|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 178
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die oordeel deur die vuur oor die byvrouens van Lameg
178 Toe hulle nou by die plasse, moerasse en rioolputte aangekom het en Lameg sy kamermeisies in die oog kry en sien hoe `n deel van hulle naak was en hulle met slyk besmeer, invryf en was, en een deel nog besig was om hout aan te sleep, gaan hy onmiddellik na Kisehel toe en vra hom op `n verbitterde toon:
2. “Sê my, die groot koning van die vlakte van Hanoch, jou langbenige dier uit die berge, welke misdaad wil jy hier teen my en my hele huis begaan?!”
3. En Kisehel antwoord hom met `n vaste stem: “Luister, lewende verblyfplek van die Satan, afskuwelike beliggaming van die hele hel, lewende gat van die duiwel, wie se wese aan ons van daad tot daad bekend is, - die gebeurtenis self sal jou die antwoord gee! Swyg dus en vra ons niks meer nie; maar wanneer ek jou iets sal vra, spreek dan met die mond van `n mens, maar nie met die bek van `n draak nie! Laat dit geskied!”
4. Na dié antwoord was Lameg stil en het nie meer gepraat nie; want dit het hom raadsamer voorgekom om te swyg as om te spreek, omdat die drie in die geheel nie beïndruk was met sy stem nie, en met sy wapens kon hy ook niks begin nie!
5. Omdat Kisehel baie goed gemerk het hoe dit met Lameg se moed gesteld was, wend hy hom tot die meisies wat die hout aangedra het en sê aan hulle:
6. “Luister, gereinigde meisies, julle het ons woord vervul deurdat julle binne `n kort tydjie `n korrekte hoeveelheid droë hout byeengebring het, maar as julle volledig vry wil word, bring dan nou ook met die grootste moontlike snelheid vuur hierheen!”
7. En die meisies hardloop weg en kom weldra weer terug met brandende fakkels, gemaak van pik en aardhars.
8. Toe die meisies daar met brandende fakkels uitgerus was, wend Kisehel hom tot die vrouens wat hulle nog vlytig met ontlasting besmeer en sê aan hulle:
9. “Luister julle nou! Julle liggame deug nou, net soos julle siele, vir die hel, deurdat dit met behulp van hierdie stinkende ontlasting lyk soos julle siele; kom dus uit die rioolputte en beklim die hoop hout, sodat die woedende vlamme `n einde kan maak aan julle ellendige bestaan en julle op die vlammende brandstapels julle, sedert lank reeds verdiende loon, kan vind! Laat dit geskied!”
10. Nou begin die vrouens te huil en te smeek en hulle roep: “Magtige afgesante van die enig ware, groot God, skryf ons `n boetedoening voor, welke julle ook maar wil, en ons sal dit ons hele lewe lank netso getrou uitvoer soos ons julle wil in hierdie rioolputte uitgevoer het; maar laat ons daardie bietjie tog al beklaenswaardige lewe behou, sodat ons nie vir ewig verlore sal gaan nie!
11. Wil of moet julle ons egter tog doodmaak, dood ons dan tog nie op hierdie mees smartlike wyse nie!
12. Daarom vra ons julle om erbarming terwille van julle lewende, almagtige, groot God!”
13. En Kisehel sê aan hulle: “Luister, hier hang dit nie van ons af nie; want ons kan julle nóg oordeel nóg verlos, omdat ons maar net die voltrekkers van die goddelike wil is!
14. Werp julle liewers neer voor God en maak julle nood aan Hom kenbaar en vra Hom alleen vir die verlossing, en wees verseker dat ons dan sal doen wat Hy ons deur ons hart te kenne sal gee!”
15. En die vrouens begin tot God te roep, of Hy hulle nie sal verlos van die ophande synde, verskriklike marteling nie.
16. Maar `n soos van toorn gloeiende stem klink in alle ore en donder: “Eers na die vuur sal julle die verlossing ontvang!”
17. En Kisehel sê daarop aan die vrouens, wat van angs reeds halfdood was: “Nou het julle met julle eie ore gehoor wat daar met julle gaan gebeur, - talm dus nie langer nie, maar bestyg die hout in die Naam van die almagtige God, wie nou alleen julle regter is!”
18. En die vrouens staan langsaam van die grond af op en begin huilend die houtstapel te bestyg.
19. Toe hulle hulleself almal op die houtstapel bevind het, beveel Kisehel die meisies om dit met hulle fakkels aan te steek.
20. En die meisies doen dit met bewende hande en afgewende gelaat.
21. Vinnig gryp die vuur die stapels; te midde van die fel vlamme en half verbrand skreeu die vrouens nog en verset hulle, woedend van die pyn totdat die dood ten slotte `n einde aan dit alles maak.
22. Nou word Lameg rasend en vra vir Kisehel, van woede vervul: “Wat het julle en wat het julle God nou daarmee gewen dat die vrouens op so `n ellendige wyse tereggestel word?”
23. En Kisehel antwoord hom: “Daar is aan jou gesê dat jy nie sou praat voordat jy gevra sou word nie!
24. Maar jy gehoorsaam nie ons wil nie; dus sal jy ook geen antwoord kry as slegs deur die daad nie!”
25. En Kisehel roep met luide stem: “Julle, deur die vuur gereinigde vrouens! Staan op uit die as van julle voormalige sondige liggame, en getuig voor Lameg oor ons boodskap!”
26. En toe staan die vrouens soos verheerlik uit die as op, loof en prys God, en getuig dat dié drie waaragtige bodes van die ewige God was, maar hulle getuig ook en vertel hoe gering die kwelling was ten opsigte van dit wat hulle nou in die heeltemal nuwe lewe gewaar word.
27. Hier begin Lameg in homself te keer en na te dink oor so `n ongehoorde wonder.
|
|
|
|
|