Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 232

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Hoe die korrekte liefde tot God daar uitsien. Die gelykenis van die vors en sy kinders

232 Toe Lameg dit van die Heer gehoor het, voel hy hom baie opgewek en vrolik en skep bygevolg die vereiste moed, om hom met `n vraag tot die Heer te wend.

2. Weer tot homself gekom, gaan hy na die Heer toe en rig die volgende woorde tot Hom:

3. "O God, liefdevolle, mees heilige Vader! Dit is ewig goed en waar dat mens U alleen welgevallig kan wees en U kan behaag, as mens U bo alles liefhet en sy broers en susters soos homself.

4. Maar hoe moet die liefde tot U eintlik daar uitsien? Hoe kan die swak mens U bo alles liefhê?

5. Hoe moet hy dit aanlê? Kan en mag hy U ook so liefhê soos wat hy sy gelyke liefhet, met dieselfde hart, met dieselfde gemoed?

6. Sien, o heilige, liefdevolle Vader, dit is, altans vir my, van die allergrootste belang! Want U is nie dieselfde as `n mens nie; daarom kan die liefde tot U immers ook geen menslike liefde wees nie! En omdat U gewyd, meer as gewyd is, sal ook die liefde tot U `n suiwer, heilige liefde moet wees; want iets onsuiwer en onheilig kan U immers op geen enkele manier nader nie!

7. O God en bo alles heilige, liefdevolle Vader, soos dit U heilige wil is, kan U ons dan vertel, hoe ons liefde tot U moet wees, sodat ons U dan op die regte wyse kan liefhê!"

8. En die Heer kyk vir Lameg vriendelik vol liefde aan en spreek met hom: "Luister, jy is nou ook `n ware Lameg (die man vir My, oftewel die man na My hart), waarlik, so `n vraag het niemand nog aan My gestel nie!

9. En Ek sê vir jou, Lameg, dat jou vraag van die grootste belang is; want werklik, daaraan is alles geleë, hoe julle My liefhet!

10. Met `n oneerlike en dus `n liefde wat My onwaardig is, kan en moet niemand My benader nie!

11. Maar hoe kan Ek jou, My Lameg, duidelik maak hoe jy `n God moet liefhê?!

12. Sien, dit sal taamlik moeilik wees; ja, Ek bedoel, dit sou makliker vir jou wees om met jou veel te kort arms die hele aarde en die hele hemel te omvat, as te begryp wat die volledige korrekte antwoord op jou hoogs belangrike vraag sou moet bevat!

13. Daarom sal dit wel noodsaaklik wees dat Ek My in `n soortgelyke antwoord wat begrypliker is, uitdruk, - en luister dan:

14. Gestel dat `n vader van `n baie vername stand, so-iets as `n vors van een van die tien stede, verskillende kinders het. Hierdie kinders ken die reëls hoe hulle hulleself na hulle vader moet begewe, naamlik passend en mooi geklee, met afgemete treë, hulle hande kruislings oor hulle bors gevou en met `n deemoedige geboë hoof.

15. Wanneer hierdie kinders so by hulle vorstelike vader kom, prys hy hulle en laat hulle dan weer gaan.

16. Eén van die kinders egter, `n heldhaftige jongeling wat totaal onbevange is, kom nie saam met die afgerigte kinders nie - want dit kry hy nie oor sy hart, wat sy hoë vader baie liefhet, - maar kom heeltemal alleen na die vader gehaas, en is origens ook minder netjies geklee.

17. En wanneer hierdie jongeling sy vader sien, dan strek hy sy arms uit, omarm hom met al sy kinderlike liefdesgloed en roep daarby: 'O vader, vader! My liewe vader, hoe baie hou ek tog nie van u nie!

18. Sien, my wonderlike, liewe, goeie vader, ek hou soveel van u, dat dit vir my onmoontlik is, om my in u aanwesigheid aan alle beleefheidsreëls te hou!

19. Ja, ek wil liewer sterf, as vir u, my vader, die liefde van my hart te moet onderdruk!'

20. En gestel nou, dat jy die vader van so `n kind was, wat sou jy, suiwer op jou vaderlike gevoelens afgegaan, met so `n kind doen?

21. Jy sê: 'O, hom sou ek ook bomatig liefhê!'

22. Goed geantwoord! Ek sê egter vir jou, dat Ek net so `n Vader is! Wie dus ook na My toe kom, soos hierdie onbevange jongeling, wat hom nie aan al die dwase beleefdheidsreëls hou nie, sal ook vir My die allerliefste seun wees!

23. God kan jy as sodanig nie liefhê nie; maar die Vader kan jy liefhê soos hierdie onbevange jongeling, en God as die Vader sal jou dan ook met alle mag van Sy liefde gryp en sal jou op Sy skoot neem as `n ware, Hom bo alles dierbare kind, en Hy sal al die ander dan, ter wille van jou, barmhartig wees en hulle nuttelose beleefdheid kwytskeld!

24. Sien, dit is die korrekte liefde; leef dit dus na! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205