Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 208

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se gelofte en liefdesverbond met God. Kisehel se getuienis oor Satan, die onsigbare, grootste vyand

208 Toe Lameg dit van Kisehel verneem het, was hy baie verheug en bly en sê daarop vir Kisehel: "Magtige vriend en broer! Die almagtige, ewige God en Skepper van alle hemelse kragte, van hierdie aarde en al dit wat in haar, op haar en bo haar is, leef, asemhaal en dink, het vir ewig al my liefde, eer en aanbidding, omdat Hy so barmhartig is en so bowenal vol medelye, dat Hy nou deur jou tot my gespreek het en my die regte weg van die lewe getoon het!

2. Want eers nou is ek volledig genees en weet hoe die dinge daar uitsien.

3. Daarom sal Lameg van nou af aan ook al sy kragte insit om aan almal wat nog in die lewe is, dit goed te maak wat hy hulle kwaad aangedoen het.

4. Dit alles belowe ek, Lameg, nou plegtig aan julle almal in die mees heilige, lewende Naam van die Allerhoogste!"

5. En Kisehel sê daarop vir Lameg: "Luister, broer Lameg, die Heer het jou nie aangespoor om `n gelofte aan Hom te doen nie; maar omdat jy uit vrye wil jou trou aan God beloof het, het jy met Hom, die mees heilige Vader, `n vaste liefdesverbond gesluit! Hy het dit aangeneem; daarom sal Hy jou ook versterk, maar daarby nie nalaat om jou in die regte mate te beproef nie, sodat jy steeds baie geleentheid sal hê, om die trou wat jy aan Hom beloof het, steeds meer te bekragtig.

6. Bly daarom getrou aan jou verbond; die Heer sal al die weë uitstippel wat jy in Sy heilige Naam moet gaan!

7. En welke probleme ookal mag voorkom, daaraan moet jy geen waarde heg nie, maar handel altyd volgens die wil van die Heer, en wees vol vertroue en seker daarvan, dat die almagtige, heilige Vader elkeen van jou ondernemings in Sy Naam sal seën en volledig laat slaag!

8. Sien, dit was geen geringe opgawe vir ons om jou, liewe broer, van ondergang te red nie; maar die Heer was met ons, en nou staan jy daar as die heerlikste loon vir al ons angs, moeite en arbeid! Want ons het nie net met jou te kampe gehad nie, maar met `n baie veel sterker en magtiger vyand as wat jy self was; en dit was die groot, vir jou onsigbare, ou vors van die leuen, van die selfsug, van alle lis en bedrog, die mees uitgesproke vyand van God, wat van die allereerste begin af meer wou wees as God.

9. Maar aangesien God se mag hom tot `n val gebring het, is hy vervul van woede en dink en peins oor niks anders nie, as hoe hy vir God ook maar skade kan aandoen!

10. Hierdie groot vyand is nou nog baie magtig, en sy ryk is nog mateloos groot; en daar waar hy baie goed weet hoe groot die goddelike vaderliefde en die geduld is, sondig hy te alle tye sonder perke, omdat God se erbarming hom nog sy vrye wil laat behou het, asook sy ryk.

11. En sien, liewe broer, met hierdie vyand het ons allereers te make gehad en ons moes hom vooraf heeltemal oormeester het, alvorens ons jou maar kon benader om jou te red; en so het ons, ter wille van jou, `n groot en baie harde stryd moes deurstaan!

12. Op dieselfde wyse sal ook jy altyd `n harde stryd te deurstaan hê; maar wees altyd gedagtig aan jou heilige verbond met God, en bly dit altyd heeltemal trou, dan sal jy elke gevaar oorwin en ten slotte as `n magtige held, met die segekroon gekroon, binnegaan in die ewige, onverganklike, mees salige, vrye lewe!

13. Ontvang dan nou nog ons seën; laat die liefde, barmhartigheid en erbarming van die Heer altyd met jou en jou hele volk wees!

14. En laat ons God nou dank, loof en prys en ons dan ter ruste begeef ter versterking van ons liggaam!"

15. Daarop begeef almal hulle na die troonsaal, loof en prys die mees heilige Naam daar en begeef hulle toe ter ruste, en die sewe bodes bly in Lameg se voorvertrek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205