Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Adam sien sy dwaasheid in; sy berou en ommekeer

43 Eers toe Adam die woorde uit die mond van Pariholi gehoor het, begin hy oor homself na te dink en hy sien toe ook volkome in hoe groot die verborge sonde vir God nog in hom was, waardeur die hoë Abedam ook nie by Adam se mandjie wou gaan sit het nie en hy word hom ook bewus van die groot onbarmhartigheid waarin hy hom gestort het, deurdat hy, naas God, ook self vereer wou word as ongebore mens.

2. Dit sien hy nou in; maar behalwe die insig het hy ook die vraag in sy hart: Hoe kan ek nou hierdie onsinnige smet voor die oë van die Heer uit my lewe wis?

3. Wie sal my nou red en wie my bewaar, dat ek nie verstik in die diep slyk van hierdie ongehoorde skande nie, nou in die aangesig van my God en van al my kinders?!

4. Na hierdie gedagtes wend hy (Adam) hom tot die bode Pariholi en sê vir hom: "Pariholi, jy het vantevore baie goed oor die vinnige ommekeer gepraat; maar as ek jou mag vra: Hoe is dit vir iemand, wat hom onuitspreeklik ver van God afgewend het, so eenvoudigweg moontlik?

5. Welke bevredigende antwoord kan jy my daarop gee? Maar besef wel hoe onmeetlik diep ek nou in aller erbarmlikheid geval het!

6. O jy, rampsaligste en skandaligste gedagte, en ten opsigte van my God, onwaardigste gedagte!

7. O ellendige voorverbranding, wie het jou ooit in my hart gestop, sodat ek opdrag daartoe moes gee, om nou vervolgens my ondergang tegemoet te gaan?!

8. O son, versnel jou gang, sodat jou strale nie te lank meer my te groot skande voor die hele aarde moet verlig nie!

9. O Pariholi, waar het jy nou `n woord van troos? Wat kan jy vir my sê wat my ooit weer sou kon oprig in God se oë? Waar is nou die moontlike vinnige ommekeer waaroor jy gespreek het? Wat kan jy my nou sê en wat kan jy my gee, sodat ek nie geheel ten gronde gaan in die bomatige skande wat my gevange hou, tot in die mees inwendige wortel van my allerellendigste lewe nie?

10. Pariholi, o spreek, spreek, spreek nou as jy kan, mag en wil!

11. Bedek my aangesig met die stem van jou hart, sodat dit nie al te veel blootgestel is aan die oog van Die Een wat nou in ons midde vertoef nie!"

12. En daarop antwoord Pariholi: "O vader Adam, luister dan in die Naam van jou en my God JaHWeH, wat gewyd, meer as gewyd nou in die midde van ons sigbaar is vir die oog van elke kind wat ook nog so onvolmaak is.

13. Hoe kan jy nou nog vra na die moontlikheid van die vinnige ommekeer, jy was tog immers die eerste vry asemhalende getuie van Sy eindelose erbarming en ken dus JaHWeH se eindelose liefde baie honderde jare langer as ek, en tog kan jy my nog daarna vra?

14. Sien, dat jy driehonderd jaar lank gebied het om altyd eers die vuur voor te brand om geëer te word deur ons kinders, was tog juis `n verborge dwaasheid in jou hart ten opsigte van God! Hy het jou gesien smag onder die swaar druk van dergelike las en het Hom daarom nou ten seerste oor jou ontferm en het hierdie drukkende las van jou hart geneem en het jou nou heeltemal vrygemaak.

15. Hoe kan jy, ou vader, wat ons allereerste leermeester was, dan nou nog vra na die moontlikheid van `n vinnige ommekeer, terwyl Hy jou reeds laat omkeer het, lank voordat jy nog maar daaraan gedink het wat daar agter jou voorbrand mag skuil?!

16. Waarom is jy nou in jou hart vererg daaroor, wanneer die Heer, die Heilige Vader, `n enorme verborge euwel, met geweld uit jou hart trek?

17. Of dink jy dalk dat Hy jou ten gronde wil rig terwyl Hy jou juis so barmhartiglik oprig?

18. O vader, - kyk na die heilige plek daar; kyk na Sy oë, Sy mond, kyk na Sy so vaderlik liefdevol en vriendelik wyd uitgestrekte arms! Welke allergrootste liefde straal daar nie van Sy mees heilige gesig na jou toe nie, vader Adam! En dan kan jy tog nog vra na die moontlikheid van `n vinnige ommekeer!

19. O vader, dit sou nie vir my moontlik wees om jou nog meer daaroor te sê, in die mees heilige aanwesigheid van Die Een wat jou vanuit elke haar van Sy hoof baie luid toeroep:

20. 'Adam, My seun, waarom talm jy so lank en werp jy jou nie in die ope arms van jou ewige, mees heilige Vader, wie se eindelose liefde haar reeds ewighede lank met jou besighou nie?!'

21. O vader Adam, begryp jy dalk nog nie die woorde nie?"

22. Maar Adam spring na hierdie woorde, gloeiend van vreugde op en omarm Pariholi. Daarna sê hy vir hom: "O Pariholi, wie het jou sulke woorde laat spreek?

23. Waarlik, nie die diep aand het hierdie hemelse vrug in jou tot rypheid gebring nie!

24. Laat ons beide daarom na Hom toe draf en Hom omvou met die ligste vlamme van ons liefde; want waarlik waar, nou het Hy in my hart die voor en die navuur ontsteek! Nog nooit het ek so `n liefdesdrang ondervind as juis nou nie; laat ons daarom na Hom toe gaan, - na Hom, die liefdevolste, mees heilige Vader! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205