Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die derde trap in die paleis van Lameg met die hindernisse vir die drie bodes

173 Toe die drie bodes by die derde trap aangekom het, verbaas hulle hulleself oor die groot lis van Lameg; want op so-iets was hulle nie voorbereid nie.

2. En Ek sê ook self niks daarvan in hulle gemoedere nie, omdat hulle deur so `n buitengewone geleentheid, die krag van die wysheid, wat deur My aan hulle verleen was, des te meer sou versterk. Dus, hoe het Lameg hierdie derde trap versper?

3. Elke tree lê vol klein kindertjies, en tussen die kinders was naakte moeders met oopgekrapte borste en wanhopig verwarde hare geplaas; die kinders was met toue aan die trappe gebind en die moeders met ysterbande om hulle lendene met stewige kettings wat aan die trappe hang.

4. Toe die moeders die drie magtige mans sien, begin hulle hulleself en die drietal as volg te verwens en te vervloek:

5. "Aan welke hel van die ergste aller satans het julle ontstaan, waardeur ons hier ter wille van julle op die mees angswekkende wyse gekwel moet word om julle toegang tot die snode Lameg, deur ons vreeslike nood te belet?!

6. Julle noem julleself bodes van JaHWeH! Julle is ontsettende misdadigers! As JaHWeH net so is soos julle, dan is ons monster van `n Lameg, in al sy onmenslike boosheid, soos `n sagte aandbriesie vergeleke daarmee?!

7. Wat het die arme meisies, wat deur Lameg se eindelose wreedheid verlei en verlok was vir sy laagste doeleindes, julle dan ooit iets ergs aangedoen, dat julle hulle sonder barmhartigheid en erbarming na die skandelikste rioolputte en moeraspoele verdryf het, sodat hulle daar met hulle liggaam en siel ten gronde kon gaan?!

8. O, ellendige bodes van die onderste hel waaroor die groot Farak eens onderrig het, - julle durf, na sulke dade, waartoe alle duiwels bymekaar nie in staat is nie, julle nog bodes van JaHWeH te noem?!

9. Lameg het beide sy broers doodgeslaan en derhalwe die tweevoudige dood verdien.

10. Maar JaHWeH het vir Lameg gesê: 'Wie Lameg wil dood, die sal sewe-en-sewentig maal gewreek word!'

11. Hierdie arme meisies het, net soos ons, nog nooit `n vlieg doodgeslaan nie en julle as sogenaamde bodes van die Ewige liefde van JaHWeH het hulle daarom op die gruwelikste, ellendigste en skandelikste wyse ten gronde gerig en gedood, omdat die, tog al drievoudig ongelukkiges, op gesag van Lameg vir sy gemene oogmerk aan hulle hare in die huis van die gruwels binnegesleep was, deur die beulsknegte, wat julle bowendien vir hulle wreedheid, vry en gelukkig gemaak het!

12. O ellendige, meer as gruwelike bodes van JaHWeH, as julle van plan is om die monster van `n Lameg te bekeer en weer tot JaHWeH te wend, waarom het julle dan nie eers geprobeer om die ongelukkige meisies te bekeer, voordat julle hulle op so `n gruwelike wyse laat dood het nie?!

13. O sien, dit gaan nie by julle om JaHWeH ter wille te wees nie, wie se bodes julle wil wees, maar slegs om die heerskappy oor die arme volkere in die diepte van alle slyk te verkry!

14. Sien ons aan, hoe ellendig en allerskandelik ons mishandel word en ons, terwille van julle, moet smag onder die afgryslikste druk van Lameg! Sou julle ons ook nie as leuenaars wil uitskel en ons vervolgens ten gronde rig en dood daar buite in die poele en rioolputte nie?!

15. Wanneer julle ellendiges dit wil, verbreek dan ons boeie, want vir `n liefhebbende moeder kan geen enkele dood pynliker en geen enkele hel smartliker wees as hierdie toestand waarin ons onsself nou voor julle moet bevind nie!

16. Wil julle dit egter nie, laat ons dan hier ten gronde gaan en stap oor ons en ons onskuldigste, arme kinders heen na die skandelike gruwelwoning van Lameg en maak van hom `n nog boosaardiger duiwel as wat hy nou al is!

17. Vervloek is die dag wat ons die ellendige lewe gegee het! Vloek oor ons verwekkers, en vloek oor die Skepper, wat ons vir `n dergelike ellende geskape het en `n ewige vloek oor julle, wat gekom het om ons ellende te vergroot!

18. Vernietig ons, as julle dit kan, vir ewig; maar kwel ons nie meer as wat ons tog al gekwel is nie!"

19. Hier was al drie hoogs verbysterd en het nie geweet wat hulle moes doen nie; want die woorde van die vasgeklinkte vrouens en die geween en gehuil van die kinders het hulle geweldig aan die hart begin te gryp. 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205