Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 192

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Thubal-Kain se taktiese sluheid word deur Kisehel openbaar gemaak

192 Toe Thubal-Kain, na hierdie woorde van Kisehel, merk dat ook niks te bereik is langs `n diplomatieke weg nie, begin hy ernstig by homself na te dink en spreek as volg vir homself:

2. "Hierdie saak skyn in alle erns `n ernstige karakter te kry! Wat moet ek doen? My voete is verlam; ek kan dit dus nie op loop sit nie!

3. Aan veins of politiek kan jy nie eers dink hier nie; want waar `n mens haarfyn deursien word soos `n druppel water, sou ek wel graag wil weet, wat in sulke omstandighede bereik kan word met ellendige taktiek!

4. Dit is nou alles goed en wel; maar wat bly daar vir my, wat juis nou so sleg bedeel is, oor?

5. Dit is heeltemal `n ander vraag! Moet ek dalk hierdie merkwaardige groep manne uit die berge om vergewing vra vanweë my enigsins ruwe gedrag?

6. Ek, `n koning se seun, `n meester ertsbewerker, van wie die wel en weë van die hele volk en die staat alleen afhang?

7. Nee, nee, dit sou tog wel iets te veel verlang en te oordrewe wees en hierdie saak te ver deurdryf!

8. `n Baie magtige koning se seun en om vergiffenis vra?! - Dit gaan te ver!

9. Maar wat sal ek dan doen? - Hy het vroeër gesê dat ek alles volkome ernstig moes neem, dan sou ek met hom kon praat soveel ek maar wou; maar ten slotte sê hy ook dat ek hierdie plek nie sou verlaat alvorens die laaste oorblyfsel taktiek uit my verdwyn het nie - Daar het ek dit al! Dit is my volkome erns om hierdie plek te verlaat en terug te keer na my mynbou en ertswerksaamhede!

10. Daar sit tog seker geen politiek daaragter nie?! Ek kan hom dus maklik by sy woord hou; as hy my dan nog nie loslaat nie, dan kan ek hom in elk geval ter plaatse op `n leuen betrap en `n godslasteraar noem, waar hy tog duidelik oor homself verklaar het, dat elke woord en elke handeling van hom in alle erns en in volle waarheid voortgekom het uit God se ewige ordening!

11. O, maar nou het ek die vrolike voël reeds gevang! As ek eenmaal weer op vrye voete is, dan kan hy sesduisend vroue na my toe stuur, en Thubal-Kain sal nie meer uit sy groot werkplaas tevoorskyn kom nie!"

12. Hier onderbreek Kisehel sy gedagtes en sê: "Thubal-Kain, sê my net, wat vind jy die ergste: Die geslepenheid van die mense of die sluheid van die slang?!"

13. Hieroor verbaas Thubal-Kain hom geweldig en wis nie wat hy op hierdie vraag moes antwoord nie, en hoogs verleë swyg hy dus.

14. Maar Kisehel spreek verder en sê: "Omdat jy ingesien het dat daar met my en al my broeders langs die weg van die politiek niks te bereik is nie, het jy jou in die arms gewerp van die ergste sluheid van die slang!

15. Dat die loskom van jou voete beslis baie ernstig is vir jou, is nie te betwyfel nie; maar as jy dink om my, deur die komende waarheid, wat slegs van jouself af kom, te vang, dan vergis jy jou geweldig! Want as jy nie in staat is om deur `n boosheid van die eerste orde iets vir my uit te rig nie, hoe kan die tweede, laer orde jou dan wel van nut wees?!

16. Dink jy dan dat ek `n godslasteraar sal word omdat ek nie jou voete, vanweë jou sluheid, sal bevry nie?!

17. O beslis nie; want ek ken God en doen maar net wat Sy Heilige Gees my oplê, volgens my wil wat Hom heeltemal toegedaan is.

18. Daarom word ek, as listige gevolgtrekking van jou sluheid, nog geen godslasteraar nie; maar jy is dit wel, omdat jy nie vir my nie, maar net die Gees van God wil mislei, as dit vir jou maar op die een of ander manier moontlik sou wees!

19. Ek sê vir jou: As jy geen heiden en geen dienaar van die draak sou gewees het nie, dan sou so `n plan jou baie duur te staan gekom het!

20. Maar jy ken nie die enig ware God nie; daarom kan so `n gedagte ook deur die vingers gesien word, as jy dit eg berou!

21. Maar as jy verlos wil word, wend jou dan tot die enig ware ewige God, wat jou moeder nog aan jou verkondig het by monde van Farak, en wend jou nie tot my nie; want nie ek nie, maar God se barmhartigheid, het jou voete verlam.

22. Ek is slegs `n mens soos jy, maar `n mens volgens die wil van God, en ek erken my volledige nietigheid teenoor Hom.

23. Word net so en doen wat ek doen: Erken jou groot dwaasheid, erken jou skuld, erken God, dan sal jy vry word!

24. Begryp dit en handel daarvolgens! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205