Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 183

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Oor die mag van die voorspraak van die hart. Die goeie uitwerking van die onvrywillige hongerkuur van Lameg. Lameg se berou en die erbarming van die Heer

183 Toe die voorbestemde derde dag aangebreek het, roep Kisehel die meisies en vrouens wat reeds aan ons bekend was, na hom toe en sê aan hulle: “Luister, weer opgestane meisies en vrouens! Die voorbestemde derde dag het aangebreek; daarom wil ons na die plek gaan waar Lameg hom bevind!

2. Gaan daarom na die kasteel van Lameg, sê dit aan al sy knegte, en sê hulle ook dat hulle in plaas van wapens, grawe en harke moet saamneem; maar julle trek julle feestelik aan en elkeen van julle neem eetware saam, soveel as was julle gemaklik kan dra! Gaan dus en doen presies wat aan julle opgedra is!”

3. En die vrouens gaan jubelend en God prysend aan die werk, maar vra Hom ook, om die halsstarrige Lameg barmhartig te wees en sy hart te buig voor Sy heilige wil.

4. Na `n klein tydjie kom alle meisies en vrouens weer terug en deel die sewe manne mee dat alles in orde was, soos wat hulle dit gewens het.

5. En Kisehel sê daarop: “Ja, so is dit goed, meisies en vrouens! As julle wis welke vreugde julle ons berei het deur vir die arme Lameg tot God te bid, waarlik, die vreugdevuur van ons harte sou op julle oorslaan en julle vir die tweede maal oplos, en dit nog hewiger en feller as `n vuur van al die hout op aarde!

6. Daarom aan ons heilige Vader in die hemel ook al ons liefde, eer en aanbidding! Bly vir hom bid; dan sal ons vandag nog wonderbaarlike dinge met Lameg belewe! Laat ons nou na hom toe gaan! Amen.”

7. En hulle staan op in hulle opelug herberg, naamlik `n breë, skaduryke vyeboom, en gaan na die poele, waar Lameg van honger en dors soos `n wurm lê en kronkel.

8. Toe almal nou, ook die meisies, vrouens en knegte by Lameg aangekom het, tel Lameg sy hande op en sê met bewende stem aan Kisehel:

9. “Magtige afgesant van die Een wie se Naam my tong vir ewig nooit werd sal wees om uit te spreek nie! Vrees nie meer vir my wil nie, want dit het jy al vir ewig gebreek. Gee my egter iets ter versterking; want sien, ek het `n geweldige honger en `n geweldige dors!”

10. En Kisehel sê aan die meisies en die vrouens: “Bring die voedsel en die drank hier en gee Lameg soveel as wat hy maar wil hê!”

11. En die vrouens doen dit; maar Lameg slaan hom op sy bors en sê:

12. “O goddelike Erbarming! Is die groot sondaar Lameg dit nog wel werd, om spys en drank aan te neem uit die hande van hulle wie U gered en gereinig het?!”

13. En Kisehel sê: “Ja, broer Lameg! Want die goedheid van die Vader is groter en reik verder as alle hemele; eet en drink daarom na behoefte!”

14. Nou begin Lameg te huil, want hy oorsien sy baie gruweldade en sê daarop: “O magtige afgesante van die ewige Erbarming! Dit kan my nooit meer vergewe word nie; want te verskriklik is die hoeveelheid van my gruweldade!

15. Ek sien nou in my hart, sy is heeltemal gevul met suiwer slange en allerlei soorte van die giftigste ongediertes, en om my heen staan onafsienbare skares wie van vertwyfeling die hande wring, my vervloek en met bloeiende mond om ewige wraak roep tot God!

16. Ja, ek het `n geweldige honger en dors, - maar nou kan ek niks meer tot my neem nie; want hierdie aanblik maak my so afskuwelik in julle oë en nog oneindig veel meer in die oë van Hom, wie se magtige bodes julle is!

17. Laat my daarom van honger sterf, omdat ek immers ook so baie deur honger ten gronde gerig het!

18. Laat my van honger sterf, laat my versmag van dors en laat my wanhopig word van die pyn; want iets beter het ek immers nie verdien nie!

19. Ek het God en julle gelaster en wou julle doodmaak, as dit maar vir my moontlik sou gewees het om julle te vernietig!

20. O, laat my in my eindeloos pynlike berou vertwyfeld ten gronde gaan, want iets beter is ek immers nie werd nie!”

21. Na `n kort pouse roep hy luid aan die onsigbare skares: “O, deur my skuld ongelukkiges! Roep tog, roep tog uit alle mag na die ewige Regter om wraak te neem op my, tot wie die verskriklikste, die vreeslikste sal kom!

22. Want geen enkele wraak sal te groot vir my wees nie; ek het immers die grootste, ja, die eindeloos grootste verdien!”

23. Hier sak hy ineen en ween geweldig. Ook alle omstanders was geroer deur Lameg se groot berou en ween saam met hom.

24. Toe gaan Kisehel na Lameg toe, raak hom aan en sê: “Broer Lameg, staan op, en kyk net hierheen, in ons midde, sodat dit vir jou duidelik word hoe die ewige Liefde Homself op die sondaars wreek, wie in hulle hart die grootte van hulle skuld voor God en die mense netso berouvol ingesien het soos jy, en hulle daardeur in deemoed onder alle skepsels geplaas het!”

25. Toe staan die wenende Lameg op en sien, net soos alle ander, te midde van die sewe bodes, `n verligte wolk.

26. Byna verstyf deur dié aanblik, kom hy na `n rukkie tot homself en vra aan Kisehel, wat hom vriendelik vol broederliefde aankyk: “O magtige bode van die Almagtige! Wat is dit? Wat beteken dit?”

27. En uit die verligte wolk spreek `n stem: “Lameg, lank het jy My orde met jou voete getrap; maar omdat jy jou voor My en jou broers berouvol verdeemoedig het, het Ek al jou misdade van jou weggeneem en al jou skuld vergewe!

28. Gaan staan nou maar regop; maak van nou af, deur jou liefde tot My en jou broers, dit alles goed wat jy tydens jou afvalligheid aan kwaad gedoen het!

29. Eet en drink nou, want Ek, jou God, Skepper en Heer het die spys en drank vir jou geseën!

30. My bodes sal jou vertel hoe en wat jy in die vervolg alles sal moet doen!

31. Ek, wie dit vir jou sê, is die Een wat tot jou gespreek het, toe jy jou broers gedood het!”

32. Hier verdwyn die wolk en Lameg was bevry van sy boeie.

33. Noudat sy voete vry was, begeef hy hom dadelik na Kisehel en sê aan hom: “Magtige bode van God, wie nou so gemoedelik gespreek het uit die wolk en my groot skuld vergewe het, vergeef ook jy my skuld teenoor jou en julle broers, en glo my dat ek van nou af aan geen koning nie, maar slegs julle geringste dienaar wil wees; wees jy egter koning in die Naam van die Mees Heilige!”

34. En Kisehel antwoord hom: “Broer Lameg, sien, jy is swak! Versterk jou nou met spys en drank; eers daarna sal ons verder praat en doen wat die goddelike wil verlang!”

35. Toe neem Lameg spys en drank tot hom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205