Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Leidraad tot die vind van die lewende woord. Die gelykenis van die meisie en haar minnaar

77 Na hierdie uitleg deur Abedam voel Thuarim groot vreugde in sy hart en het van louter liefde geen raad met homself nie, selfs so, dat hy die hand van Abedam nie meer wou laat los nie. 

2. En Abedam sê aan hom, omdat hy Hom nie deur die liefde van Hom kon losmaak nie: “Thuarim, jy het my waaragtig stewig vasgegryp, met jou hart, sowel as met jou hande en jy is daardeur alweer tot `n nuwe profeet verhewe!

3. Want waarlik, waarlik, sê Ek jou en julle almal wie hier aanwesig is, wie My voortaan nie soos jy sal vasgryp nie, sal die klank van My stem waarskynlik nooit in sy eie hart verneem nie!

4. By diegene wie dit nie minstens een keer in die aardse droomlewe gehoor het nie, het die lewe hom nog nie aangemeld nie, en hy skommel nog sterk tussen lewe en dood.

5. En so beteken hierdie huidige liefde van jou vir My die ware, daadwerklike lewende liefde. Wie My derhalwe nie met sy hart en ook nie met sy hande deur goeie, My welgevallige werk van liefde aan sy broers en susters in sy hart gesluit het nie, die se liefde lyk nog soos `n onryp vrug, wat nog baie maklik deur `n rukwind van die boom van die lewe gewerp kan word voordat hy en ook die kiem van die lewe in die vrug ryp word.

6. Wie egter die daadwerklike liefde het, is ryp en geskik vir die ewige lewe; want hy het waaragtig die lewende sin van My bedoeling in homself gevind, en dit is My ewig lewende woord. Dié woord is immers die kiem van die ewige lewe in hom!

7. As iemand `n meisie uitgekies het, sodat sy sy vrou sal word en hy bemin haar weliswaar heimlik in sy hart en hou daarvan om so nou en dan vir haar te glimlag, maar om haar sy hand te reik, wil hy steeds uitstel, - sê My nou eens: Sal die meisie wel glo dat hy dit werklik ernstig bedoel met sy liefde?

8. O, Ek sê aan julle almal, dit sal sy beslis nie doen nie, want sy sal by haarself sê: “As jy werklik iets vir my omgee, dan sou jy jou hande sekerlik nie agter jou rug hou wanneer jy by my kom nie, maar jy sou met ope arms na my toe hardloop!

9. Maar ek ken jou louheid en verborge skalksheid, en weet hoe jy baie meisies soos ek vlei en jy wil een van ons vir jouself uitsoek, wie jou met jou trae liefde sal behaag; bly daarom ver van my af, - want my hart het jou nog nooit waargeneem nie!”

10. Sien, dié meisie het `n volkome korrekte oordeel oor die lou minnaar gevel! Maar Ek sê vir julle dat Ek later, nadat julle deur die dood van julle liggaam weer van hierdie aarde sal tuiskom in die groot ryk van die gees, geen haarbreedte anders oor julle en julle liefde tot My sal oordeel nie, as wat dié meisie oor haar lou minnaar geoordeel het nie! Wees volkome verseker daarvan!

11. Waarlik, Ek sê vir julle, as daar dan `n ander minnaar na dié meisie toe sal kom, ook al het sy nog nooit voorheen aan hom gedink nie, - en sy sal sien hoe hy met ope arms op haar toesnel, haar groet en haar omhels en haar aan sy bors druk, en haar vurig op haar voorhoof kus en dan met `n deur liefde geprikkelde hart aan haar sê:

12. “Vurige beminde! Wat verlang jy van my, wat moet ek doen, sodat jy kan sien hoe buitengewoon groot my liefde vir jou is?!”

13. Wat dink jy; sal die meisie hierdie vryer ook so afskeep soos die vroeëre lou minnaar?

14. O, beslis nie, sê Ek julle; sy sal hom vashou in alle liefdeswarmte van haar hart!

15. Sien, presies so sal Ek dit waarlik ook doen!

16. Diegene wat My sal vasgryp met hart en hand, die sal Ek ook met alle krag van My liefde vasgryp en Ek sal hom beslis in ewigheid nooit laat ontsnap nie.

17. Wie My egter net so sal behandel soos wat die lou vryer gedoen het, waarlik, dit sal met hom, wat My betref, geen haar beter gaan as wat dit met die lou vryer gegaan het nie!

18. En so is jy, My liewe Thuarim, `n nuwe profeet in die liefde en getuig daardeur vanuit My, hoe dit met die ware, lewende liefde gestel moet wees, as iemand deur haar tot My wil kom.

19. Wanneer iemand in die gees en in alle waarheid sal handel, volgens dié sigbare teken van jou, sal hy ook baie spoedig in die gees en in alle waarheid daar aankom waar jy jou, dit as profeet getuigend, nou bevind.

20. Diegene wie hulle daar sal bevind, het die sin van My bedoeling lewende in homself gevind.

21. Hierdie sin is nou die mees eintlike ewige lewe vanuit My en in My!

22. Jy is, wat jou betref, nou reeds in die gees waarvan jy nou ook uiterlik getuig en dus het jy jou hoë bestemming bereik en volbring.

23. Maar daar is nog groot dinge verborge; laat ons daarom ook na Rudomin luister en goed in ons opneem wat hy alles in homself gesien en verneem het! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205