Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Hored en Naëhme met die onbekende Abedam in die kring van die aartsvaders. Hored se straf vir sy afguns op Abedam

31 Na hierdie woorde trek die geselskap weer verder na die oord en die plek wat reeds aan ons bekend is.

2. Toe die hoë Abedam egter die vaders nader, val hulle, deur die diepste liefde en eerbied gegryp, terstond voor Hom neer en sommiges prys en loof Hom luid, ander weer meer stil sugtend in hulle hart.

3. Die hoogs eerbiedige lêendes op die hoogte sowel as op die taamlik ver in die omgewing uitstrekkende berg, was so algemeen dat met die uitsondering van hulle wat eers pas aangekom het, daar niemand meer orent gestaan het nie.

4. Ook Henog en Lamel sou die algemene voorbeeld gevolg het, was die nie dat Abedam hulle dit in stilte uitdruklik verbied het, vanweë die twee nuwe aankomelinge nie.

5. Dit kom vir Hored egter uiters vreemd voor en die verbaasde Naëhme nie minder nie, dat iedereen hulle nou uit die grootste eerbied vooroor ter aarde werp, terwyl sy om haar heen, buite hulle eie geselskap, niemand sien vir wie hierdie betuiging van groot eerbied bedoel sou kon wees nie.

6. Daarom gaan Naëhme dan ook naby Abedam staan en vra Hom vertroulik: "Luister, baie geagte, magtige, goeie vriend! Wil jy my nie vertel wat die algemene vooroorlê en die gesug beteken nie? Vir wie is dit bestem?

7. Kom die heilige, groot JaHWeH nou miskien vir my geheel onsigbaar êrens vandaan? Of wat beteken dit?

8. Waarom `n dergelike algemene verdeemoediging? Ja, ja, dit moet seker die heilige, groot, verhewe JaHWeH wees!

9. O liewe vriend, sien, vanaf my kinderjare het ek in my die steeds verborge wens gedra om die verhewe, heilige JaHWeH slegs eenmaal in my lewe te sien, omdat my moeder my in die geheim oor Hom onderrig het volgens die leer van `n sekere Farak, wat `n broeder van Hanoch was en met JaHWeH, soos aan my vertel is, baie omgang gehad het.

10. Sien, liewe vriend, ek het die ongeluk gehad om die mooiste dogter van die laagte te wees en was daarom baie dikwels deur my ongelukkige vader aan wellustelinge verkoop!

11. Ten gevolge van my besondere, my deur JaHWeH verleende, weelderige vorm kon egter, tot my geluk, niemand langer as hoogstens twee tot drie oomblikke die aanraking van my liggaam dra nie; ja, selfs Thubal-Kain, my broeder uit moeder Zilla, het nie beter gevaar nie, waardeur hy as my man nie in staat was om `n goeie vrug in my te verwek nie.

12. Kortom, ek hoef jou niks meer daaroor te vertel nie, as dat alle moontlike mishandelinge van die kant van my ongelukkige vader Lameg nie by magte was, om my van my JaHWeH te skei nie.

13. Hored, my eerste egte redder, moet my nagee, dat ek gedurende die hele tyd van ons afgesonderde samesyn, my oor niks anders met hom wou onderhou nie as maar net oor JaHWeH en my daarom ook nog nie deur hom laat beslaap het nie, omdat ons deur niemand geseën was nie. Hoewel hy my meermale daarvoor gevra het, - dit wat hy as my egte redder ook nooit sal verloën en wat hom, verkerend in my ongelukkige nabyheid, ook geheel en al te vergewe is!

14. Sien, goeie, edele, magtige vriend, ofskoon ek `n kind van die wêreld en van die slang is, het ek tog soveel moontlik van die weinige wat ek van JaHWeH gehoor het in my hart bewaar, terwyl ek in die ongelukkige toestand verkeer het; vandaar dat ek ondanks al die wêreldse storms, wat steeds hoe langer hoe meer druk op my uitoefen en gedreig het om my te begrawe, tog soveel krag gehad het en my hart altyd so suiwer moontlik gehou het vir die aan my geopenbaarde JaHWeH (dit wil sê heel in die geheim deur my moeder Zilla)!

