Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die gesprek tussen Kisehel en die snuiwende Lameg. Lameg se onvrywillige driedaagse eensaamheid op die plek van die teregstelling voor die stad

181 En Kisehel antwoord Lameg op sy koninklike toespraak: “Luister, Lameg, jy het gelyk dat jy dit soos `n koning van my en ons almal verlang; maar sê my, wat ons dan soos waaragtige bodes van die allerhoogste en mees heilige God van jou moet verlang. Ons het jou immers deur dade en woorde afdoende bewys, dat ons in waarheid is, wie ons sê ons is!

2. Hoe voel jou eerste aanhef waarmee jy ons soos `n koning aangespreek het, naamlik “gebergtedier”, te rym met ons goddelike sending? Hoe die eerste versperring van die trappe voor ons, hoe in alle opsigte iedere bejeëning van jou kant ten opsigte van ons, nadat jy al lankal gesien het, hoe dit met ons gesteld was? - Gee ons `n koninklike opheldering daaroor!

3. As jy dit kan regverdig, dan sal ek elke woord terugneem en al jou toegevoegde leed weer ryklik goedmaak; wees volkome verseker daarvan! 

4. Maar o wee, as jy dit nie kan nie! Want jy het jou op God beroep, - op God, sê ek jou, Wie jy met woord en daad vervloek het, en jy het jou soos die grootste wetsoortreder in die orde van Sy ewige, onaantasbare gewydheid geplaas om ons, wie werklik in die orde van Sy gewydheid geplaas is, in jou bose hart om die een of ander skynrede te kan verdoem!

5. Weet daarom goed wat jy ter regverdiging sê, - anders, soos gesê, sal dit sleg gaan met jou!

6. Ek sê vir jou, daarvoor sal die eerste slag van die goddelike tugroede oor jou kom! Dus, praat! Amen.”

7. En Lameg gaan brutaal vlak voor Kisehel staan en rig die volgende woorde tot hom: “Dink jy dalk dat Lameg hom voor jou dreiging sal buig? Nooit as te nimmer nie!

8. Daarom sal koning Lameg jou ook heeltemal geen regverdiging bied vir sy woorde nie, want Lameg vrees geen dood en sodoende ook geen God nie en jou gladnie, ook al was jy met `n nog duisend maal groter mag toegerus as wat jy nou al is, as afgesant van JaHWeH!

9. Wil jy my met vurige roedes slaan, doen dit dan tot die dood daarop volg! My lewe kan jy van my afneem, maar my gedagtes en my wil nooit as te nimmer nie, solank ek leef; dit sweer ek jou by my eer as koning!

10. Wil jy my tydelik of vir ewig met die grootste pyne pla, dan sal jy daardeur alleen maar my boosheid voed, maar sekerlik nie laat afneem nie. En my wil sal bly soos dit nou is, vas en onbuigsaam, selfs deur die laste van die wêreld. Jy sal sien dat die wil van `n god hom wel laat buig, maar die van Lameg nie!

11. Trek gloeiende slange deur my liggaam, en gooi my in witwarm erts, dan sal ek jou en julle God maar net meer vervloek! Maar as jy my wil buig, vernietig my dan; want as ek heeltemal nie meer daar is nie, sal dit met die onbuigsaamheid van my wil ook wel gedaan wees!

12. Ten slotte moet ek jou nog sê dat ook vir Lameg, nog ander kragte ten dienste staan, waarvan hy dit tot nou toe nog nie nodig gevind het om hulle toe te pas nie, soos jy dit met die van julle gedoen het; maar as jy hom te na kom, sal hy jou graag laat sien hoe dit met sy goddelikheid gesteld is!

13. Ek raai jou daarom aan om my koningsstad binne drie dae uiterlik te verlaat, - anders sal dit baie sleg met julle gaan!

14. Jy het weliswaar reeds “Wee jou” oor my uitgeroep; ek as koning het dit uit suiwer oorweging nog nie gedoen nie, omdat ek ten eerste by myself gedink het: “In my wette is jy nie ingewy en derhalwe ook nie strafbaar nie, behalwe dat jy wel afgeskrik kan word!”, - en ten tweede het ek ook gedink: “Dit is immers dan ook ek en my volk, kinders van Adam en vir die eerste keer in my stad, nog ru en onbeskaafd; daarom wil ek hulle ook solank moontlik spaar!”

15. Maar noudat ek sien dat jy hardnekkig daarop staan, om my, die koning, tot slaaf van jou grille te maak, roep ook ek nou `n kragtige “Wee” oor jou uit, indien jy, soos gesê, my koningsstad nie binne drie dae vir goed verlaat nie!

16. Verdwyn dus van hier; want van nou af aan sal Lameg geen vrae meer stel en geen antwoord meer gee nie. En vir ingeval julle ongehoorsaam is, sal hy weet om die korrekte middel te vind om boosdoeners soos julle op uiters gevoelige wyse te tugtig.

17. Begryp dit goed, en verdwyn!”

18. En Kisehel sê daarop: “Goed, dit sal gebeur soos jy gesê het! - Luister, vrouens en meisies, en ook julle wapenknegte en al die volk! Verlaat hierdie plek saam met ons; Lameg sal alleen hier agterbly en die goddelike tugroede gedurende drie dae ondergaan! 

19. Miskien is ons na die tyd meer welkom by hom as vandag! Laat dit geskied!”

20. En almal verlaat hierdie plek en gaan vrolik saam met die drietal na die stad terug; slegs Lameg was pynlik geboei en kon nie van sy plek af kom nie, en niemand in die hele stad word deur die drietal toegestaan om gedurende die drie dae in die nabyheid van die plek te kom nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205