Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Abba se woorde oor die vaderskap en die kindskap. Slegs één God en één Vader.

156. Noudat hulle die vreemdeling herken het, val almal voor Hom neer en loof en prys in Hom die heilige Vader, omdat Hy hulle soveel barmhartigheid en erbarming bewys, dat Hy ook hierdie keer, soos wat Hy beloof het, ook op die dag van geskille nog in hulle midde sou bly.

2. Maar die vreemdeling laat hulle almal weer opstaan en sê: "Kinders, Abba is My Naam; so moet julle My altyd in julle hart roep!

3. As julle My so in die gees en alle waarheid sal aanroep, dan sal Ek julle roep altyd verhoor, maar as julle My met watter ander naam dan ook sal roep, dan sal Ek julle roep nie hoor nie, maar My oor van julle mond afwend, en met My oë sal Ek julle werke nie aansien nie!

4. Die slaaf het `n meester, die natuur het `n onverbiddelike God tot Skepper en tot regter; voor JaHWeH moet alles vergaan, want die Ewige en Oneindige duld niks in en buite Homself nie, want Sy gewydheid is onaantasbaar, - slegs die Vader ken Sy kinders, en net hulle sal Hom herken en roep: 'Abba, liewe Vader!', dan sal Hy hulle altyd hoor en sal hulle alles gee wat Hyself het, naamlik die volkome, Ewige lewe en alle eindelose skatte daarvan.

5. Julle vra weliswaar in julle hart: 'Hoe sal ons dit dan kan doen? Want die Vader is immers ook die enige Ewige God en is oneindig en meer as gewyd! As ons die Vader aanroep, dan roep ons tog ook vir Hom in die verborgene aan wat ons nie moet aanroep nie!

6. Hoe kan ons 'Vader' roep sonder om ook altyd daarvan bewus te wees wie die Vader in werklikheid is?!'

7. Maar Ek sê vir julle almal en gebied julle selfs, dat julle altyd goed moet dink, wie julle Vader is; want Hy het ook julle net soos die totale oneindigheid geskape. Maar alle skepsels het Hy so gelaat soos wat hulle geskape was; maar julle het Hy vanuit Sy Ewige liefde verander in Sy kinders!

8. Daarom moet julle Hom dan ook altyd met 'Vader' roep, maar daarby ook altyd goed oordink wie die Vader is, dan sal Hy julle altyd hoor!

9. As God is Ek `n Ewige Regter volgens My oneindige wysheid en gewydheid, want niks kan God nader en bly lewe nie; maar in My eweneens oneindige liefde is Ek `n Vader en wil Ek al My kinders om My heen versamel!

10. Vra nie wie magtiger is, God of die Vader nie; want daar is slegs één God en één Vader, en dit alles is Ek, nou sigbaar vir julle.

11. Hou julle julle almal aan die Vader, dan sal julle nooit ten gronde gaan nie; want die Vader oordeel niemand nie en wel die allerminste Sy kinders, wat Hom altyd waaragtig en getrou as die enig ware, goeie Vader in hulle hart beken en Hom ook bewustelik so aanroep!

12. Soos wat julle julle kinders nie veroordeel nie, maar hulle opvoed, onderrig en lei, doen Ek dieselfde.

13. Dat Ek so te werk gaan, daarvan kan julle julleself nou oortuig, noudat Ek tot julle gekom het, sal Ek julle Self leer hoe om die weë van die lewe te bewandel!

14. Sou Ek so-iets wel gedoen het, as julle nie My kinders was en Ek julle goeie Vader nie?!

15. O, beslis nie! Want dit sou immers vir My veel makliker wees om julle in `n veroordelende orde te hou soos wat alle andere skepsels is; maar, omdat Ek dit nie doen nie, is dit tog immers duidelik dat julle My kinders en Ek julle aller goeie Vader is!

16. Vandag het Ek weer as `n vreemdeling na julle toe gekom, en julle het My nie herken nie, - omdat julle 'JaHWeH', en nie waaragtig 'Vader' geroep het nie.

17. Bly daarom geheel en al by die Vader, dan sal Ek voortaan geen vreemdeling meer vir julle wees nie!

18. Verheug julle, omdat Ek nou by julle is, en kom almal na My toe! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205