Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog regverdig die moeilike leer en profete amp.

144. Hierop besin Henog homself vir `n kort tyd en sê toe aan Abedam: "Broer, jy het beslis nie ongelyk nie; maar wat my betref dink ek, dat dit op hierdie wêreld eintlik nie oor behaaglikheid gaan nie, waarmee die een of die ander amp verbonde sou moet of kan wees nie, maar alleen oor die wil van die Heer en die ware deemoed van ons hart!

2. Want ofskoon dit waar is dat `n leraar en `n profeet in feite meer geag word as wat hulle geliefd is, is dit andersyds ook weer waar dat hulle juis daardeur meer as ander dan ook binne die perke van die deemoed gehou word.

3. Want dit is nou eenmaal `n feit dat in die grond van die saak die liefde `n allerhoogste graad van hoogagting is van hoeverre mense liefhet, waarvan die sogenaamde agting vir die amp dan slegs `n vonk is.

4. Want vir dit wat mens waaragtig liefhet, gaan mens ook deur die vuur; maar wat jy net ag terwille van die amp, dit gebruik jy net as beskerming as daar byvoorbeeld, `n gevaar sou opduik.

5. Daarom meen ek van my kant: As die heilige, liefdevolle Vader ons alleen vir die behaaglikheid wou aanstel, dan hoef Hy ons almal, van Sy kant af, maar net deur Sy almag in diere te verander het, dan het Hy Sy doel, naamlik volkome behaaglikheid vir ons, met één slag bereik; alleen Hy, die allerhoogste en mees volkome Liefde en Wysheid, het met ons, soos wat Hy dit Self aan ons almal getoon het, `n hoër plan voor oë, as net stomme behaaglikheid.

6. Daarom het Hy ook Sy wil aan ons bekendgemaak en aan elkeen van ons die amp van die liefde gegee, maar aan die minderheid daarby ook nog die minder belangrike amp van die wysheid.

7. Wanneer ons met gevolg as sodanig juis ook nie soveel liefde van ons broer en susters te verwagte het as dit onder mekaar nie, dan beteken dit nou nie bepaald dat ons ongelukkig is nie; want in die geval het ons dan tog die mooiste geleentheid om hulle meer lief te hê en dus te ag, as hulle vir ons, - en dit is tog immers ook die wil van die Heer.

8. Wat is nou beter: Om gelukkig te maak of om gelukkig gemaak te word, - te gee of te neem?!

9. Daarom dink ek wederom dat dit slegs van onsself afhang hoe ons dit in ons hart ontvang, óf uit ware liefde tot ons broer voor God, óf gedwonge deur die regtersamp wat voorheen ons enigste deel was, - en ons almal kan dan heeltemal verseker wees daarvan dat Hy, die meer as goeie Vader, geen ysterjuk op die skouers van ons kindertjies gelê het nie!

10. Laat ons dus maar hoogs dankbaar bly en deemoedig van hart, waartoe Hy ons geroep het! Want ons kan almal daarvan verseker wees dat Hy, die allersuiwerste Liefde en die allerhoogste Wysheid, `n dergelike amp nie tot ons verderf gegee het nie, maar slegs vir die ewige welsyn van ons en van al ons vaders, moeders, broers en susters; daarom kom Hom alleen, alle liefde en alle lofprysing van ons almal toe!

11. Sien, broer, dit is my mening! Maar omdat dit vandag die dag van geskille is en tot nou toe nog nie één twissoeker verskyn het nie, kan jy wel met my twis; want ek wil geen onfeilbare opperpriester wees nie, maar ek wil dat ek ook elke woord van `n broer teenoor die van myne sal stel, - behalwe wanneer God se Gees uit my spreek, omdat ons woorde ten opsigte daarvan natuurlik hol klanke is! Daarom mag jy nou wel iets teen my inbring, as jy iets het; want dit was alleen maar my eie woorde!"

12. Abedam was totaal oorbluf deur hierdie woorde van Henog, val hom om die hals en sê ten slotte: "Ja, ja, liewe broer, jy het net volkome gelyk! Die Heer is heeltemal met jou; maar ek is altyd dom, deur en deur! O, ek kan nou wel uit my vel spring van ergernis oor my hardnekkige domheid!

13. Sal dit dan nooit heeltemal dag in my hart word nie? - Sê dit maar net vir my, liewe broer!

14. Nee, maar dit is onbegryplik met welke rustigheid ek my domheid vantevore blootgelê het en ek wou jou in `n sekere sin in my dwaasheid na benede trek en jou onderrig!

15. O, o, ek groot domkop! Ek sou Henog `n les gee! - Broer, vergeef my arme, domme dwaas!

16. Bedink wel daarby, dat ek presies so gepraat het, soos wat ek dit verstaan het!"

17. En Henog antwoord hom: "O broer, wees gerus! Ook jou woord het goeie grond, - en myne het daaruit voortgevloei; daarom sal dit ook bly bestaan, en net soos myne tot aan die einde van tye bewaar sal word. Wees daarom gerus; want daar sal ook leraars en profete geliefd wees, wanneer hulle lewe volgens die wil van God, die Vader! - Begryp jy dit?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205