|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 47
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die verdeemoediging en verleentheid van die beterweterige vraestellers.
47 Na hierdie woorde het die son homself nou reeds heeltemal agter die berge verskuil en sodoende was die Sabbat ook verby. Omdat alle volkstamme al uit die aankondiging van hierdie môre wel geweet het dat daar hierdie keer, net soos in die toekoms, saans geen offervuur meer gebrand sou word nie, maar daardeur ook nie geweet het wat hulle nou moes doen nie, bly of teruggaan huistoe, - stuur hulle van alle kante bodes na die hoogte om te vra wat die bedoeling nou was.
2. Toe die genoemde bodes op die hoogte aankom met die bedoeling om hulle na Adam te begewe, wat nog aan die bors van Abedam gerus het, vra Hy hulle:
3. "Kinders, wat is die sin van julle bedoeling? Waarom het julle hierheen gekom?"
4. Die bodes ken Abedam egter nog nie, want die groot teken kon hulle nog nie wek nie, omdat hulle by wyse van voorbereiding ook reeds vir Henog, Jared, Kenan, Enos en Set dergelike wondere sien verrig het. En hulle antwoord kom gevolglik dan natuurlik ook nogal prikkelbaar en ietwat vrypostig:
5. "Waarom stel jy die vraag aan ons? Jy is nie Adam nie, nóg Set nóg Enos nóg een uit die heilige ry van die vaders, nóg het ons jou iets gevra; ons is immers hierheen gestuur, dit is aan ons om vrae te stel!
6. Waar is jy wel gebore en waar opgevoed, dat ons manier van doen vir jou nog so geheel en al onbekend is, want dit is tog `n ernstige fout en uiters onbetaamlik om in die duidelike aanwesigheid van die verhewe aartsvader vóór hom te spreek met jou bitsige tong?!
7. Hoe kom jy eintlik daarby om ons 'kinders' te noem, - terwyl, deur ons gesien, dit vir ons voorkom dat ons eerder oorgrootvaders van jou kon gewees het?!
8. En dan, wat `n onsinnige vraag: Wat is die sin van ons bedoeling en waarom het ons hierheen gekom? - Die sin van ons bedoeling sal tog wel nagenoeg dieselfde wees as waarom ons hierheen gekom het?! - Sien, ietwat dom!
9. Dit het teenswoordig byna die meeste jong mense, dat hulle ontsettend vrypostig is en nie merk dat die een domheid na die ander uit hulle mond kom nie; wees jy daarom ook in die vervolg verstandiger en hou jou tong mooi in bedwang! - Onthou dit vir die toekoms!"
10. Na hierdie woorde gaan hulle verder om Adam te soek, maar hulle vind hom nie.
11. Nou het almal wat op die oomblik op die hoogte was, `n innerlike gebod van Abedam gekry om oor Hom te swyg, maar die soekendes wel te wys waar Adam hom bevind.
12. Baie spoedig kom hulle by Set aan en vra hom waar die aartsvader hom bevind. En met sy vinger wys Set dadelik vir Adam aan.
13. Toe verbaas hulle hulleself geweldig, hoe hulle by hom kon verbygegaan het, sonder om die tog baie goed herkenbare Adam op te merk.
14. Set sê toe kortgebonde vir hulle: "Ja, waarlik, kinders, daar is enorm baie blindheid voor nodig om dit oor die hoof te sien en ontsettend baie doofheid om op hierdie dag die mees opwekkende, groot, heilige ruising nie te hoor nie! Gaan dus daarheen en daar sal julle self die aartsvader van alle vaders aantref! Amen."
15. Die antwoord het die twaalf bodes met soveel angs vervul; dat hulle nou as versteend daar gestaan het en nie geweet het wat hulle daaraan moes doen nie.
16. Set gee egter nog een klein donderpreek agterna en sê vir hulle: "Waarom bly julle Sabbatsniksnutte nog hier staan? Het ek julle dan nie gewys waar Adam is nie?
