Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 170

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Adam se dwase verlange na enkele woorde oor die onsigbaar geworde Heer. Henog se treffende antwoord

170 Na `n taamlike lang tyd begin die vaders hulle eers te herstel en om hulle heen te kyk of JaHWeH nie êrens te sien was nie.

2. Maar `n dergelike moeite was tevergeefs; want JaHWeH het Hom weer in Sy heiligdom verberg en was met geen ander oë meer te ontdek as met die oë van die suiwere liefde in die hart nie.

3. Nou gaan Adam na `n tydjie na Henog toe en sê vir hom: "Henog, sê iets oor Hom, wie ons oë nie werd was om te aanskou nie, sodat ons nie so verlate voel nie!

4. Want niks is smartliker vir die hart as om dit te verloor wat mens eenmaal met liefde omvat het nie; des te smartliker is dit om Hom nou te verloor wat die enige lewe van ons hart is en daarom die enige voorwerp van ons aller magtigste liefde!

5. Spreek daarom, Henog, spreek! Spreek van Hom, ja spreek oor niks anders as slegs oor Hom nie; want Hy alleen het nou die grootste behoefte van ons hart geword!

6. Spreek ook nie oor iets wat betrekking op Hom het nie, maar spreek suiwer net oor Hom; ook nie hoe Hy so vol liefde, erbarming en deemoed in ons midde gewees het nie en ons almal gelei en onderrig het en met die grootste sagmoedigheid die van liefde vervulde, mees heilige weg tot Hom getoon het, tot Hom, die beste, mees heilige, mees liefdevolle Vader!

7. Spreek dus slegs oor Hom alleen, liewe Henog! Amen."

8. En Henog open Sy mond en sê: "Waarde vader, jou wens is suiwer soos die water wat daar speel by die wit sand, onder die wit klip wat aan `n suiwer fontein ontspruit; maar dink eens na wat dit beteken: om oor Hom te spreek, om slegs oor Hom alleen te spreek!

9. Kyk na Sy groot woorde om ons heen; onsself is niks anders nie, en wat ons ook maar wil bekyk, is niks anders as God se woord nie!

10. Maar nou wens jy dat ek oor Hom sou spreek, sonder om iets aan te roer wat op een of ander manier met Hom te maak het!

11. Sê My, waardige vader, hoe so-iets moontlik sou kon wees?! Want om suiwer oor Hom te spreek, sonder om die ander op Hom betrekking hebbende beelde en sake en dinge te beroer, is `n volmaakte onmoontlikheid!

12. Mens sou onafgebroke slegs Sy Naam een stuk deur moet uitspreek; maar hoe sou dit al na `n kort tydsduur op julle oorkom?

13. So `n totaal eenvormige woordereeks van een en dieselfde naam, ook al word daarmee ook die allerhoogste en mees waardige voorwerp van ons liefde aangedui, is tog geen toespraak nie?!

14. Daarom moet jy, waardige vader, die wens van jou hart, wat weliswaar op sigself die allersuiwerste is, maar tog nie uitvoerbaar, `n weinig verander, dan sal ek dit stellig dadelik inwillig!"

15. En Adam sien die dwaasheid van sy verlange in en sê ten slotte vir Henog: "Ja, ja, my seun, jy het gelyk, my wens is werklik heeltemal onuitvoerbaar; handel daarom vanuit jou hart, wat baie verwant is met die liefde van die mees heilige Vader, en alles wat jy ook maar oor Hom na vore bring, sal vir my eindeloos welkom wees! Amen."

16. Toe rig Henog die volgende kort woorde tot alle aanwesiges: "Vaders en broer! Het julle nog nooit waargeneem hoe die maan haar oordag van die son onderskei, watter verskil daar is tussen haar lig en die van die son nie?

17. Julle kyk My stomverbaas aan en weet nie wat ek daarmee wil sê nie!

18. Luister maar; ons wil die beeld ietwat duideliker uiteensit!

19. Sien, wanneer die magtige lig van die son vanuit die hoë uitspansel op ons skyn, dan staan die maan beskaamd naas die groot lig van die dag, en `n wolkie glinster in die strale van die son baie kere meer as die maan met al haar nagtelike pronkende skynsel! Eers wanneer die groot lig van die dag volledig ondergegaan het, begin die koue lig van die maan tevoorskyn kom waarnaas ook die kleiner sterre in staat is om op te lig!

20. Sien, presies so is dit nou ook met my! Elke woord oor ons Vader uit my mond sou nou presies so wees soos die lig van die maan naas die van die son; maar wanneer dit aand en nag word, dan sal ook my maan lig gee, asof sy `n eie lig het, en sy sal ook ander sterre om haar heen laat oplig.

21. Maar solank die groot liggewende woord van God nog in ons skyn, so lank is my maanlig `n ydele dwaasheid; onthef my daarom van die verlangde toespraak, en verkwik julle almal julle nog aan die strale van die groot lig in ons!

22. Want nou sou my woorde soos `n klinkklare verduistering van die son in ons wees; laat ons in die daglig bly solank dit nog daar is!

23. Maar as hierdie dag eens verby mag gaan, kyk dan eers, vaders en broers, na die maan! - Laat ons nou egter na die huis gaan; want die son gaan al byna onder! Laat ons dit doen! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205