Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

In opdrag van die Heer rig Pariholi `n vermaning aan Adam

42 Na hierdie weinige woorde wend Abedam Hom tot die vader van die nege armes wat van die aand afkomstig was. Hy heet Pariholi en sy gesin heet Pariholi Garthilli (dit beteken: die arme ploeteraars, wat niks het en ook geen moeite daarvoor doen nie, maar in goeie en gelukkige vertroue net soos die voëls van God se lug lewe), en sê vir hom:

2. Luister, My nog steeds baie arm Pariholi; sou jy dit aandurf, as Ek dit wil, om vader Adam baie sagaardig te sê dat juis die middeweg, wat hy nog nie by My gevind het nie, die mees geërde baan van My ewige liefdeswil is?"

3. En Pariholi antwoord, geheel en al aangegryp deur die grootste eerbied: "O meer as... meer as... meer as Heilige JaHWeH, God en Skepper van alle dinge en Vader van alle heilige engele wat met U is, en U welgevallige mense!

4. Hoe sou die wurm in die stof dan nog `n ander, eie wil kan hê, as slegs dit wat altyd van U af uitgaan! Daarom sal ek immers sekerlik doen wat volgens U Heilige Wil goed en buitengewoon nuttig is!

5. Dit is immers al `n onbegryplike minsaamheid van U kant af en `n middeweg alle middeweë, dat U sagmoedig vra, waar U slegs vanuit U mag kon gebied het.

6. En dat U vir ons almal, of ons nou waardig of seker ook merendeels volkome onwaardig is, tog so vaderlik sigbaar wil word om ons almal Self die enigste ware, ligvolle middeweg van alle lewe te toon, wat iedereen wat maar van goeie wil is, o Heilige Vader, na U hart lei, wat volgens my weliswaar nog swak insig die enigste ewige lewe is en dit ewig sal bly!

7. Vra, o meer as... meer as... meer as Heilige Vader, - tog in die vervolg liewer nie of ek waar dan ook en wanneer dan ook U Heilige Wil sou wil vervul nie, omdat ek ten aansien van U te veel die mees suiwerste niks is, maar gee my slegs `n gebod ooreenkomstig my bekwaamheid en my hoof sal hom immers altyd buig voor U Heilige Wil!"

8. En daarop sê Abedam vir Pariholi: "Luister, omdat jy dit reeds teenoor jouself herken het, is jy ook al geheel en al bruikbaar as `n bode van die liefde en van die lewe vanuit My! Gaan daarom maar in My Naam na Adam toe; en as Adam jou sal vra waarom jy na hom toe gekom het, vertel hom dan wat jy weet vanuit My!

9. Jy kan dus gaan; Ek sal egter jou gesin intussen opwek – luister - tot die ewige lewe!

10. En as jy weer hier sal terugkom, dan sal jou kinders jou reeds met ope arms opneem! - Gaan dus en handel! Amen!"

11. En Pariholi staan onmiddellik op en stap die dertig treë wat hom van Adam skei en bly daar soos `n soutpilaar voor hom staan, wel uit groot eerbied vir Adam, maar tewens ten gevolge van sy groot spreekangs, aangesien hy geen vlot tong besit het nie.

12. Met groot vrees wag hy daarom op die bekende vraag van Adam. En toe Adam hom eindelik aankyk en hom die aangewese vraag stel (want dit was `n ou gewoontevraag van Adam), word die soutpilaar `n tydlank byna `n rietstingel en begin heftig te wankel en te bewe en kon vir die eerste oomblikke geen geluid voortbring nie. Eers toe hy deur Adam vir die tweede maal met dieselfde vraag enigsins onvriendelik toegesnou word, word die gees in hom gewek en verloor hy al sy vroeëre vrees en begin die volgende baie opmerklike woorde tot die aartsvader Adam te rig. En dit lui as volg:

13. Luister, vader Adam, jy ongebore eerste mens van die aarde, wat ons almal geleer het deur jou kinders, wat nader aan jou staan as mense soos ons, dat JaHWeH, die mees Heilige, God is en ons aller mees liefdevolle Vader, aan wie slegs alle lof, alle roem, alle eer, alle liefde en alle aanbidding, soos alle offers toekom en enkel en alleen aan Hom! Hoe kan jy nou, ten aanskoue van al jou kinders, wat almal so deur jou onderrig was, jouself so verander en ons almal `n heel ander gesig toon as waar ons logiesgewys reg op het, kragtens jou onderrig aan ons almal gedurende die tyd wat geen sterflike oog nog vir JaHWeH gesien het nie?!

14. Noudat Hy egter, o wonder bo wonder, barmhartigheid bo barmhartigheid, goedheid bo goedheid, liefde bo liefde, erbarming bo erbarming, sigbaar in ons midde wandel; ons leer, lei, voed en te drinke gee deur die uitstroming van Sy oneindige vaderliefde, - noudat Hy in die sentrum van Sy buitengewone mildheid tot ons, armsalige kinders, gekom het en ons dooie wesens sulke groot beloftes gee en, as ons dit maar wil, selfs die ewige lewe gee, - nou eers laat jy ons blyk hoe volkome leeg jou leer is, wat tot ons gerig was, en hoe gering jou agting vir God; omdat jy nou in Hom juis dit wil ontken wat Hom na ons almal toe gelei het deur Homself?!

15. O vader, draai om; want jy het jou aangesig afgewend van Hom, wat uit die grootste liefde en barmhartigheid na ons toe gekom het om ons te red van die ewige nag van die dood!

16. Sien, vader, toe ons swak was, het jy ons almal ondersteun met jou krag; versmaad dan ook nie in hierdie tyd van jou swakheid ons hande nie, noudat ons jou wil ondersteun om jou volgens die Heilige Wil van die Vader weer op die been te help!

17. Wend jou daarom ook dadelik tot Hom, wat in ons midde is en nie êrens baie ver buite ons nie!

18. O vader, sien, Hy is in ons midde! Wend jou daarom in alleryl tot Hom, Amen; ja, ja, in alleryl. Amen, Amen, Amen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205