|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 184
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Dank met die mond en dank met die hart. Lameg het bekeer en wil die kliptafel weer reinig
184 Toe Lameg heeltemal versadig was, staan hy op en sê aan Kisehel: “Magtige bode van die almagtige, groot God! Sien, ek het my versadig aan die geseënde voedsel; my hele wese is nou opgewek tot `n groot dankbaarheid jeens die Een wie my ete geseën het en my eindelose groot skuld jeens Hom, jeens julle, en die hele volk en jeens die hele aarde kwytgeskeld het.
2. Maar ek het geen woorde waarmee ek hierdie, vir my weliswaar groot, maar vir God en Sy erbarming, sekerlik allernietigste dank sou kan uitdruk nie!
3. Leer my daarom waardige woorde, om dit wat ek nou in myself voel, te kan uitdruk en ook wat ek in die toekoms sterker in my sal voel!
4. O liewe vriend van die Allerhoogste, kyk na my in die slyk van my wandade en willig my wens in!”
5. Daarop sê Kisehel aan Lameg: “O broer Lameg, jy maak jou besorg oor iets wat in God se oë maar `n baie geringe waarde het! Glo my, die Heer, die heilige, mees liefdevolle Vader, kyk nie na woorde nie, maar slegs na die hart!
6. Die dank wat jy in jou voel soos `n groot vlam wat jou hart wil verteer, hierdie dank is vir die Vader die meeste welgevallige; laat dit altyd en ewig daar wees, dan sal Hy jou dankoffer ook sekerlik altyd en ewig aanneem, omdat dit vir Hom welgevallig is!
7. Sien, as iemand `n groot barmhartigheid van die Vader ontvang, dank hy in sy hart soos `n groot skuldenaar ten gevolge van die steeds heftiger wordende liefdesbrand in sy hart, en hy volhard net so lank in hierdie suiwerste en volledig ware dankbaarheid totdat hy hom daarvan deur sy mond ontdaan het. Maar op sigself is dit steeds `n skynbare genoegdoening vir die ontvange weldaad.
8. Na so `n verplig lykende uiting van sy dank word dit wel veel ligter en rustiger om die hart, maar `n mens kan homself afvra of die hart nie na die uiting, met minder liefdesvuur vervul is, koeler is en derhalwe ook vir die toekoms minder dankbaar vir die ontvange barmhartigheid nie. Want die het hom deur die woorde uit sy mond van die dankbaarheid ontdaan, terwyl die dankbaarheid tog eintlik moet bly?!
9. Dit is so, liewe nuwe broer Lameg! Sien, sowel jy as ek, het kinders verwek en het dus hulle vader geword, soos hulle ons kinders geword het!
10. Ek het nog altyd by my kinders ervaar, dat juis die kinders wie my vir byna elke woord met hulle mond bedank het, in hulle hart die minste dankbaar gebly het; maar met die kinders wie haas by elke gawe geswyg het, was dit so gesteld dat hulle altyd vir my deur die vuur sou gegaan het as ek dit van hulle sou verlang het!
11. Ek het weliswaar nooit, of maar hoogs selde woorde van dank uit hulle mond gehoor, maar het des te meer lof- dank- en vreugdetrane in hulle oë gesien, - en, broer Lameg, vir my tel so `n stille traan in die oog van een van my kinders meer as alle wondermooie woorde van `n ander meegaande kind; ja, so `n traan geld vir my meer as die hele wêreld!
12. Want daardie inskiklike kind het hom van sy dank jeens my bevry; maar daardie ander, my sonder woorde dankende kind, behou dit vir ewig in die hart!
13. So het ook by God, wie slegs na die hart kyk, die blywende dank in die hart eindeloos meer waarde as dank wat uitgespreek word, en wat daardeur verganklik is, omdat die hart, deur die druk van die dank daarvan haar deur woorde bevry het.
14. Dank die Heer daarom maar altyd soos nou, dan sal jou dank aan God die korrekte een wees, en sal Hy `n voortdurende welgevalle hê aan jou hart wat altyddeur van magtige dank vervul is!
15. Onthou dit dus maar altyd tot jou groot troos; dan sal jy die heilige Vader ook steeds behaag, en Hy sal vir so `n dank eerder duisendvoudig meer barmhartigheid verleen, as vir dank met die mond!
16. Noudat jy dit weet en jy jou volledig tot die Heer gewend het, mag jy ook bepaal wat daar nou moet gebeur; want sien, ons is hier om jou met al ons kragte in al die goeie behulpsaam te wees! Gee daarom een van jou wense aan ons te kenne! Amen.”
17. En Lameg spring op van vreugde en sê diep geroer aan Kisehel: “O, vriend van God, van die almagtige Skepper van hemel en aarde! O heilige broer uit die hoogtes, wat soos `n blywende woning van die Almagtige is, neem ten eerste my trane as teken van my innigste, ewig blywende dank vir jou wonderlike, wyse leer wat jy my so-ewe gegee het; want dit is nie alleen deur en deur waar nie, maar dit is gewyd! Ja, in die volle waarheid is daar maar één dank en maar één lof, en dit is ewig! Van nou af aan wil ek ook vir ewig daarin bly!
18. Maar wat my wens betref, ek het slegs één; één ding wat my nog bedruk, en dit is die kliptafel wat so gruwelik deur my ontheilig is! Laat my dit eiehandig weer in die daglig bring en reinig en dan uiters hoog vereer, as ek tenminste hierdie daad nog wel waardig is!”
19. En Kisehel sê daarop aan Lameg: “Sien, ten behoewe daarvan is jou knegte al van graafwerktuie voorsien!
20. Dit is voldoende dat jy dit werklik in jou hart gedoen het; die ander sal hulle wel doen, laat ons daarom met daardie belangrike werk begin! Amen.”
|
|
|
|
|