Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die skrikwekkende verskynsels tydens die oggendmaal. Adam se opwinding en vrees

96 Nadat almal in opdrag van Abedam op die grond plaasgeneem het en eet en drink, selfs Adam nie uitgesonder nie, ofskoon hy nog nie kon wen teen sy kortsigtigheid nie, en die hoë Abedam Self saam eet en drink, hoor mens opeens `n luide gehuil van baie mense uit die môregebied en mens sien die een rooksuil na die ander uit die laagte opstyg.

2. Dié so plotseling optredende verskynsel laat byna alle kinders van die hoogtes verstom staan en niemand wis ook maar, selfs Set en Henog nie, - wat dit beteken het nie.

3. Maar Adam, vervul met ontsetting, hardloop na Abedam toe en vra aan Hom: “Liefdevolle, heilige Vader, wat is dit nou weer?!

4. Nouliks is my gemoed ietwat gekalmeer na dit wat my al vandag oorgekom het, of daar kom alweer iets anders te voorskyn, wat nog dreigender is as die voorgaande!

5. O heilige, liewe Vader, stel my gerus, ja stel ons almal gerus en wees so barmhartig om ons te vertel wat dit is en waar dit vandaan kom! Wie veroorsaak die gehuil? Waarnatoe sal dit lei? Welke gevolge sal dit hê?

6. O liewe, heilige Vader, stel ons gerus, stel ons gemoedere gerus, as dit U heilige wil is!”

7. Maar Abedam sê, terwyl Hy nog naas die etensmandjie sit: “Luister en vertel My: Wat wil jy dan doen, as Ek jou alles tot op `n haar noukeurig vertel wat daardie gehuil is, waar dit vandaan kom en waarom dit daarvandaan kom en wat die gevolge sal wees en ook waarom Ek so-iets toelaat? Sê My: Wat wil jy dan gaan doen?

8. Ek sê dit vir jou: Niks anders as wat jy nou doen nie!

9. Indien jy ook maar enige insig gehad het, dan sou jy sonder enige angs, dit alles gedoen het wat Ekself in dié geval doen, jy sou naamlik rustig gewees het en geëet en gedrink het en My in jou hart liefgehad het.

10. Maar wie hulle aan My sy besorg maak, kry sy verdiende loon wanneer afskuwelike storms in hom begin te woed en die een berg van vertroue op My oneindige mag en liefde na die ander, in sy hart begin te verbrokkel!

11. So het jy dit dan ook verdien dat jou gemoed verontrus word, omdat jy nog nie volkome daarop vertrou dat alle dinge slegs aan My ondergeskik is nie.

12. Wat het jou, of een van die ander dan oorgekom by al die groot verskynsels, wat hulle hier op die hoogtes voorgedoen het sedert die voorsabbat, gedurende die tyd toe Ek sigbaar in julle midde was?!

13. Aan My sy het julle nog altyd heelhuids daarvan afgekom, waarom is jy dan nou bang?!

14. Gaan daarom onbesorg na jou vroeëre plek terug en eet en drink; en wanneer jy sien dat Ek opstaan, dan kan jy dieselfde doen! Amen.”

15. Daarop gaan Adam weer na sy vroeëre plek terug, eet en drink weliswaar, maar wel soos iemand vir wie dit nie goed smaak nie; maar in sy hart voer hy die volgende gesprek met homself:

16. “My God en my Heer, U het in alles volkome gelyk! Dit lê inderdaad geheel aan myself dat ek bekommerd is en ek weet ook sekerlik dat wat daar ookal gebeur, - Hy ons altyd gered het en ons ook hierdie keer stellig nie ten gronde sal laat gaan nie, dit is gewis en seker;

17. Maar nietemin deurstaan ek en baie ander tog altyd `n uitsonderlike groot angs! Waarvoor is dit dan goed?

18. Waarom moet ek dan bang wees vir niks en nogeens niks?

19. Is so `n ongegronde angs dan goed vir iets?

20. Waarvoor dan eintlik, as niks daarop volg wat die angs en die vrees sou regverdig nie?!

21. Maar tog moet ek angstig wees en is ek nou ook bang, ofskoon ek sekerlik weet dat daar beslis geen haar by ons almal gekrenk sal word nie!

22. Of is ek bang omdat ek in my hart angs vir die angs het? Maar hoe kan mens uit angs vir die angs bang word?

23. Want, as ek bang is, dan is die angs al daar en is dan `n enkelvoudig, en geen tweevoudige kwaad nie!

24. Maar as die Heer ons tog altyd red by alles wat ons vrees, waarom laat Hy ons dan in so `n angs raak, wat tog ook `n groot boosheid is?

25. Of sou die werklike kwaad, wat sou volg sonder die voorafgaande vrees, nie op sigself beter wees as die bose vrees daarvoor nie?

26. Kortom, ek sien ondanks al my gepieker, nie in waarvoor die voorafgaande angs goed sou wees nie.

27. Daarom sou die groot Redder van alle kwaad ons tog immers ook van hierdie ongegronde angs kan bevry of ons minstens duidelik maak wat die angs is en waarvoor sy goed is!”

28. Nouliks het Adam dit alles uitgedink, of Abedam staan op, roep vir Set en Henog na Hom toe en sê enkele woorde saggies aan hulle.

29. Dit prikkel Adam nog meer; maar toe Set en Henog hulle daarna in die rigting van die môre begeef, was dit heeltemal gedaan met Adam.

30. Hy durf weliswaar nie sy stem verhef nie, maar sy hart word des te onrustiger deur angs en nuuskierigheid.

31. Maar Abedam maak asof Hy niks daarvan merk nie, en roep dadelik vir Garbiël en Besediël na Hom toe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205