Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 220

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

God as die oneindige Liefde en Wysheid is die ewige Waarheid. Die bestemming van die mens

220 Na hierdie woorde van Henog slaan alle aanwesiges hulle op hulle bors en die een sê vir die ander: "Wat se toespraak en wat se woorde was dit nie!

2. O waarheid, ewig heilige waarheid, die weg na jou is, vir diegene wat jou nie ken nie, onuitspreeklik moeilik te vind!

3. As jy egter die vermoeide wandelaar tegemoet kom, dan is jy dadelik so herkenbaar vir hom, soos wat die opgaande son vir elke oog herkenbaar is!

4. Ja, `n mens kan nou dink wat `n mens wil, daar is beslis geen ander sin te vind, wat ook maar langs hierdie sou kan bestaan nie!

5. Daarom is daar maar één waarheid: God is hierdie ewige waarheid, en dit word aangetoon deur die enige ware verhouding tussen Hom en die mens en dit sê dat dit die liefde is!

6. Maar kan die beste en suiwerste verstand miskien ook `n ander verhouding vind?

7. Nee, ons weet immers dat alle werke van die menslike verstand uit suiwer versplintering bestaan en uiteindelik tot vernietiging lei.

8. Ons is soekende, tastende bouende, verbouende, afbrekende en vernietigende planmakers; ons wil steeds iets nuuts, steeds iets beter en volmaakter bou; en vergeet, terwyl ons so besig is, geheel en al dat ons onsself nooit kan oortref en dus al ons werke niks anders kan wees as slegs wat daaraan ten grondslag lê: Ons verstand!

9. Ons sien onmiddellik die dwaashede van ander; maar ons is nie in staat om ons eie dwaashede te sien nie, wat baie groter is.

10. En dit gebeur alles, deurdat ons nog nooit `n volle waarheid gesien het nie.

11. Maar nou het hierdie magtige vriend van God ons die suiwerste waarheid getoon! Daardeur is ons ook in staat om met één slag al ons groot en growwe dwaashede te herken; want die liefde is immers die enige in die mens wat hom byeenbring en byeen hou, - die enige waardeur nog elkeen van sy gedagtes verwesenlik word!

12. Ja, die liefde is die klaarblyklike grondvoorwaarde van al wat is en dus ook van al wat word; ja, sy is - in feite die eintlike bestaan self; sy is die enigste realiteit, dus die enigste waarheid! En dit het ons eeue lank ontgaan?!

13. Ja, groot, magtige vriend en waaragtige, enige hoëpriester van God, jy het volkome gelyk, omdat die liefde die enigste werklike realiteit is, die enigste ware is en sowel die eintlike wese van God en derhalwe ook ons eintlike wese volkome uit Hom.

14. Wat kan ons Hom dan anders bied as slegs dit wat as enigste vir Hom iets beteken, naamlik die liefde, dit wil sê al ons liefde, omdat alles van ons immers ook van God se liefde afkomstig is!

15. Neem daarom as ons volste en stelligste versekering aan, dat ons dit uit alle mag sal en wil doen; en mag God ons soos tot nou toe, barmhartig en vol medelye wees!

16. Geloof en bowenal geliefd is Sy heilige Naam!"

17. En Henog sê: "Amen! Ewig sy die heilige, allerliefdevolste Vader geloof en bemin deur ons almal, Hy wat ons reeds bemin het, nog voordat ons bestaan het; want as dit nie so was nie, dan sou daar nooit iets geskape gewees het nie!

18. God as die ewige, oneindige Liefde en Wysheid, dus die ewige Waarheid, sien sedert ewigheid dat die werke van sy liefde goed was, is en ewig sal bly; daarom dra die ou aarde ons nog, en die ou son skenk ons steeds dieselfde wonderlike lig!

19. Die mens word nou neergesit vir sy hoogste voltooiing op hierdie nou sirkel; dit is weliswaar nou, maar des te magtiger gevul met God se liefde.

20. Mag daarom almal in hierdie klein sirkel van liefde sien dat God die liefde is; herken met liefde die liefde, dan sal hierdie liefde `n magtige vuur word wat weldra die klein sirkel sal laat oopbars!

21. En julle sal dan vry na buite tree in die oneindige sirkel van die goddelike liefde, barmhartigheid en erbarming en sal daar `n lewe leef, wat heet: 'Wees volkome soos wat Ek, julle Vader, dit is!'

22. En laat ons nou `n eetmaal tot ons neem, broer Lameg! Laat ons, soos wat ons hier tesame is, ook gemeenskaplik `n maaltyd hou!

23. Lei ons dus na die eetsaal! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205