Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 151

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die Hoë Wysheid van die vreemdeling. Die bestemming van die mens tot geestelike selfstandigheid. Die blinde geloof en glo op gesag maak nie vry nie.

151. Toe die vreemdeling hierdie vraag van Henog gehoor het, kry Hy `n verwonderde gesig en sê daarop aan hom:

2. "Liewe Henog, dit is ook wys van jou; want as jy eenmaal My oordeel het, dan sal jy soveel makliker tot `n eie oordeel kom, veral as dit ten slotte maar net op `n ja of nee sou neerkom!

3. Maar mens kan jouself afvra of iemand daarby sal baat!

4. Want `n mens kan van niks makliker oortuig word as juis van dit wat hyself nie begryp nie.

5. Want dan aanvaar hy die oordeel of wel uit onkunde of hy glo dit op die gesag van die spreker, baseer homself dan daarop en kan dan nooit tot `n eie oordeel kom nie.

6. Maar dit beteken tog niks anders as om die selfstandigheid van sy gees uit te skakel en `n masjinale gees van iemand anders te word of wel sy eie lewe op te gee vir `n skynlewe wat deur `n ander bepaal word nie!

7. Ek sê dit vir jou vanuit My ervaring, sodat jy jou nie deur My laat oorreed nie, maar daarvan alleen dit aanneem wat vir jou duidelik is; daarom moet jy geen enkele lettergreep aanneem wat jy slegs sou glo sonder om dit eers in jou gees duidelik te begryp nie!

8. Daar bestaan geen vreesliker toestand vir `n vry mens as om blindelings te glo nie; want `n dergelike geloof dra die waaragtige dood van die gees in homself.

9. Wie blindelings glo, is ook tegelykertyd `n gees wat van sy vryheid beroof is deur `n roemsugtige broer.

10. As `n oordeel van die lewende God al dodelik is, hoeveel te meer moet dit dan wel so wees as dit gaan om `n oordeel van `n dooie mens of van iemand, wat self net `n skynlewe het!

11. Sien, om die rede is dan immers `n eie oordeel veel beter, al is dit hoe armsalig, as `n oordeel wat alleen op grond van geloof aangeneem is. Vir die korrektheid van so `n oordeel het die gees, wat vry sou moet wees, geen ander waarborg as alleen die gesag van die prediker en die lou genoegsaamheid van sy eie dwaasheid.

12. Dit alles is vir God beslis `n gruwel, want God het die mens geskape vir `n vry lewe, maar nie om met `n lui gees alles maar aan te neem van `n prediker wat uit is op roem en uit eiebelang die harte van mense onvry maak terwyl hulle vry sou moet wees.

13. Om jou plesier te gee, doen Ek waarvoor jy My gevra het. Neem daarvan dan alleen dit aan waarvan jy na `n grondige oorweging bevind het dat dit heeltemal ooreenkom met jou eie oordeel!

14. Want wanneer iemand vir jou sou sê: 'Doen dit of dat!' en jy doen dit, sonder om jou ook maar enigsins af te vra waarom en tot watter doel, dan het jy al `n masjien vir die uitvoering van die wil van iemand anders geword, omdat dit nie uit eie vrye wil gebeur nie; maar as jy eers ondersoek wat jou broer van jou vra en jy in volle vryheid in jouself gevind het wat die eintlike doel daarvan is en jy vind dat dit `n waardige doel het, omdat die liefde daarin ten grondslag lê, en jy doen dan wat jou broer van jou verlang, dan het jy as `n vry mens gehandel en as `n waaragtige kind van God, en nie as `n onvry skepsel nie.

15. Want volgens My beoordeling is die magtige verskil tussen die ware kinders van God en die skepsels immers, dat die kinders soveel vanuit hulle vrye wil werksaam moet wees soos God, hulle Vader, dit Self is, en hulle moet juis daarin volkome wees, soos wat Hyself volkome is, omdat hulle Sy volkome ewebeeld is!

16. Kan die diere dit dalk ook doen? - O nee, hulle moet altyd die wil van die Skepper voltrek, want hulle natuur self is immers al `n draagster van die wil van die Skepper! Maar so is dit nie met die mense nie, wat bestem is om waaragtige kinders van God te word.

17. Aan hulle word God se Wil eers geopenbaar, sodat hulle dit allereers met hulle eie vrye gees herken, as die enigste geregtelike en ware beoordeling en erkenning, om hulle dit dan eers as`t ware tot hulle eiendom te maak en daarvolgens te handel!

18. Wie die openbaring aanneem en daarvolgens handel omdat hy dink dat hy daarvolgens móet handel, is al `n onvry mens; want hy doen dit nie omdat sy eie wil met die goddelike wil ooreenstem nie. Maar hy handel soos `n masjien en is en bly dan nog dood, omdat hy nie probeer om die goddelike wil volledig te leer ken, asook die goddelike orde wat daarmee saamhang nie. Maar as hy so-iets as die goddelike wil via sy ore leer ken, meestal uit die mond van iemand wat op eie glorie uit is, - dan doen hy dit sonder om te beoordeel waartoe en waarom.

19. Sien, dit is niks anders as jou reinste afgodery nie; want die mens maak homself daarmee onvry of laat homself veeleer onvry maak en dus ook dood!

20. En sien, dit is met gevolg dan ook die verskil tussen die vrye en onvry lewe! Tog is so `n lewe nog nie `n dood deur sonde nie; want van sonde is sprake as mens die weg van die goddelike orde, in soverre sy geopenbaar is, ken en dan vrywillig in stryd met die goeie oordeel in homself handel.

21. Sien, dit is dan ook die werklike dood! Waarom? Omdat die sonde sonder meer `n versteuring van die goddelike orde is, terwyl dwang dit nie versteur nie, maar alleen die vryheid van die gees belemmer!

22. Sien, liewe Henog, dit is My opvatting; maar laat My nou ook joune weet, om so tot `n gesamentlike oordeel te kom, want alleen daardeur kan ons tot die regte daad aangemoedig word en so tot lewe kom! Maar slegs as jy dit wil! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205