Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 175

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Sethlahem se woorde en opdrag aan die geredde meisies. Die drie bodes dring deur tot Lameg. Oor die magtelose woede van Lameg

175 Die vrouens ontruim dadelik die trap en huilend spoed hulle hulle met die kinders na buite. Maar die meisies gaan na hulle blyplek toe om hulle aan te trek, kom weldra feestelik en netjies gekleed na die drietal toe terug, val voor hulle neer, vra hulle om vergewing vir hulle vroeëre kwaadaardigheid, waartoe hulle weliswaar meer gedwing was, as dat hulle dit uit vrye wil gedoen het, bedank hulle vir die barmhartigheid van die redding en vra hulle toe om `n vir altyd versterkende seën; en die drietal troos, seën en versterk hulle in My Naam. Na hierdie handeling sê Sethlahem aan die meisies:

2. “Luister nou meisies, julle het Lameg nou vyf dae lank gedien, - dit wil sê nie Lameg persoonlik nie, maar veeleer sy dienare, aangesien Lameg, sedert die drievoudige verlies van al sy dienaresse en byvrouens, niks meer te make gehad het met `n vroulike wese nie, omdat hulle vir hom `n vloek in sy mond geword het!

3. Julle is nou gereinig en vrygemaak en julle het die seën van JaHWeH ontvang deur ons, Sy dienare en bodes; daardeur is die kindskap van die hel julle ontneem en die van die hemel aan julle gegee.

4. En noudat julle kinders van die hemel geword het, moet julle julle altyd daarvolgens gedra, sodat hierdie seën steeds julle deel sal bly!

5. Gehoorsaamheid is die eerste tree in die huis van die ewige lewe. As julle dus ook die ewige lewe wil bereik, wees dan gehoorsaam aan iedere woord wat julle uit ons mond sal hoor en doen vanuit `n steeds groeiende liefde tot JaHWeH alles wat ons julle sal oplê! As julle dit almal met `n troue hart uit liefde tot JaHWeH sal doen, dan sal julle krag ook begin groei, en julle sal daardeur ware heldinne word, nie meer van die sonde nie, maar van die goddelike ewige lewe en daardeur ook van God se ewige welgevalle!

6. Die eerste ding wat ons van julle verlang, is dat julle ons na Lameg se blyplek sal bring!

7. Gaan daarna na buite om droë hout te versamel, en dra dit na die poele toe en plaas dit op `n droë plek; gaan daarmee aan totdat ons na julle toe sal kom!

8. Wanneer die vrouens hulle daar met ontlasting besmeer en gewas het, en iemand anders julle sal vra waarom julle dit doen, sê dan maar net:

9. Dat ons, bodes van JaHWeH, dit aan julle opgedra het; en wee diegene wie dit sal waag om sy hand aan julle te slaan of die hout wat deur julle versamel is, aan te raak!

10. Nou weet julle eerstehands alles wat julle te doen staan, lei ons dus na die blyplek van Lameg! Amen.”

11. En onmiddellik gaan `n deel van die meisies vooruit en `n deel volg die drietal. Baie spoedig kom hulle by die deur van Lameg se persoonlike blyplek. Hulle wys die deur na die persoonlike blyplek van Lameg aan en sê: “Dit is die vertrek; of hy binne is of nie, dit kan ons nie met `n geslote deur weet nie! - Mag JaHWeH met julle en met ons wees!”

12. En Sethlahem loof hulle getrouheid en laat hulle toe na buite gaan om hout te versamel.

13. Kisehel raak die deur aan, wat stewig gegrendel en versper was, en dit spring dadelik oop; en heeltemal agter in die vertrek sit Lameg grimmig en gloeiend van toorn op `n groot troon, omgewe deur duisend knegte wat met lang spiese bewapen was, ook lyfwagte en dienare.

14. Sy eerste begroeting was: “Knegte, gryp die drie misdadige diere uit die berge! Bind hulle vas, sodat ek hulle eiehandig kan verskeur; hulle bloed sal die bloed van my vrouens Ada en Zilla en die bloed van my mooiste dogter Naëhme versoen! Gaan en voltrek my almagtige wil!”

15. Maar Kisehel tel sy hand op en spreek met donderende stem: “Halt! - Tot hier en geen haarbreedte verder nie!

16. Elke kneg wie ook maar `n hand of `n voet sal beweeg, sal oombliklik aan die dood toebehoort!”

17. Aangesien niemand hom verroer nie, spring Lameg self van die troon af, ruk `n lans uit `n kneg se hand uit en wou die drietal daarmee deurboor. Maar die lans word onmiddellik gloeiend warm, en Lameg slinger hom vloekend van hom af, gryp dadelik `n ander en verbrand sy hand daarmee.

18. Omdat hy nou kon insien dat hy so goed as verlore was, vra hy bewend van raserny en woede aan die drie:

19. “Wat wil julle diere uit die berge eintlik hier hê? Spreek, sodat Lameg julle die vereiste tol kan betaal! - Spreek, - spreek, - spreek!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205