Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Hored se gesprek met homself en sy berou

37 Ruim een uur lank sug Hored in `n enigsins moeilik toeganklike hoek van die grot, toe daar vanuit die môre `n sagte windjie begin te waai wat `n einde maak aan die pragtige klanke.

2. Toe die geluide, wat vir Hored so gewyd voorgekom het, hulle egter nie meer laat hoor nie, rig hy homself op en begin die volgende gesprek met homself te voer:

3. "O jy, heerlike wonderbaarlike skepping van God, hoe verhewe en gewyd is jy met die oë van die liefde besien en diep gevoel in die liefhebbende hart, ja met `n hart wat vir God slegs tot `n mate gereinig is!

4. Watter verskil is daar nou in my! Vooraf, nouliks enkele ure gelede, was alles nog koud om my heen en alles was dood, - ja, my hart self was koud en my oë tot geen traan in staat nie; nou leef alles. Die harde klip spreek en die gras stuur geurende lofsange op na die heilige hoogtes van God.

5. Deur die lewendige takke van die pragtige bome ruis `n heilige, suiwer taal, `n besondere woord waai oor alle woude van die aarde; wat aldus so klink: 'God is die suiwerste liefde! En alles is liefde om Hom heen, vanuit Hom en deur Hom!'

6. O, hoe heerlik, hoe mooi, hoe gewyd, hoe lewendig is alles nou tog om my heen! Hoe verhewe nou hierdie heilige berge en hoe onuitspreeklik verhewe gewyd is die môrehoogte van Adam, waar, waar, o die grootsheid! Ek kan dit nie uitspreek nie!

7. O my hart, my hart! Stel jou nou wyd oop; ja brei jou oor alle eindelose skeppinge uit en ervaar dit wat hom daar nou op die verste heilige hoogte bevind!

8. Begryp en besef dit; want God, die groot, ewige, meer as heilige Skepper van die oneindigheid o hart, besef dit! Die mees liefdevolle, mees Heilige Vader is dit! Ja, ons ewige Vader is dit wat Hom daar bevind, sigbaar in die midde van Sy kinders!

9. O natuur, o julle ewige winde, jy klaterende bron, swyg, swyg nou; en julle kwetterende bewoners van die takke van die seders en ook jy, tjirpende kriek belemmer nie die heilige gevoel in my bors nie!

10. Die Heilige Vader, vervul van die allerhoogste liefde, is in die midde van Sy kinders daar op die verste heilige hoogte! Hy, die almagtige Skepper, die ewige, enigste God en Heer van alle dinge en wesens as Vader in die midde van Sy kinders! O gedagte, o jy helderste, mees heilige waarheid, welke oneindigheid kan jou bevat, welke ewigheid jou begryp?!

11. Ja, gewyd is jy, jy origens armsalige bors, as hierdie gedagte jou maar net aanraak! Die Vader in die midde van Sy kinders! O jy, te eindeloos groot gedagte, - wie kan lewe en hulle voorstel in jou grootsheid, in jou oneindige oneindigheid!

12. Die Vader in die midde van Sy kinders en leer hulle Self, leer hulle om Hom, die Heilige Vader te herken!

13. Ook tot my dooie oor het Sy heilige vaderstem deurgedring en ek het Hom nie verstaan nie; en my oë het Hom gesien en ek het Hom nie herken nie! Sy woord het my hierheen gelei; die woord van die Vader het my hierheen gelei! 

14. O, heilige plek, oord van die lewende verheerliking van my hart, my gees, - met welke ewige gedenkteken sal ek jou versier, met welke heilige woord jou benoem, jy, heilige plek, waarheen die woord van die Vader my geroep het?!

15. Ag, wat is tog die mens, die swak bewoner van hierdie aarde, dat die ewige God Hom oor hom ontferm en hom as Sy kind opneem!

16. Is die mens dan goed? - Nee, dit is hy beslis nie! - Is hy dan miskien so buitengewoon mooi, dat God na hom toe kom? - Nee, nee, dit is hy beslis nog minder; want waar die ware goedheid ontbreek, daar is ook die ware skoonheid nie te vinde nie.

17. Is hy miskien so beminlik, dat die Heer na hom sal neerdaal? - O, sekerlik nie; want om beminlik te wees, moet mens tog begin om goed en mooi te wees!

18. Is die mens dan miskien ryk aan verskillende dinge wat vreemd en seldsaam vir God is? – O, die onuitspreeklike dwaasheid, die duistere gedagte wat hom altyd nog van die tong kan meester maak!

19. Wat het die mens dan wat hy nie reeds vooraf ontvang het nie?!

20. Dus, wat is of wat het die armsalige mens van hierdie maer aarde dan wel, dat God na hom toe kom, hom nou leer, lei en troos?

21. O jy groot, ondeurdringbare geheim! Dat ons onsself Sy kinders mag noem, is tog maar net Sy eindelose erbarming, waarsonder ons net soos elke klip, eintlik niks anders as net suiwer skepsele sou gewees het en dan ook nog vol ongehoorsaamheid. Terwyl `n klip baie duisende en nogmaals duisende jare homself, sonder die wil van die Heer, nie van die plek beweeg waarop hy neergesit was deur die almagtige hand van die Heilige Vader nie.

22. Of was die heilige gedagte in God, waaruit die mens, die ondankbare mens, voortgekom het, miskien nog goddeliker as die waaruit in die vroeëre, huidige of latere tyd `n klip voortgekom het uit een en dieselfde God?

23. Nee, nee, niks, heeltemal niks, het die mens voor God, - maar alles net suiwer barmhartigheid van Hom!

24. O onuitspreeklike liefde, oneindige barmhartigheid van die Vader, wat altyd gewyd, meer as gewyd is, - hoe moet die hart U dank, U loof en prys. Met welke woorde, wat die hele aarde waardig is, verkondig U sulke eindelose mildheid van aan ons, arme mense, aan ons, wat nie enigsins werd is om ons U kinders genoem te word nie?!

25. O Vader, laat my nou in die stof sink; want my oë is dit nie werd om `n blik daarheen te werp waar U nog onder U kinders bly nie!

26. U, Heilige Vader in die midde van U kinders! Hierdie gedagte is te gewyd om nog een keer deur my, aardwurm, bedink te word!

27. Daarom stil, stil, laat alles om my heen stil word, sodat ek ook voor die te groot gewydheid van die Vader kan verstom!

28. Want wat sou `n stowwerige slykwurm wel sê oor dit waaroor die hele oneindigheid die mees verhewe eerbiedige stilswye inagneem?! Dus stil, wees stil, my hart en my tong; want alles om my heen het nou stil geword. Stilte in God, stilte; want die Vader is naby!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205