15. Jy kan dit werklik glo: Ofskoon ek `n werklik armsalige, ongelukkige dogter is van die uiters ongelukkige vader, wie se waansin alle begrip ten bowe gaan, het ek in my hart tog nooit iets anders liefgehad as die aan my bekend gemaakte JaHWeH, die heilige Skepper van alle dinge, alle diere en alle mense!

16. O liewe, wonderlike vriend, jy kan dit beslis van my aanneem noudat ek vir die eerste maal op hierdie heilige hoogte so `n wonderlike, groot en wye uitsig geniet oor die onbeskryflike wonderwerke van hierdie JaHWeH en dit nog wel in my allerdiepste onwaardigheid, - wat nou heeltemal gedaan is met my hart!

17. Ja, - ek sou nou wel wil sterf van liefde tot hierdie onuitspreeklike wonderbaarlike hemelse, heilige JaHWeH van my!

18. O liewe, wonderlike vriend, sien, ek sou jou graag iets eg sinvol wil sê oor hoe baie ek JaHWeH bemin; maar waar moet ek dit vandaan haal? Ek mag immers nooit iets geleer het nie, - sodat veral die ongelukkige skoonheid van my liggaam nie daaronder sou gely het nie.

19. As ek my moeder Zilla nie aan my kant gehad het nie, dan het my harde vader dink ek, my nie eens laat leer praat nie!

20. Daarom maar geduld met my; al is ek ook nie meer so jonk as wat ek nog daaruit sien nie, my hart is tog nog so ontvanklik, al was ek nouliks dertig jaar oud!

21. O liewe, wonderlike vriend! As die heilige JaHWeH nou êrens vandaan sal kom, laat ek Hom dan net gedurende `n enkele oomblik aansien, as jy dit kan doen!

22. O, was ek so `n barmhartigheid tog maar enigsins waardig!"

23. Hier kon sy nie meer verder praat nie en groot trane rol daar oor haar mooi wange en uit haar oë straal die vurigste liefde, wat hewig verlang; soseer het sy te kampe met vreugde en vrees, dat sy oor haar hele liggaam bewe.

24. Abedam roep egter daarop vir Hored na Hom toe en sê vir hom: "Hored, jy seun van die verligtende môre, sien, hier is `n verlate kind van die wêreld uit die laagte! Sy bewe van groot liefde en verlange, vrees en vreugde na JaHWeH, - maar jy as seun van die môre laat alles onberoerd, en jy het daarenteen menige jaloerse blik op My gewerp!

25. Ek sê jou daarom, dat Ek `n Heer is en hierdie edele vroulike plant nou van jou sal afneem en haar verplant na `n ander tuin. Jy sal haar nie meer verder te siene kry nie, omdat jy My, as gevolg van jou egoïstiese jaloesie, kon vergeet het, terwyl Ek jou laat red het van die ondergang, veroorsaak deur jou groot wellustige dwaasheid.

26. Jy ken die ou wet van die vaders, was self deur hulle tot leraar benoem - sê My: Is dit die vrug van jou amp? Welke giftige insek het jou sodanig verwond dat jou hart hom in die van `n tier verander het?

27. Ken jy My, ken jy God?! - Kyk na Naëhme, sy vermoed hier in My teenwoordigheid, in wie se nabyheid sy haar bevind!

28. Jy staan egter hier voor jou God en Skepper, en is stommer as `n blok hout!

29. Gaan na die grot toe en ondersoek of jou hart tot berou in staat is; want Ek wat dit nou Self vir jou sê, is die sigbare JaHWeH, God van die Ewigheid, Self."

30. Hier val Hored neer, asof deur die bliksem getref.

31. Maar Naëhme val dadelik op haar knieë neer, bewe en huil, en sê ten slotte met bewende stem:

32. "O JaHWeH, wees my arme sondares barmhartig en betoon medelye!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205