Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 256

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg in gesprek met die twyfelaars oor die goddelikheid van die arm Man. Die eensydige godsbegrip van die twyfelaars

256 Lameg merk wel dat hierdie voormalige vyande van hom, wat hy om die rede in die gevangenes laat smag het, iets van hom wou hê, maar dat geeneen van hulle hom hulle verlange durf voorlê nie. Daarom vra hy hulle: "Wat soek julle, wat wil julle hê, of het julle iets verloor?"

2. Eindelik skep een van hulle moed en spreek: "Hoor my aan, o strenge koning Lameg! Met ons almal gaan dit hier sleg, - nie wat ons liggaam betref nie, maar wat ons begrip betref!

3. Sien, jy het `n rukkie gelede in jou goeie toespraak uiteengesit, dat die Arme daar die waaragtige, enige God en Skepper van hemel en aarde is, dus dieselfde God en Skepper wat ons almal nog deur jou broers leer ken het, soos wat Farak Hom eens verkondig het! 

4. Maar dit kan ons nie insien nie, nie begryp en dus ook nie glo nie! Want Farak het die volk `n oneindige God geleer ken, wat hemel en aarde met Sy regterhand omvat en met Sy linkerhand daarheen reik, waar Sy wese Hom eindeloos uitstrek. 

5. Hy het verder geleer: God is een gees en is as sodanig as `n ewige, oneindige gedagte alomteenwoordig. Geen enkele geskape wese kan Hom ooit aanskou nie, omdat hy oneindig is.

6. Verder het die groot leraar onderrig: God is, vanweë Sy oneindigheid, ook onuitspreeklik heilig; daarom kan niks Hom nader nie, en Hy woon in die ewige ontoeganklike lig, wat wil sê dat alleen Hy Homself kan sien.

7. Wanneer jy nou hierdie goddelike leer van Farak op die arm man betrek, wat volgens jou vroeëre woorde hierdie mees verhewe God van Farak moet wees, hoe sien Hy dan daaruit?!

8. Dan sou ons, jou bevryde gevangenes, nog meer na `n God lyk as die arme daar, wat op sigself wel `n eerlike en wyse mens skyn te wees, vir wie ons dan ook geen enkele beswaar het nie!

9. Maar of hy is te bekla of jy, streng koning! Hy, as hy hom werklik sou inbeeld om die almagtige God te wees, en jy en almal met jou, as julle dit werklik sou glo!

10. Ons sou jou daarom wil vra, as jy dit wil, om ons `n nadere verklaring daaroor te gee!"

11. En nadat Lameg dit gehoor het, kom hy van sy troon af, gryp die hand van die spreker, kyk hom vriendelik aan en sê vervolgens vir hom:

12. "Luister, broer en vriend, jou opvattings oor God, volgens die leer van Farak, wat my ook nog baie goed in die geheue lê, is volledig `n God waardig; want die opvattings is suiwer geestelik en laat alom die eindeloos verhewe God sien.

13. Maar wanneer ek jou in die struktuur van jou denkbeelde sou vra: As God sonder twyfel presies so is soos Farak Hom beskryf het, hoe kan die skep van eindige, hoogs onaansienlike wesens dan ook maar enigsins aan Hom toegeskryf word? Hoe die skepping van `n bromvlieg, hoe die van `n muggie en die van `n bladluis?

14. Hoe kon die oneindige God Hom met sulke ontsettend begrensde, onbeduidende kleinighede inlaat?

15. Ja, is dit selfs nie stuitend om te dink, as ons moet aanneem, dat die oneindig verhewe God van Farak, ons mense so onvolmaak gevorm het en as oneindige Skepper sulke groot tekortkominge in Sy skepping laat bestaan het?!

16. Waarom moet dit op aarde nou eers nag en dan weer dag wees? Is die nag nie in teenspraak met die ewige lig in God nie?! Het Hy dan by die skepping materiaal kort gekom vir `n tweede son, wat `n einde kon gemaak het aan die nag op aarde?!

17. Ons sien tussen die aarde en die uitspansel `n groot leë ruimte; waarom het die almagtige God van Farak so `n ontsagwekkende skeppingsruimte leeg gelaat?

18. Hoe val so `n leegte te rym met God se eindelose verhewenheid en alomteenwoordigheid? Hoekom ons uitwerpsels vol stank is en nog so baie ander dinge?

19. Dit vra ek jou nou; antwoord my hoe jy dit vind, dan sal ek jou `n deugdelike antwoord op die vraag gee!

20. Jy swyg en is nou geweldig verleë oor `n antwoord; maar die arm Man daar het my gegee om in jou hart te lees en dit sê jy: Wanneer dit ongetwyfeld so is - waar die hele skepping duidelik op wys, - dan is daar of heeltemal geen God nie, en alles is `n eiemagtige werkstuk van `n ding wat gevorm het deur `n toevallige omstandigheid van die een of ander kragtespel, of daar bestaan `n God wat slegs `n ewige toeskouer is van die uitwerking van `n toevallig kragtespel.

21. Sien, sien, wat se vrugte jou kennis van God jou bring! Maar ek sê vir jou: Gaan heen, en val neer voor die arm Man, en vra Hom om barmhartigheid en erbarming, dan sal jy heel spoedig insien hoe dit met God gestel is!

22. Ek kan jou egter nou niks meer sê nie, maar raai jou slegs aan wat jy moet doen. Doen dit so, sodat jy nie ten gronde gaan nie! Word heeltemal vry in God! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205