Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die loof met die hart en die loof met die mond. Die raaisel van die voortdurende vernietiging in die ryk van die natuur. Die troosryke oplossing van die Ewige Liefde.

124. Toe Set dit verneem het, was hy buitengewoon bly en dank, loof en prys die Hoë Abedam uit alle mag.

2. Maar Abedam sê aan hom: "Set, liewe broer van die liefde van My hart, Ek kyk alleen na jou hart, - en dit is meer as voldoende vir My; daarvan kan jy verseker wees; wees maar daarmee bly!

3. Maar die luide lofuitinge kan jy wel agterweë laat; want jy kan My glo wanneer Ek jou sê: Die lof van die hart sê vir My meer as die van die mond.

4. As die hart bid, moet die mond self nie daar inmeng nie; want wat uit die hart as `n suiwer bron kom, moet nie deur die mond vertroebel word nie!

5. Die loof van die mond eggo vir die wêreld; maar die lof van die hart dring deur tot die ore van My hart.

6. Daarom kan jy die nuttelose arbeid nou goed bespaar vir jou mond; want Ek hoor immers elke woord van jou hart.

7. Wie sy mond nodig het, het dit vir die wêreld en vir sy broer nodig; vir My het niemand egter iets anders nodig nie as enkel en alleen die hart! Amen."

8. Hierna wend Hy Homself tot Henog en sê al vraend aan hom: "Henog, weet jy al alles en vind jy in jouself dan niks meer waaroor jy `n verklaring van My benodig nie?

9. Maar in jou hart sien Ek jou nog aan iets onverteerbaar kou; wat is dit dan? Waarom durf jy dit nie, ter wille van jou broers, openlik aan My sê nie?

10. Ek sê egter vir jou: Hou niks in jouself agter nie, maar kom vorendag daarmee, gee terug wat nog nie ryp is as spys vir jou gees nie en Ek sal dit op die groot vuurherd van My vaderliefde volkome gaar kook, sodat dit goed versterkende voedsel sal word vir jou, asook vir elke ander hongerige gees. Amen."

11. Hierop kom Henog ook nader en sê ontroerd: "O, uitermate Goeie, Hoogs Heilige, Liefdevolle Vader! Dit is waar, my gees soek in homself opheldering oor die belemmerings wat deur U genoem is, daarby die voortdurende herkouende monster van die natuur beskouend; maar dit word vir my nêrens duidelik nie.

12. Ek sien nou goed in dat alles sy bestaan enkel en alleen kan lei deur hindernisse en beperkings. Maar ek sien nie in waarom alles ter wille van die bestaan mekaar nagenoeg dodelik moet bejeën nie.

13. Waarom die voortdurende wrywinge, vernietiging en die ten gronde rig?

14. Al word ook iets anders daardeur voortgebring, dan moet dit tog weer vernietig word vir sy navolgers.

15. Sien, dit is die blinde vlek in my hart en dit is nog totaal sonder lig!

16. O Vader, verlig dit met U barmhartigheid, Liefde en Erbarming; U heilige Wil geskied! Amen."

17. En die hoë Abedam open Sy Mond en sê aan Henog: "Ja, dit is net soos jy sê, alles gaan verby, alles waai met die snelheid van die stormwind verby, slegs selde bly iets in die volle krag van sy bestaan tot die einde behoue; maar al te dikwels word dit in die verderfbringende stroom meegesleur, gaan dit onder, word teen die rotse verbrysel en ten slotte deur die groot maalstroom in die bodemlose afgrond van vernietiging verslind!

18. Verder sê jy in jouself: 'Daar is geen oomblik dat jyself nie onophoudelik verteer word en al joune om jou heen, - geen oomblik waarin jy self geen vernietiger is, ja, dit kennelik moet wees!

19. Die mees argelose, onskuldige voetstap tydens `n wandeling kos miskien al meer as duisend arme wurmpies hulle lewe!

20. Hoe dikwels reeds het my hak `n moeisame opgeboude woning van die miere laat instort en daarmee so `n klein wêreld in een smadelike graf gestamp!

21. Hoe dikwels reeds is die mooiste vrugte, wat soos `n ligboog aan die hemel pryk, hangend in die lig van die son aan `n majestueuse boom, deur my tande vergruis! Hoeveel heerlike blomme is reeds deur my voete plat getrap, - hulle kom terug! Ook ander miere bou weer moeisaam `n ander huis, - maar nooit, nooit dieselfde as wat my voetstap in `n ewige graf besorg het nie! Waar, waarheen is dit dan?

22. `n Sagte wind gaan deur die blare van die boom. Dit beweeg as`t ware opgewek en vrolik; maar midde in hierdie vreugde val daar honderde van die takkies!

23. Waarheen, waarheen?, vra ek. Geen antwoord verkry ek meer van die gevallenes nie; want `n vernietigende orkaan het hulle reeds verslind!'

24. Jy sê dan verder: 'Nie hierdie groot nood van die dinge nie, nie die vloed wat die rotse ondergrawe nie, ook nie die groot aardbewinge waardeur berge tot stof word, ontroer my nie, maar my eie hart ondergraaf my met `n allesverterende mag, wat oral verborge is in al die dinge en wat niks in die bestaan roep wat nie ook op sy beurt weer sy omgewing of homself wil vernietig nie!'

25. En met sulke gedagtes duisel jy dan, vreesbevange, en wankel hemel en aarde rondom jou en jy roep dan vanuit hierdie angs:

26. 'Ek kan kyk waar ek wil, nêrens gewaar ek nou iets anders as iets wat homself en alles verslind nie en wel een en dieselfde ewig herkouende monster in die natuur van dinge!'

27. Dit is waar, daarom kan Ek nie sê: 'Henog, jy doen My onreg aan met jou gedagtes nie!' want so is dit vir die oë en so is dit vir die verstand; maar kyk, vir die hart is dit anders!

28. Wat is die dinge? – Dit is ruspunte van My groot gedagtes! My eie lewende wil is dit, wat dit belemmerend in die weg tree; deur hierdie hindernis tree dit eers in die sigbare bestaan.

29. Maar as My liefde Self dan verenig met My Wil, dan lui dit: 'O, stel geen paal en perk aan die groot vlug van jou totaal vrye gedagtes nie, maar laat sy weer vry sweef in die groot kringe van jou Ewige lewe in die volkome bewussyn van hulle lewende krag vanuit jou!'

30. Sien, dan laat Ek My gedagtes weer vry sweef, nadat ek die belemmering van My wil temper en jy sien dan die dinge vergaan, egter nie uit die bestaan tree nie, maar terugkeer na die oorspronklike bestaan, as`t ware, in die vrye, onverwoesbare bestaan.

31. Ek laat dan uit baie klein gedagtes weer één groot gedagte ontstaan, `n lewende, `n vrye, wat dan na Myself moet lyk, sodat hy weer word net soos hy oorspronklik in en vanuit My was.

32. Bekommer jou daarom nie verder oor die uiterlike verganklikheid nie, maar oordink dit: Alles wat uit die bestaan tree, keer altyd weer in `n meer volkome bestaan terug, opwaarts tot by die mens en van daar af uit weer na Myself terug.

33. En so sal ewig niks verlore gaan nie, ook nie jou geringste gedagtes nie!

34. Begryp dit alles goed en wees altyd blymoedig in My! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205