Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Abedam se berisping en vermaning aan die onopregte Purhal. Die verklaring van die visioen van Purhal

68 Nadat Purhal sy verhaal beëindig het, kyk die hoë Abedam vriendelik om Hom heen, maak toe Sy mond oop en rig die volgende woorde daarna tot almal en eweneens tot Purhal:

2. “Waarlik, sonder skroom of vrees het jy jou vrugte vir ons almal opgedis en jy het ook geen enkele appel agtergehou nie, hangend aan die boom van jou innerlike insig, en jy het daarby ook, jou ou gewoonte volgend, jou wysheid nie agterweë gelaat deur ons almal eers die onryp en minder genietbare vrugte aan te gee, en as laaste die wel gerypte en goed genietbare vrugte van die reeds aangeduide boom van jou innerlike insig!

3. Sien, daarvoor loof Ek jou ook, want soos gesê, jy was hoogs getrou in jou vertelling! Maar op één ding wil Ek jou daarby tog wys, let dus op: Dit was weliswaar vir jou, net so min as vir elke ander dit net soos jy sou gedoen het, nie bepaald `n sonde om woorde te hanteer wat niks as leeg, uiters onbelangrike gepraat is nie, waarin niks goeds nie, maar nou ook weer niks slegs in skuil nie, net soos in `n wurm gesteekte appel, - maar sien, wie sou die aangetaste deel van `n appel eet ofskoon dit nie bepaald iets slegs is nie?!

4. En dit was ook by jou die geval, deurdat jy ons almal met die beskrywing van jou groot moed byna bietjie te lank opgehou het!

5. Begryp jy My, Purhal, en wat Ek jou nou daarmee wou gesê het?

6. Antwoord My alleen maar in jou hart! - Dus, jy begryp dit nie heeltemal nie! Sien, daarom sal Ek jou so daarheen lei dat jy dit sal begryp, let dus goed op!

7. Jy sê, nadat jy die deemoedige verontskuldigings van jou voorgangers vermeld het, dat jy in daardie opsig `n uitsondering maak of liewer gesê, wou gemaak het.

8. Sien, dit is waar, dit moes selfs `n uitsondering wees; want Ek verlang nie meer nie, en het nog nooit meer verlang nie, as dat jy ook volgens My wil moet handel, indien jy die ewige lewe wil vind.

9. Nietemin het sommiges, ten gevolge van te groot liefde en eerbied in hulle hart, geen raad geweet nie en kon daardeur hulle mond ook nie dadelik open om dit wat hulle verlang, weer te gee nie.

10. Die houding van jou voorgangers het jy dus gegryp, dit ietwat onnosel gevind en jy het jouself ook reeds heimlik ten doel gestel om daarvan gewag te maak, wanneer Ek vir jou, net soos die ander, sou oproep om aan My te berig oor dit wat jy in jouself gevind het.

11. Sien, jy word toe spoedig geroep; maar byna die eerste wat jy doen, was om `n uitsondering te maak wat jou broers aanbetref, om hulle in `n sekere sin `n bietjie te beskaam.

12. En begryp dit! Jy stel jou toe in jou relaas moediger op as wat jy werklik in wese was.

13. Sien nou, aan die een kant sê jy van jouself dat jy net so goed as die ander geweet het, dat alle dinge My aan baie goed bekend is, dat dit daarom dan ook nie nodig sou wees om angs te hê nie, as Ek van iemand sou verlang om slegs dit te uiter wat Ek aan hom gee, omdat Ek reeds lank van tevore weet wat iemand van My ontvang, - en bekragtig dit met `n werklik waardige gelykenis!

14. Hoe kom dit dan vervolgens, nadat jy voorgegee het om dit te weet, dat jy tog andersyds nie geweet het wat My beslis ook nie onbekend sou bly in hoeverre jy iets verkeerds in jou hart verberg het wat My nou nie bepaald welgevallig sou wees nie?

15. Sien, daar het jy tog wel `n hele groot vergissing gemaak!

16. Maar, soos Ek al aan die begin vermeld het, sal jou fout, vir hierdie keer, nie as sonde aangereken word nie; maar wees in die toekoms goed op jou hoede dat jou hart nie meer deur `n dergelike dubbelsinnige stemming oorval word nie, anders sal die groot nag van jou hart nog lank nie deur die na binne dringende liefdesvlamme verlig word en die heerlike oggendson, wat jy in jouself sien opgaan het, sal nog langer op hom laat wag!

17. Sien dus, My liewe Purhal, vir My is niks verborge nie; daarom is dit allesins raadsaam om niks vir My weg te steek nie!

18. Maak dit voortaan steeds tot rigsnoer van jou lewe, dan sal jou verdere gang oor hierdie aarde `n ligte gang wees! -

19. Die betekenis van jou visioen is, en dit moet vir jou van die begin tot die einde `n kragtig en altyd vermanende teken wees, dat jou liefde tot My, en ook tot jou broers, in die eerste plek, nog geen suiwer en dus ook geen volledige liefde is nie.

20. Want die op die talryke verskillende plekke in die nag van jou hart opdoemende vlamme beteken dat, en sê jy, terwyl hulle jou deur `n heftige knal ontsteld laat staan: “Kyk, hoe armsalig jou liefde en bygevolg ook jou lewe nog is!”

21. En toe Ek dan die son in jou laat opgaan, dit wil sê, My heilige barmhartigheidson, merk jy dat hierdie vlamme sonder lig niks anders was as jou talloosvoudige verbrokkelde eie ek, wat jy vroeër self in die mate gehawend gemaak het deur die mees uiteenlopende begeertes, sorge en hartstogte!

22. Hoe kan daardie dusdanig verbrokkelde wese egter weer één wese word?

23. Dit het jy ook gesien, toe jy sien hoe in My lig van liefde en barmhartigheid al hierdie op jou lykende wesens na jou toe dring en spoedig geheel één met jou geword het, en dat jy toe in hierdie hereniging eers in staat was, as `n sodanig voltooide mens, om weer die vaderlike stem van My Gees in jou te hoor, wie jou meegedeel het wie Ek is, waar Ek is en waar en waarvandaan alle dinge is, en wat ten slotte jyself is of moet wees en word.

24. Noudat jy alles aan die lyf ondervind het, moet jy dus ook konsentreer op die ware, suiwer, onbaatsugtige liefde tot My, dan sal jy lewe, en jy sal deur jou dade self ooreenstem met die groot teken wat jy in jou gesien het waardeur jy dan self altyd `n lewende ondersoeker en uitlegger van tekens sal wees in die harte van jou broers, uit liefde vir My! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205