Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die visioen van Horidaël. Die innerlike, onderrigtende stem in die mens

64 En na die oproep van Abedam tree Horidaël na vore en begin soos `n moedige leeu te spreek; sy moed was egter geensins aanmatigend nie, maar slegs sy liefde vir My gee hom hierdie moed, net soos die liefde van `n moeder haar bors sodanig met moed vervul, dat sy deur die vuur sou gaan as daar lewensgevaar vir haar kind sou dreig of dit byna onvermydelik sou wees, - slegs met dié verskil, dat `n dergelike moed van die moeder veroorsaak word deur verdriet, pyn, angs of paniek, alhoewel dit by Horidaël nie die geval was nie, omdat sy moed slegs op sy innerlike vreugde berus het, soos dit ook ongeveer die geval is met die moed van `n veldheer, wanneer hy van louter oorwinningsvreugde dol word.

2. Dus, deur so `n liefdevolle vreugde gestimuleer, spreek Horidaël die volgende:

3. “O heilige, mees liefdevolle Vader! U het ook vir my, arme sondaar, allerbarmhartig geroep om hier bekend te maak wat ek gesien en verneem het.

4. Ek weet baie goed, dat alles wat ek gesien en verneem het, enkel en alleen van U afkomstig is. Moet ek dit vir U vertel, aan U meedeel, wat vir U reeds sedert tallose ewighede onbegryplik veel helderder was, as die son in die middel van die helderste dag?

5. Nee, nee, dit beteken met ander woorde tog immers niks anders nie as om `n druppel water na die see te dra om dit nog groter te maak, of op `n helder dag `n pik- en wasfakkel aan te steek om die lig van die son te ondersteun!

6. Dus, om my visioene alleen terwille van U te vertel, sou tenminste, vir sover ek dit sien, die grootste onsin wees wat `n mens ooit sou kon begaan, as hy sy hart voor U sou wil uitstort, asof U nie sou weet wat daarin verborge is nie.

7. Want daar is maar één ding nodig in die gees en alle waarheid as mens voor U staan, soos ek nou, en dit is dat `n mens homself op sy bors sal slaan en sê:

8. O my groot God, my heilige, liefdevolle Vader, wees my, arme sondaar, barmhartig en betoon medelye!

9. Want alle sondes, alle vlekke en alle smette van my hart is net so duidelik voor U soos die helderste dag, en my gedagtes ken U goed en al my begeertes het U Self getel!

10. Maar daarnaas weet ek ook dat U wil, dat elkeen sy woord net so sal voer asof U in alle erns niks weet van alles wat daar in iemand se hart omgaan of omgegaan het nie en hy moet nou altyd in U nabyheid spreek soos `n ware kind ten opsigte van die enige ware, heilige, mees liefdevolle Vader.

11. So wil ek dan ook in alle liefdevolle vreugde van my hart, dit voorsê en sekerlik `n baie wonderbaarlike visioen prysgee en tewens ook dit wat ek in die droomgesig gehoor het; en daarom versoek ek dan nou allerweë om `n welwillende oor!

12. In die begin het ek so-iets ervaar soos harde slae op my bors; en as ek my nie vergis het nie, was daar wel sewe gewees. Hierdie slae het my weliswaar geen pyn veroorsaak nie, maar tog was ek deur elke slag, tot in die diepste wese van my lewe geskok en was daarom verontrus, heel erg selfs; want ek het nie geweet waarop sulke slae sou uitloop nie.

13. Toe ek met die laaste slag oorval word deur angs en al my sintuie hulle gewone diens geweier het vir die buitewêreld, begin dit in my hart steeds lewendiger te word.

14. Aanvanklik kom dit my voor asof tallose sterre soos geluidlose bliksemflitse rusteloos deurmekaar spring en dit steeds heftiger en veelvuldiger, selfs sodanig dat my hele hart uiteindelik in die ligtende, flitsende materie oorgegaan het en so in my opgelig het, soos wanneer `n mens `n bliksemflits sou kon dwing om te bly en nie so snel soos binne `n oomblik, weer uit te doof nie.

15. Daardie lig het my hart so geweldig uitmekaar begin te dryf dat sy haarself byna verby die grense van alle sigbare hemele uitgebrei het.

16. Omdat sy haar grense aan één stuk deur steeds verder en verder verwyder het, begin hierdie nou onmeetlike bolle flitsende sterre van die verlede hulleself in één enkele bliksemflits en uiteindelik in enkele rustige, stilstaande sterre op te los, waarby elke ster veel helderder gestraal het as die môrester, wanneer sy op haar mooiste skyn op `n helder voorjaarsmôre.

17. Omdat alles nou rustig geword het en ek nie meer in staat was om waar te neem of my hart haarself nog meer verwyder, stilstaan of weer inkrimp nie, - vind ek eindelik myself; en toe ek myself vind, vind ek myself as `n volmaakte mens en begin my af te vra: Waar is ek nou eintlik?

18. En sien, meteens skiet drie van die mooiste sterre omlaag uit die hoë hemel van my hart, wat hulleself vooraf so uitgebrei het, en hierdie drie sterre was drie volkome ronde balonne, wat net soos die son, `n uiterste fel lig uitgestraal het!

19. Toe vra ek myself weer af: Wat beteken dit? Waar is ek, - en wat is ek?

20. Toe ek dit nog maar nouliks gedink het, brei elkeen van hierdie drie ballonne hulleself skielik sterk uit en gaan terug in `n onmeetlike diepte, sodat ek ten slotte niks anders voor my gesien het nie, as hierdie drie eindelose groot ballonne nie.

21. Toe open die middelste haarself en neem die twee buitenste in haar op en nader my toe; in haar nabyheid verneem ek `n sterk donder, wat geklink het soos verstaanbare woorde, wat as volg gelui het:

22. “Jy is nou in jou gees; dit wat jy sien is alles in jou en daar is niks wat hom buite jou bevind nie.

23. Dit beteken dat jy voortaan die tekens van die innerlike mens moet ondersoek en jou nie moet bekommer oor die vuil van die dinge van die wêreld nie.

24. Want wat in die buitewêreld as dood voorkom, het jy eindeloos veelvoudig alles lewend in jou; streef daarom na die innerlike lewe, daar sal jy alles onthul vind wat jou ooit uiterlik beroer of meestal ook nie beroer het nie!

25. Sien, dit is die innerlike wêreld van God, van die ewige, heilige Vader; in dié wêreld kan jy, moet jy en sal jy ewig lewe! Amen.`

26. Na hierdie woorde word die ligballon wat nou so groot was, weer so klein as moontlik en verdwyn spoedig met al die ander, en ek bevind myself weer hier op die aarde; en van al die aanskoue bly niks anders oor as `n lewendige herinnering nie.

27. O liewe, heilige Vader, neem hierdie sekerlik buitengewone onvolkome weergawe barmhartiglik op, en soos ek al by die begin opgemerk het, wees barmhartig teenoor my, arme sondaar; want ek is sekerlik geen rein Sehel nie, maar `n baie onrein Horidaël!

28. O Vader, U heilige wil geskied! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205