17. Bly nie solank hier staan nie en wag tot die aardbodem julle miskien vanself verder sal dra nie, maar verdwyn tenminste uit my sig."
18. Toe die bodes nog een keer die volle aanslag kry, spring hulle weg asof iemand hulle gebrand het en hulle weet nie waarheen hulle nou moes vlug nie; want hulle was so deur angs en skuheid bevange, dat hulle alle moed verloor het om nog die streng Adam te benader, want die sagmoedige vader Set het hulle so onvriendelik ontvang.
19. En teruggaan sonder `n bevredigende antwoord durf hulle ook nie.
20. Wat nou gedoen? - Een van hulle sê: "Ja, waarvoor maak dit nog sin om hier op nouliks honderd tree afstand van die vaders vir niks en nog eens niks te staan en wag nie?
21. Laat ons óf geheel uit die gesig van die vaders verdwyn, óf laat een van ons daarheen gaan waar die man met die blonde, lang hare ons die eerste keer toegespreek het en hom vra; omdat hy immers as eerste ons bedoeling wou weet, wat daar moet gebeur, en laat hy dan aan ons die boodskap oorbring.
22. Dit sou sondermeer goed wees om die ietwat vrypostige man ietwat van naderby te leer ken; want daar moet sekerlik iets besonders in hom skuil, omdat Adam, wat andersins baie moeilik te benader is, hom so toegedaan is dat hy selfs sy arms om hom heen geslaan het!
23. Wie van ons sal dus die lastige taak op hom neem?"
24. `n Ander een uit die groep stem onmiddellik in met die eerste spreker en sê toe vir die omstanders: "Ja, inderdaad `n lastige saak! Ek weet nie wat ek nou eerder sou doen as juis dit nie!
25. Werklik, julle sou my met julle vuiste kon bewerk totdat ek so blou uitsien soos die middelpunt van die hemel kort na sonsondergang, - dit sou vir my beter wees as dat ek my nou nog eens na die verhewe vaders sou moet begewe!
26. Broeders, dit is tog vreemd soos dit vir myself nou voorkom; waaragtig, maar ek het so `n gevoel asof aan my, weens die een of ander dwase kwajongstreek, die domste en smadelikste straf opgelê is!
27. En in hierdie gemoedstoestand sou ek nou juis die vaders moet benader, wat op die Sabbat altyd so ontsettend verhewe is?!
28. Nee, dit is tog wel die allerlaaste waaraan ek in my hele lewe gedink het, selfs al sou ek `n hele ewigheid op aarde moet lewe en dan niks anders as louter suur appels moet eet nie!
29. Ek sal wag tot dit ietwat donkerder geword het en my dan heel saggies uit die voete maak om ongemerk op weg na my woonplek te gaan.
30. Dit is nou my baie doelmatige plan; ek wil daarmee egter niemand van julle `n voorskrif oplê nie, maar laat elkeen van julle doen soos dit vir hom die beste lyk; ek bly eerstens by my gemelde plan, - ja, ja, daarby bly ek!
31. En `n derde rig ook dadelik die woord tot die spreker en sê: "Waarlik, vriend en broeder, jou gedagtegang geval my wel, vandaar dat ook ek dieselfde sou wil doen; maar één ding gee my daarby te oorweging en dit is die vaders, broeders en kinders wat ons hierheen gestuur het en nou tevergeefs uitsien na `n antwoord!
32. Omdat niemand van ons eintlik nog met die bedoeling na Adam durf gaan nie, dink ek dat dit tog nog beter sal wees om die liewe eerlikheid trou te bly en reëlreg onverrigtiger sake weer na ons mense terug te keer en sonder omweë te meld wat ons hier oorgekom het. Omdat die wonderlike, verhewe sabbatstemming van die aartsvadere aan almal bekend is, sal ook niemand hulle sekerlik daaroor vererg of verwonder dat ons onverrigtiger sake weer na hulle teruggekeer het nie!
