Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Oor die laste van die leiersamp en die swakheid van die mens

14 En die bekende Abedam word so geheel en al ontroer deur die groot barmhartigheid van die Heer, dat hy heeltemal van stryk was, en nie in staat om Hom te bedank nie; hy was, om dit so te stel, in die eintlike betekenis van die woord, geheel buite homself en kon nie spreek, of iets verklaar, nóg staan of gaan nie.

2. Omdat die hoë Abedam egter sy groot verleentheid baie goed bemerk het, tree Hy nader aan hom, raak hom aan en spreek tot hom:

3. "Abedam, kom tot jouself, want dit is nie paslik dat `n man soos jy in so `n groot verleentheid raak dat hy byna buite sy sinne raak nie. Sien, dit het die meisies nie eers gedoen toe Ek hulle baie groot dinge getoon het en hulle, ook net soos jy, die groot barmhartigheid deelagtig geword het; en daarenteen ken jy My al langer as wat hulle My ken!

4. Wees daarom `n man en nie `n haas met `n wolf voor oë nie!

5. Ook mag jy nou nog nie weggaan nie, maar jy moet aan My sykant bly soos voorheen; - moet jy dan, noudat jy van My `n egte en nuttige bestemming vir jou lewe gekry het, buite jou sinne raak?!

6. Dit sê Ek egter aan jou: As jy eenmaal in diens getree het, dan eers sal daar vir jou `n groot lig opgaan; dan sal dit vir jou duidelik word dat My ampte in hierdie wêreld nie in die minste met, byvoorbeeld heuning, oorlaai is nie, maar soveel te meer met allerlei bitterheid. 

7. Dan eers sal jy My opreg dank vir die gawe van krag, mag en gesag, omdat jy dan eers sal insien hoe arm jy in jou amp sou gewees het sonder hierdie gawe.

8. Staan daarom op en bedank My eers wanneer jy alle soetighede van hierdie amp beproef het, wat Ek nou aan jou gegee het! Amen."

9. En na hierdie woorde rig Abedam, die bekende, hom op uit sy verdowing en vra aan die hoë Abedam of hy nou iets mag sê.

10. En die hoë Abedam kom hom tegemoet met die vraag: "Ondersoek eers jou tong of Ek dit dalk met die een of ander tou aan jou verhemelte, of aan jou tande vasgebind het!"

11. En die bekende Abedam antwoord: "O Heer en Vader, dit is volstrek nie die geval nie!"

12. Waarop die hoë Abedam vir hom sê: "As dit nie die geval is nie, dan kan jy wel spreek soos jy dit gewoond is; maar begryp dit goed, nie al te vars van die lewer, waar die gal hom bevind nie, maar liewer ietwat meer vanuit die hart, waar die lewe hom bevind; begryp dit goed! Amen."

13. En die bekende Abedam laat die volgende woorde uit sy hart opkom en sê: "Abedam, U groot, heilige, almagtige, liefdevolle, barmhartige, sagmoedige, allerbeste Vader, eers nou kan ek U dank; egter nie met woorde, nie met gebare, nie met my hande, nie met my voete, nie met my buik, nie met my rug en nie met my hoof wil ek U bedank nie, maar slegs uit die steeds groter wordende deemoed, geduld en liefde van my hart wil ek U dank. En inderdaad wil ek U `n offer bring, `n offer van oorgawe aan U Heilige Wil, `n offer van geduld, `n offer van aanwysinge, van liefde, van erbarming en `n offer van volharding. En ook al laat U brandende hout en gloeiende kole op my neer reën, waarlik, ek sê vir U, Abedam sal nie wyk nie, maar in trou aan U, volhard tot aan die einde van sy dae, selfs as daar nog soveel volg as wat daar sand in die see is; want U sal my tog seker nie bo my krag belas nie?!

14. Al wat met my kragte ooreenkom, wat dan ook, dié sal dadelik op my skouers geneem word en dan met alle geduld gedra word tot aan die einde van U bestemde tyd vir my!

15. Probeer om my maar te beproef! Plaas my in die vuur of stuur my die water in, of laat my bliksemstrale najaag of laat, wat U, o Vader, maar wil en kan, oor my kom en ek sal dit, uit liefde tot U, geduldig verdra!

16. Ek versoek nie om iets dergeliks van U, soos om my standvastigheid te wil bewys nie, - want U weet immers al vanaf die ewigheid af hoeveel ek in staat is om volhardend te dra; maar daarom versoek ek U net om `n dergelike toets vir my toe te laat, sodat ek daarmee vir myself kan vasstel hoe ver my standvastigheid gaan en hoeveel swakheid daar nog in my skuil en of ek by die baie bitterhede van die amp, wat deur U aan my geskenk is, in staat sal wees om dit volkome te verdra. U Heilige Wil geskied! Amen."

17. En die hoë Abedam kyk hom liefderyk aan met `n ernstige blik en sê toe, terwyl hy hom by die arm neem:

18. "Abedam, Abedam jy neem jou voor om baie te doen! Maar bedink daarby ook wie Die Een is aan wie jy sulke beloftes doen!

19. Ken jy al die oneindige middele om die mense te beproef, wat ewig My wil ten dienste staan? Dink jy dat dit van jou afhang om regop te bly of dood neer te val?

20. Bly jy daarom nou maar getrou by dit wat Ek jou toevertrou het en vra My nie vir kwellinge nie, wat jy in werklikheid nie eers maar met half geopende oë sou durf sien nie, dan sal Ek tevrede wees oor jou! En as jy My vir iets wil vra, vra dan liewer dat Ek alle versoekinge van jou afwend, in plaas van om jou in versoeking te bring! Dan sal jy makliker slaag en jy sal vir My aangenamer wees as jy My getrou bly in dit waaroor Ek jou aangestel het; as wanneer jy, deur nuwe kwellinge in `n dodelike omklemming geraak het, en My in alle vertwyfeling sou toeroep: 'Heer, red my, of ek gaan ten gronde!'

21. Om jou egter die dwaasheid van jou versoek goed te laat insien, sal Ek gedurende één minuut slegs een steekvlieg op jou gesig plaas en die minuut sal vir jou lank genoeg voorkom! En so sal dit op jou versoek geskied! Amen."

22. En op daardie oomblik sit daar `n groot steekvlieg op die gesig van die bekende Abedam en hy begin hom geweldig te steek. Abedam skrik so erg daarvan, dat hy byna in vertwyfeling sou geraak het omdat hy nie van die aanhoudende stekende vlieg ontslae kon raak nie, as die hoë Abedam hom nie voortydig daarvan bevry het nie.

23. Toe hy van hierdie klein las bevry was, val hy voor die voete van Abedam neer en dank Hom soos `n hergeborene vir hierdie redding van nabye ondergang.

24. En die hoë Abedam vra hom daarop: "Wel, sou jy nou ook nog `n klein vuurproef wil ondergaan?"

25. En die bekende Abedam antwoord, terwyl sy hele liggaam bewe: "O Heer, verskoon my ewig daarvan, nie slegs van die nou net beloofde vuurproef nie, maar laat ook nooit meer so `n hardnekkige vlieg op my gesig kom nie; want U versoekinge is verskriklik!"

26. En die hoë Abedam sê daarop vir hom: "Hiervan sal jy vir ewig verskoon bly; maar verlos My dan ook van ander meer verskrikliker dwaashede en bly getrou aan My. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205