, Vader! Tot nou toe het ek my hart ingehou uit te groot heilige vrees vir U; maar nou kan ek dit nie meer hou nie!

12. Laat U Self deur My omarm en so hewig liefhê dat die vuur van my liefde vir U sal verteer soos `n droë strooihalm! Want sien, nou het alle vrees van My gewyk, - ook het ek geen angs en vrees meer vir U nie; ek wil immers sterf uit liefde vir U! O, my onuitspreeklike geliefde JaHWeH!"

13. Hierby slaan sy haar arms ylings om Abedam heen, druk Hom uit alle mag teen haar hele wese en dit lyk wel of sy met haar hand haar hart uit haar liggaam wil ruk om dit dan teenaan die bors van die Allerhoogste te hou.

14. In hierdie toestand van liefde straal ook weldra haar totale wese so lieflik lig soos die lig van die son wanneer dit getemper deur `n pragtige roosblaartjie skyn.

15. Toe die vaders en al die ander dit sien, slaan hulle hulle op die bors en Henog sê sugtend: “O heilige Vader! Ons is kinders van die hoogte – die meisie is egter `n suigeling van die slyk van die laagte, maar watter verskil is daar nie tussen haar en ons nie!?

16. Sy alleen bemin U meer as die hele hoogte saam en sy begryp U in haar hart ook al beter as ons almal, terwyl ons tog van kinds af aan geleef en gehandel het in U liefde en barmhartigheid!

17. O sien, sien, julle almal, vaders, watter meer as hemelse skoonheid, watter glorie straal daar uit die kind van die laagte!

18. O Adam, o Set, o julle almal, vaders, broer en kinders, waar is die oog, wat ooit iets mooier, iets meer verhewe, iets onnoembaar verrukliker gesien het, as die nouliks twintig somers tellende meisie uit die laagte in die krag van haar liefde, wat vir ons almal so onbegryplik magtig is!

19. Watter meer as hemelse lieftalligheid en verhewe skoonheid straal daar nie uit haar hele liggaam nie, watter mildheid, watter sagtheid in al haar ledemate! Hoe eindeloos teer is haar hele gestalte en nogtans: Watter mag van liefde in haar meer as besonder tere bors!

20. Ja, ja waarlik, sy is aan ons gegee as `n groot leraar; want nou eers is aan ons almal `n maatstaf van die liefde gegee, waar ons die gebrekkige swakte van ons hart baie goed aan kan meet!

21. O JaHWeH Abedam, U alleen is ewig, ewig, ewig hemelhoog geprese, geloof en bemind, omdat U ons almal `n kind uit die laagte tot heilige maatstaf van U liefde gegee het!

22. O Vader, heilige Vader, hoe oneindig goed en vervul van Liefde en Erbarming is U!"

23. Hier verstom Henog ook. En Abedam sê daarop aan hom: "Henog, glo dat dit so is en ewig so sal wees: `n Kind van die wêreld en van die sonde sal `n groter gewig in die skaal lê, as hy My net so kragtig sal aanneem as hierdie meisie hier, as nege-en-negentig regverdiges, wat dit altyd vanaf hulle geboorte was.

24. Maar jy, My liewe kind, sal voortaan nooit meer wyk van My bors nie; jy alleen sal My altyd gedurende jou hele aardse lewe sien en hê net soos nou!

25. Jy sal nie die vrou van `n man word nie, tot by die tyd der tye wanneer jy vervul sal word met die volheid van die mag van liefde van My oneindige Gees! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205