Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die relaas van die twee bodes oor die gruwelike voorvalle in die môregebied deur die kinders van die laagte

98 Dit duur nie lank nie of die twee afgesante kom weer op die hoogtes terug en ooreenkomstig die vroeëre geheime opdrag van Abedam verskyn hulle met taamlik versteurde gesigte voor die reeds buitensporige bekommerde en nuuskierige Adam.

2. Hy vra hulle dan ook onmiddellik wat hulle ontdek het.

3. Maar in plaas van om vir Adam antwoord te gee, kom die van liefde vervulde Henog dadelik met `n teenvraag en sê:

4. “Seer beminde vader Adam, sien, deurdat ek en Set presies dieselfde gehoor en gesien het, kan elkeen van ons u slegs dieselfde vertel!

5. Maar omdat ons beide nie tegelykertyd kan spreek nie, moet hier tog die vraag gestel word wie van ons u moet vertel wat se gruwelikhede ons gesien het en welke afskuwelike lastering ons oor u en oor God gehoor het?”

6. Met hierdie teenvraag deins Adam terug en kon gedurende `n geruime tyd van ontsetting geen woord oor sy lippe kry nie, totdat Henog hom nogeens vra of hy mag spreek of nie.

7. Toe sê Adam met groot heftigheid: “Ja! Nee! Ja, ja! Jy, Henog, Set, nee, nie Set nie, maar jy Henog, vertel!”

8. En Henog begin die volgende te vertel:

9. “Verneem dan, baie geliefde vader Adam, wat die laagte vol slyk teen u, teen ons en ook teen God onderneem het!

10. U weet dat Lameg gister al tydens die Sabbat `n vurige aanval gewaag het om ons hoogtes stormenderhand te beklim.

11. Maar u weet ook hoe hy deur die hoë, mees heilige Vader teruggeslaan is.

12. Maar omdat die laaghartige slang nóg rus nóg duur ken, het hy die nag wat deur die vlamme van die brandende berg helder en wyd en syd verlig was, benut en het oral in die bosse vure laat aansteek. Daardeur was alle wilde diere, ons troue wagters van die hoogtes, verjaag en `n ontelbare skare van goed bewapende klein mense met swart hare en byna geheel naak het die môrehoogtes beklim en is nou daar geleër en neem alles in beslag wat hulle maar daar kan vind soos vrugte, diere en allerlei huisraad en gaan die wonings van die môrekinders in en uit, asof hulle die regmatige eienaars is.

13. Hulle het ook baie vrouens en kinders by hulle.

14. So pas, toe ons twee vanaf die tussenliggende hoogtes in die môregebied omlaag gekyk het, stuur hulle aanvoerder verkenners uit nadat hy hulle die volgende bevel hardop gegee het:

15. “Gaan en deursoek uiters noukeurig waar die snode gebroedsel hom bevind van die monster wat Adam sou heet, en kyk of hy, die monster self, hom nog lewend te midde van sy tier- en hiënagebroedsel ophou!

16. Luister, wie julle ook maar aantref, vermoor hom onmiddellik, sny dan sy ore van sy hoof af en bring dit hierheen na my toe as getuienis van julle getroue daad.

17. Maar mog julle die ou monster van `n Adam, wat nog in lewe skyn te wees, vind, dood hom dan nie, maar sleep hom hierheen na my toe, sodat ek my wraak eiehandig op sy ingewande kan afkoel vanweë die vloek wat hy oor Kain, ons stamvader, uitgespreek het!

18. So skyn ook die vroeëre God JaHWeH, wie deur die gees van Lameg volkome oorwin is, nou te midde van sy monsterlike gebroedsel te vertoef.

19. Wie van julle Hom as gevangene na my toe sal bring, sal onderkoning van Farak word en daarbenewens nog duisend van die allermooiste vrouens as toegif kry!

20. Want hierdie JaHWeH wil ek self vasbind en Hom dan aan die groot Lameg oordra, sodat hy volgens sy geregtigheid met Hom kan doen wat hy reeds met sy Naam gedoen het.

21. Mog julle êrens vir Naëhme, die dogter van ons groot god Lameg, en sy twee vrouens vind, bring hulle dan almal ongedeerd hierheen; maar wurg hulle manne op die gruwelikste manier, sny dan hulle koppe af en bring dit saam as getuienis!

22. Mog julle êrens die dertig ontvoerde byvroue van die groot god Lameg aantref, wie eers enkele dae gelede geroof was, bring hulle dan eweneens as `n goeie buit hierheen; julle loon sal breed uitgemeet word! 

23. Maar, wee julle, as julle met leë hande terugkom!

24. Julle het gesien hoe Lameg in `n oomblik die hele hemel met sonne gevul het en dit toe weer beveel het om te vergaan.

25. Bedink daarom goed wie se dienare julle is! In sy naam moet berge immers voor julle wyk!

26. Gaan dus en voer dié bevel uit! Amen.”

27. Sien, alomgeliefde vader Adam, dit het ons gesien en gehoor en so staan dit daarvoor met die dinge daar benede!

28. Maar in die persoon van Abedam het ons tog die heilige, mees liefdevolle Vader in ons midde; laat daarom alle vrees en alle angs ver van ons hart wees! Amen.”

29. Deur hierdie verbysterende vertelling kry die ou Adam so `n koors dat hy daarna nóg kon sit of staan.

30. Ten slotte word hy in sy hart so verskriklik boos vir die laagte, dat hy opspring om reeds die afgryslikste vloek daaroor uit te spreek; maar Abedam gaan voor hom staan en sê baie saggies, maar ernstig aan hom:

31. “Adam, Adam, waarom wil jy alweer vervloek?!

32. Sien, Ek is immers die Heer! As Ek nie so-iets doen nie, waarom wil jy dit dan doen?!

33. Maar as die vloed tot hier gestyg het, laat ons dan vissers wees en sien of ons hierdie armes nie in ons nette van die lewe kan vang nie!

34. Dit sal Lameg slegter bekom as duisend vervloekings van jou, waarvoor selfs geen mossie van die dak sal opvlieg nie.

35. Waarlik, Ek sê vir jou: Vandag sal jy almal nog seën wie jy nou wil vervloek!

36. Gaan daarom nou weer na jou plek toe.

37. Kisehel en Sethlahem, gaan julle, uitgerus met alle mag, na die bevelhebber van Lameg toe en rig die woorde van My wil tot hom! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205