33. Maar ewemin as jy, broeder, wil ek iemand hiermee iets voorskryf, maar laat elkeen graag by sy eie beter mening bly."
34. En nou meld daar ook `n vierde, en sê asof hy vir homself spreek: "Die idee is nie sleg nie; maar tog skyn die eerste vir my beter te wees, hoewel dit die moeilikste is.
35. Wat sal eintlik met jou kan gebeur as jy nog eens in alle deemoed na Adam toe sal gaan?! Hy sal jou tog nie om die lewe bring daarvoor nie?!
36. As ons iets van hom te wete gekom het, dan is dit goed en wel, - en as ons niks bereik nie, dan is ons tog tenminste heeltemal sonder skuld, ten opsigte van hulle wat ons hierheen gestuur het. Want selfs `n kind van sewe jaar kan al immers insien dat mens by Adam nie `n gewensde antwoord kan lospeuter soos `n stukkie los bas uit `n boom nie.
37. Gee hy iemand antwoord op `n vraag, dan is dit goed en wel; en antwoord hy nie; dan sal die groot moeder aarde daarom immers ook nie uiteenskeur van die opgang tot aan die ondergang nie!
38. Hy buig dan eerbiediglik en vervolg weer verder op sy weg.
39. En wat die jong, onbekende man ten slotte betref, wat deur Adam omhels word, die lyk in die geheel geen tier te wees nie, ofskoon hy `n baie groot gelykenis vertoon met die vreemdeling wat ek gister wonderbaarlik genoeg op `n tier sien ry het.
40. Kort en goed, dit sal ons nie die lewe kos nie! Dat daar sekerlik teen my te velde getrek sal word, dit verwag ek al by voorbaat; en verder, wat sou my verder nog aan erger dinge kon oorkom?!
41. Wie ken Adam nie reeds so lank as wat hy leef nie?! Hy is iemand wat steeds met rasende erns vervul is; en wat daar in die besonder tydens `n Sabbat na buite tree wanneer mens op `n ongeleë oomblik met iets by hom kom, dit weet ook byna elkeen van ons.
42. Dus, weet julle wat?! - Broeders en vriende, ek is volkome bereid om na bo te gaan en al ons geluk te beproef! Wie saam met my wil gaan, sal sekerlik nie deur my verhinder word nie!
43. Ek glo egter dat twee of drie makliker `n Set-agtige stoot kan verdra as één alleen; laat ons daarom nog eenmaal ons geluk beproef! Wie weet waarvoor dit nog alles goed voor sal wees?!
44. Dit is immers reeds lank `n ou leer by ons, dat al die goeie sy slegte kant, en al die slegte sy goeie kant het, net soos die dag sonder nag geen dag en die nag sonder dag geen nag sou wees nie.
45. Nou dan, laat ons nie te lank daaroor nadink nie; wie moed het, gaan saam met my op die weg!"
46. Nou begin byna almal geweldig agter hulle ore te krap en die een na die ander merk op: "Jy het weliswaar volkome gelyk; maar neem nou die geval! ons, - ja ons almal, ongeag alles wat julle gesê het; sou die ou Adam `n vloek oor ons laat uitspreek en ons weet dat Adam se stem so goed soos die stem van JaHWeH Self is! - wat dan? Wat dan?"
47. En toe vermaan hulle hom wat eerder by homself spreek en sê op `n besluitelose toon: "Ja, - ja, - dit het ek wel heeltemal vergeet!
48. Ja, nou sien die saak heelwat anders daaruit! Waarlik, as hierdie goeie raad nie duur word nie, dan word dit vir ewig nie meer nie! -
49. Maar sien, sien, daar kom nou net twee manne van die heuwel af en soos wat dit lyk, reëlreg na ons toe!
50. Laat ons net sien of ons nie met hulle `n weinig kan onderhandel nie! Laat my alleen na vore gaan, as julle miskien `n bietjie bang is!"
|
|
|
|
|