Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Sethlahem maan die slegte vrouens op die derde trap tot boete. Die verslag oor die wonderbaarlike redding van die meisies van die eerste en tweede trap

174 In die begin verbaas die drie hulle oor die lis van Lameg waarmee hy hulle die weg oor die derde trap so doeltreffend versper het.

2. Maar hierdie verwondering was maar net die gevolg van die aanblik van hierdie gruwelik geslaagde versperring. Toe hulle egter die jammerklag van die vrouens gehoor het, het dit vir hulle steeds moeiliker geword en hulle gewete roep steeds luider, omdat hulle die meisies van die eerste twee trappe so afgryslik veroordeel het.

3. En in hulle gees begewe hulle hulleself daarop, met die volle krag wat in hulle woon, na die poele toe, en haal alle meisies gereinig en weer lewend uit die moerasse en rioolputte. Hulle laat hulle weer na die kermende vrouens toe kom en begin toe eers die volgende woorde tot die klaende vrouens te rig, nadat Ek hulle hart weer volledig daarvoor geopen het; hierdie keer spreek Sethlahem en sy woorde lui aldus:

4. "O julle slegte vrouens, kyk hier, hier is al julle handlangsters in die ondeug; hulle staan sidderend welbehoue voor julle! In die poele was hulle dood; wie het hulle dan nou uit die ontoeganklike moerasse, plasse en rioolputte gereinig, geheel en weer lewend opgehef en so welbehoue hierheen gebring?

5. Julle geredde meisies! Spreek teen hierdie allerslegste vrouens en sê wie julle gereinig het en wie julle uit die afgrond van die dood getrek het en julle weer opnuut tot lewe gebring het!"

6. En die meer as honderd-en-sestig meisies sê eenstemmig: "O luister na ons, ongelukkige byvrouens van Lameg en sy knegte, waarvan hy nog vele besit, ofskoon drie dae gelede, sy eerste kneg wat Horadal heet, met die mees uitgelese mag, net soos die eerste kneg, op die hoogte deur die kinders van JaHWeH vernietig was of aan Lameg ontrou geword het!

7. Ons almal was reeds heeltemal dood in die rioolputte; slegs ons arme siele het vreeslik ellendig geswerf bo die moerasse, plasse en modderpoele. Maar opeens het drie groot verligte gedaantes ons jammerlike verblyfplek genader, en ons het weldra in die drie groot verligte gedaantes, die drie bodes van JaHWeH herken.

8. En hierdie bodes het met `n magtige stem geroep: “Ontwaak om te getuig van die goddelikheid van ons sending!” Toe styg ons gereinigde liggame uit die afgrond en ons het weer daarmee verenig, en word toe deur `n onsigbare mag hierheen gebring en getuig nou voor julle en sal dit altyd bevestig, dat hierdie drie groot manne waaragtige bodes van JaHWeH moet wees!"

9. En Sethlahem het voorts gesê: “Nou dan, verdorwe vrouens en waaragtige kinders van die draak, - spreek soos julle goeddunk! Hoe is dit nou met julle vorige gekerm?! Sê ons, wie het Lameg die raad gegee om hierdie trap so te versper?! Het julle dit nie gedoen nie?!

10. Het julle die kinders nie gehuur en baie met geweld van die arme moeders weggeruk vir die allerskandelikste doel nie?! Het julle die kinders nie met julle eie hande hier so vasgebind, julleself vir die skyn met kettings aan die trap geketting en julleself, sonder dat Lameg julle ook maar in die minste daartoe aangesit het, julle borste wellustig oopgekrap en vol rooi sap gesmeer het nie?!

11. JaHWeH het `n tydjie verhinder dat ons julle gruwelike gedaante sien; maar nou het Hy getoon hoe dit is en ons deursien julle nou geheel en al in julle volle arglistigheid! Welke jammerklag wil julle nou opvoer?!

12. Julle het voorheen gevra aan welke hel ons ontspring het; maar nou vra ek aan julle: Uit welke hel het julle dan wel geklim, aangesien julle vir God en Lameg voor ons oë belaster het?

13. Wat se soort mense is julle, dat julle JaHWeH en die Satan tegelykertyd vervloek?!

14. Wat moet daar dan met julle gebeur, omdat die huis van die draak nog veels te goed is vir julle?! - Sê dit, vel die oordeel oor julleself!”

15. En die vrouens begin te roep: “Vriende van Hom, wie se Naam nooit deur ons gruwelike tong ontheilig mag word nie! Vernietig ons, vernietig ons geheel en al, want vir ons is alle nog so ellendige bestaan `n nog veels te groot barmhartigheid!”

16. Maar Sethlahem sê daarop: “Staan op, neem die kinders en bring hulle terug; gaan dan na die rioolputte, was julle met die ontlasting en doen dan boete tot ons na julle toe sal kom en julle die regverdige loon vir die werke van julle boosheid sal gee!

17. Want so is julle vir elke straf en vir elke hel te sleg! Staan dus op en gaan! - Julle, geredde meisies, gaan na julle blyplek en trek julle aan; kom dan terug en bring ons na Lameg toe! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205