|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 70
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Juribaël se woorde oor die grootsheid van die mens as kind van God. Die visioen van Juribaël: Die tallose, eindeloos groeiende kringe van die een lewenssiklus
70 Na die woorde roep Abedam vir Juribaël na Hom toe en vra hom, net soos die ander, naamlik:
2. “Juribaël, soos die ander dit gedoen het, moet jy dit nou ook doen en vertel aan ons almal wat jy alles in jou gehoor en gesien en gevoel het!”
3. En Juribaël stap vol eerbied uit die kring van sy broers tot voor Abedam en begin onder die uitstort van sy werklike liefde, as volg tot My te spreek:
4. “O heilige, mees liefdevolle, onuitspreeklik hoë, goeie Vader! Sien, ek, `n nietige wurm ten opsigte van U, lê hier vol diepe eerbied en met die innigste boetvaardige deemoed van my hart voor U, heilige Vader!
5. U het my nou uit my slaap in die lewe geroep, - ja in die ware, wakker, vrye lewe van U oneindige vaderliefde het U my geroep, en U het van die suf, blinde wurm, bestuif met die stof van hierdie aarde, `n vry mens gemaak, wat met sy oë in die verre ewighede kan sien soos `n eindelose reeks van kringe, maar kringe vol onsterflikheid, en wat hulle in elkeen van die ewige kringe steeds meer verheerlik sien en op U, o heilige Vader, steeds meer lykend en U steeds nader!
6. Maar nie net tot `n onsterflike mens nie, maar tot nog meer, ja tot nog oneindig veel meer as alleen tot `n onsterflike mens het U die stowwerige wurm van die aarde, van die moeder van alle stof, gemaak!
7. Ag, wie kan die eindelose grootte van U vaderliefde bevat?!
8. Want die stowwerige wurm, die swak, sondige mens mag U, ewige, heilige God, “Liewe Vader” noem!
9. O Vader, - tot U kinders het U ons gemaak!
10. Heilige Vader, ek kan U aanbid, U loof en prys; ek kan U my lewe lank roem uit al die kragte deur U aan my verleen; ek kan vir U oral offers brand waarheen my oog hom ook maar mog wend; ek kan U sodanig hoog ag dat, met die allergrootste eerbied wat vir my maar moontlik is, my gees haar onder die allerlaatste, onderste en onbeduidendste skeppings sou kan verberg; ja ek kan U bemin met al die geweld van die liefde in my; ja, dit kan ek alles vir U doen, my almagtige Skepper, vir U, my heilige, groot God!
11. Want solank as wat U maar `n Skepper vir my was, `n ewige, oneindige God, solank bestaan daar tussen my en U geen ander verhouding van my kant nie as alleen die volledige nikswees van my ten opsigte van U en U oneindige totaliteit in alle mag van U goddelike wese teenoor, soos reeds gesê, my volslae nietigheid!
12. Maar wanneer ek U “Vader” noem, o heilige Vader, dan verander al die eerdergenoemde verhoudings; geluksalige vreugde omstraal dan my hart, en my gees beef, ontroer deur `n onuitspreeklik grootse vermoede, en in my bly dan slegs `n magtige gevoel oor, en dit is die liefde, die enige suiwer in U heilige liefde, o Vader, ja, `n heilige liefde, omdat sy alleen maar in staat is om net vir U, heilige Vader, te bemin!
13. Dit is dan ook alles wat ek U kan gee. In hierdie liefde vergeet ek selfs alle aanbidding, alle dank, alle lof, alle offers en verering, wat U as die ewige God tog toekom, en alle roem en lofprysing van U oneindige heerlikhede; en waarlik, dan het ek niks anders voor my nie, as alleen U, o heilige Vader, dan roep ek alleen maar “Vader”, dink aan niks nie as alleen aan U, heilige Vader!
14. Vergeef my nou dan ook, liewe, heilige Vader, dat ek nie in staat is om U te dank, U te loof en te prys nie, want my hart is te veel vervul met magtige liefde vir U; daarom kan ek nou dan ook niks anders doen as om net vir U bo alles lief te hê nie!
15. O Vader, omdat my tong deur die buitengewoon groot liefde in my hart vir U in die geheel nie by magte is om hom te beweeg om te bid of om U Naam te roem nie, aangesien al my krag homself in my hart in die liefde tot U verenig het, vergeef my daarom reeds by voorbaat; want my verhaal sal seker ontsettend stokkerig uitval!
16. Tot groot geluk van my nou geheel onbeholpe tong het ek in hierdie sawwerige bekentenis, reeds die meeste weergegee, van dit wat ek ondervind en gevoel het en nog voel en waarlik ewig sal voel en voeg nog net die droomgesig hieraan toe, wat as volg daaruit sien:
17. Toe ek daaroor nadink dat U ons aller heilige Vader is, en dat U ons deur U oneindige liefde tot U kinders gemaak het, - sien, toe word dit skielik uitermate lig in my en wel so, dat ek my innerlike net so kon bekyk as wanneer mens die bodem van `n rustige, aller suiwerste drinkplek aanskou.
18. Maar by hierdie beskouing het dit nie lank gebly nie. Want baie spoedig ontdek ek my hart en in die middel van my hart `n buitengewoon sterk ligtende ring en hierdie ring of sirkel draai voortdurend rond. Ek dink: “Wat doen die ring daar?”
19. Toe ek dit nog maar nouliks gedink het, word die ring plotseling, net soos die kringe in die water, wyer en brei hulle ver buite my wese uit tot `n eindeloos groot kring waar ek my geheel alleen midde-in bevind het.
20. Maar ook dit het nie lank geduur nie. Want baie vinnig los die kring hom op in eindeloos baie kringe, wat hulle aldeur agtermekaar aaneen sluit en steeds groter en groter word, en steeds helderder straal. En ek sien in die middel van elke kring myself steeds luisterryker, stralender en groter en kragtiger en in `n eindelose diep diepte, waar geen einde kom aan die steeds groter, ja eindeloos groter wordende kringe nie, sien ek `n onmeetlike groot en helder lig; en toe ek intenser en skerper na die lig tuur, sien ek opeens dat U, o heilige Vader, in dié lig daardie lig Self was!
21. En deur al hierdie eindelose baie kringe voel ek toe `n sagte waai en daardie waai het van U uitgegaan.
22. En ek het die waai verstaan. Dit het hom as `n goed verstaanbare woord in my openbaar; en daarom het ek daardie waai verstaan.
23. En dit spreek: “Kyk, dit is die weg van die liefde wat die ewige lewe binnegaan en daardeur tot My, jou ewige, heilige God en mees liefdevolle Vader!”
24. En daarop verstom alles skielik en kom daar `n einde aan my visioen.
25. En so eindig ek ook; want dit is alles wat ek gesien, gevoel en verneem het.
26. O Vader, liewe, heilige Vader, neem dit barmhartiglik op en verstoot nie my hart wat U seker nog hoogs onvolkome bemin nie, maar gee my die krag om U steeds inniger en meer volkome lief te hê, ewig, ewig, ewig ! Amen.”
|
|
|
|
|