Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Kenan se loon vir sy lied: Die onsterflikheid. Die essensie van die lewe en die dood.

130. Net nadat Kenan sy lied gesing het, bied Abedam hom Sy hand en sê aan hom:

2. "Kenan, sien hier die pand van My trou, hierdie Hand hier; Sy is `n ewige oneindige loot, ja `n sterk tak van die liefde in My of die groot daadwerklike Liefde Self!

3. Ek reik haar na jou uit en daarmee die lewe van alle lewe; neem haar en leef vir ewig!

4. Eers nou het jy meester van jou liggaam geword en jy kan nou in hierdie aardse huis (liggaam) uit en ingaan volgens eie begeerte.

5. Wil jy uit liefde vir My en vir jou mense nog langer daarin bly, Ek sê vir jou, dit staan jou vry.

6. Wil jy egter liewer uit jou liggaam tree permanent of slegs tydelik, - sien, ook dit staan jou volkome vry!

7. Want waarlik, Ek sê vir jou, van nou af aan sal jy die dood nie meer sien nie, nóg voel, nóg ervaar, want die lewe is meester van die dood, egter nie omgekeerd nie.

8. Hoe sou die dood ooit meester van die lewe wees, waar dit hom aan alle vryheid ontbreek en dus self slegs deur `n vry lewe, gevange lewe is, vasgekluister in alle dele van sy wese?!

9. Selfs die lewe van die liggaam is die dood of die gekluisterde of van alle ware vryheid beroofde lewe!

10. En wie, soos jy nou, in sy liggaam oor die vlees geseëvier het en dit in al sy dele skatpligtig gemaak het, het hy nie volledig meester oor alle dood geword nie?!

11. En wanneer hy so `n meester geword het oor die dood, en wel volkome van kop tot toon, hoe sou hy dan ooit nog die dood kan smaak, voel, en sien?!

12. Ek sê vir jou en julle almal: Wie se oë so versterk is dat dit alle dinge wat eindeloos ver af staan van die dood, onthul kan sien, wie se swak oog geen vermoede het van wat en hoe die dinge in en met homself is nie, die sien dit alles reeds volkome vanuit sy lewe en sien dit eintlik in sy lewe self.

13. En wie dit in en uit homself kan sien, kan dit tog seker nie vanuit sy dood nie, maar alleen vanuit sy lewe sien.

14. Hoe seker en stellig is hy dan ook van die lewe, wanneer hy daarmee tot deel van die lewe self geword het!

15. Wees jy nou ook, My geliefde Kenan, volkome seker van die lewe, dat jy nou deur jou liefde vir My en daardeur tot die enigste ware lewe self deelagtig geword het!

16. Want van nou af aan sal geen ewigheid meer in staat wees om dit van jou af te neem nie, omdat jy self, soos gesê is, nou `n lewe vanuit My in jouself geword het.

17. En net soos Ek `n Heer is oor alle lewe en dus nog des te meer oor alle dood, is elkeen, ook jy en elkeen wat soos jy is vanuit My, in homself `n volkome meester van sy lewe en derhalwe ook des te meer oor die dood self.

18. Wie van julle het ooit gesien dat die stof, wat in die pad en in die veld lê, ooit wind veroorsaak het?!

19. Sou dit kan, dan sou julle dit ook reeds dikwels in julle goed geslote vertrekke waargeneem het, want daar lê ook dikwels heelwat stof!

20. Wanneer die vrye wind egter kom, dan lig hy die stof op van die pad en die velde en dra dit al draaiend met homself saam waarheen hy gaan en waarheen hy wil, omdat hy `n vrye krag is en die stof kan hom nie die weg versper of hom selfs tot stilstand bring nie.

21. Die wind kan egter wel die stof laat val, waar en wanneer hy wil!

22. Sien, presies so is dit ook met die lewe; dit gaan vry voort en waar dit heengaan, het dit alom en in al sy dele die volkome heerskappy oor die dood!

23. Dit kan die dood tot meelewe opwek; maar as die (wind) hom wil laat val, dan kan hy dit net so vry doen as om hom op te wek tot meelewe.

24. En so is jy ook op hierdie manier `n meester oor jou vlees.

25. Solank jy dit wil opwek om mee te lewe, sal dit ook met jou lewe.

26. Maar wil jy dit tydelik of vir altyd laat val, dan staan dit jou ook vry, omdat jy nou geheel en al lewe geword het en dit ook ewig steeds sal bly! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205