Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg in sy vermeende goddelikheid en almag deur Kisehel beproef en verdeemoedig

179 Eers na dié wonderbaarlike gebeure wend Kisehel hom tot Lameg en vra hom: “Lameg, jy beeld jouself nie net as `n groot koning nie, maar jy verkeer selfs in die waan om `n god te wees; jy het reeds baie duisende laat teregstel, en dit altyd op hoogs onmenslike wyse; sê ons of jy kragtens jou goddelikheid ook maar één persoon weer in die lewe teruggeroep het?!

2. Want ons weet baie goed dat jy menige daad berou het.

3. Graag wou jy jou broers, wie jy gedood het, weer in die lewe teruggeroep het, net soos baie ander, as dit vir jou moontlik was gedurende die tyd toe jy nog geen god van jouself gemaak het nie.

4. Sê ons daarom waarom jy dit nou nie gedoen het nie, noudat jy baie vas glo om `n almagtige god te wees!

5. Wil jy nie, of kon jy dit nie gedoen het nie, of vind jy dit benede jou goddelike waardigheid?”

6. En Lameg antwoord gewigtig en trots: “Ek het dit altyd benede my waardigheid gevind; daarom sal  ek ook nooit so-iets doen nie!”

7. En Kisehel vra hom weer: “Beken dan aan my welke dade jy as waardig vir `n godheid beskou!”

8. Toe vra Lameg aan Kisehel: “Is ek verplig om julle op elke vraag `n antwoord te gee?”

9. En Kisehel antwoord hom: “Ja, dit moet jy wel doen, anders sal `n kragtige slag van `n roede jou van bo kan tref; antwoord dus maar vinnig op dit wat jou gevra word!”

10. En Lameg sien aan die hoogs ernstige gesig van Kisehel, dat daar met hom nie te spot is nie en beantwoord daarom ook dadelik die laaste vraag as volg:

11. “Omdat ek nou wel moet antwoord, sê ek vir jou, dat ek eintlik slegs die skepping, en dan weer die vernietiging van wêrelde as enigsins waardig ag vir `n god!

12. Al die ander is niks anders as muggievangery nie en kan soos die werk van klein, diensbare geeste beskou word!

13. So is ook wraak en die oordeel `n god waardig; erbarming, liefde, geduld, omsigtigheid en dergelike kan alleen as eienskappe van gewone skepsele beskou word!”

14. En Kisehel vra weer aan hom: “Goed, ek sal dit voorlopig laat geld; jy moet my ook nog net bewys dat jy werklik `n almagtige god is!

15. Want dit is nie duidelik of, as jy iets nie wil nie, jy daarom ook nie daartoe in staat sou wees nie. Vir die almag is tog sekerlik niks onmoontlik nie!

16. Daarom jy sou weer tog dooies kan opwek tot lewe, as jy dit maar wil?!

17. Daarom sê ek vir jou dat jy dit juis nou moet doen om jou goddelikheid aan ons te bewys; want aan vernietig en dood kan ons jou goddelikheid nog nie sien nie, want daartoe is ook die wilde, verskeurende diere in die bos in staat.

18. Sien, daar staan maagde, vrouens en jou knegte! Dood één daarvan en maak hom dan onmiddellik weer volledig lewend, en jy kan daarvan verseker wees, dat ons ook daarom vir jou as die enige ware god van hemel en aarde sal erken en allerdeemoedig sal aanbid! 

19. Dink egter nie te lank nie, maar toon ons dadelik waartoe jy as god alles in staat is!”

20. Toe was Lameg verbyster en wis nie wat hy moes doen of tenminste wat hy moes sê nie.

21. En daarop sê Kisehel baie ernstig aan hom: “Luister, Lameg, aangesien jy ons nie onmiddellik `n bewys van jou goddelikheid gegee het, soos wat ek dit van jou gevra het nie, dan sal ek jou met brandende fakkels bo jou rug dwing, dat jy, met jou eie koninklike hande, die welbekende kliptafel weer uitgrawe, waarop jy die Naam van JaHWeH geskryf het, en dit toe vol ontlasting gesmeer, die Naam vervloek en hom toe in `n kuil vol riool gewerp en dit weer met riool laat opvul het. Jy sal hom weer moet skoonmaak en dan as `n streng boetedoening dieselfde tafeltjie jou lewe lank hoog moet vereer en die Naam aanbid!”

22. Hier spring Lameg byna uitmekaar van woede; want hy het baie goed geweet hoe dit daar met sy almag gestaan het, en waartoe hy in staat was.

23. Vandaar dat hy ook al voorsien het wat hy sou moet doen, en hy beken uiteindelik vol grimmigheid dat sy goddelikheid alleen maar `n koninklike eretitel was, maar geen werklikheid nie.

24. En Kisehel antwoord: “As dit so is, waarom het jy dan die Naam van die enig ware God so ontheilig? Spreek of jy gaan dadelik uitvoer waaroor ek nou net gespreek het!”

25. Toe word Lameg byna geheel en al deur raserny verteer, en hy sê geen woord nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205