|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 92
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die oggendstorm op die hoogtes. Die oggendseën van die Heer
92 Die vaders rus nog ongeveer `n halfuur en Adam sluit sy oë so dig as wat hy maar kon, om tog veral geen straaltjie meer van die valse daglig in hom op te neem nie.
2. Toe dié halfuur nou verby was, kom daar opeens `n buitengewone heftige storm. Windvlae ontwortel die dikste en kragtigste bome. Duisende bliksemstrale flits deur die lug en op die naburige berge maak die magtige vuursuile groot rotsblokke los van hulle fondamente en slinger dit soos ligte kaf in die wind.
3. Die voortdurende geknetter van die bliksems boesem vir Adam `n oormatige angs in en totaal bevrees dink hy in stilte by homself: “My God en my Heer, my geliefde heilige Vader! As die groot vyand van U, die Leviatan, hierdie magtige slang van die verderf, nou stellig tog nog die geluk het om te slim te wees vir U, en terwyl U hier seënend te midde van ons vertoef, homself op die troon van U ewige gewydheid gewerp het, wat moet ons dan doen?
4. Wat sal dan met U heilige beloftes gebeur?
5. As U, o heilige, liewe Vader, deur die Satan uit U mag ontset is, wat sal daar dan met ons gebeur?
6. Die woede van die elemente teen ons is verseker `n teken dat die uitermate groot boosheid van die Satan sukses gehad het!
7. O Vader, Vader! Wat sal daar dan van ons word?!”
8. Sien, in sulke gedagtes was Adam begrawe en aangesien Ek My nog nie beweeg het nie, lyk dit vir hom nou ook baie waarskynlik, dat Ek saam met hom en alle kinders `n gevangene van die Satan geword het, waarop hy ten slotte sy oë weer oopmaak en ontsettend angstig na My kyk, of Ek nog daar was en of die kinders niks oorgekom het nie.
9. Maar toe hy nou sy oë oopmaak, skrik hy nog veel erger van die verwoestende aanblik van vuur en storm; want dit kom vir hom voor asof hy verwoeste, brandende berge deur die lug sien vlieg en hier en daar met baie lawaai `n nog brandende stuk op aarde sien neerstort.
10. As gevolg van dié verskynsel skreeu hy (Adam) weldra, My roepend, uit: “Abedam, Abedam, heilige Vader, as U nog oor enige mag beskik, verhef U dan oor U en ons ergste vyand en dwing hom tot kalmte en besef van sy swakte ten opsigte van U, anders gaan ons immers almal ten gronde!”
11. Met dié geroep van Adam kom ook alle kinders orent en word deur die gruwelike aanblik, en deur Adam se onheilspellende woorde, met vrees en angs vervul, met uitsondering van Henog, Jared, Lameg en sy vrou Ghemela, Hored en Naëhme, Uranion, Gabiël en sy vrou Aora en hulle dogter Purista, Lamel, Pariholi en sy gesin, Sehel en Jorias en sy vrou Besela. En almal was, in `n sekere sin deur Adam aangesteek, ook deur sy gedagtes bevange en uiter hulle in hulle angs ook net soos Adam, met dieselfde woorde.
12. Toe Hored dieselfde uitings van alle kante gehoor het, wend hy hom op, spring van die grond af op en sê luid aan almal wie deur Adam se vrees bevange was:
13. “Vaders, broers, moeders en susters! Wat se uiters dwase vrees hou julle hart gevange en welke nog dwaser, ja werklik lasterlike woorde ontspruit uit julle tong!
14. Nog nooit was een van julle ooit soseer in gevaar om deur die Satan verslind te word as ek nie!
15. Wie het my toe so rasend vinnig aan die bek van die ondier ontruk?
16. Was dit nie Hy wie nou nog so hoogs liefdevol en seënend in ons midde vertoef nie? Was dit nie Hy, die almagtige, groot God, wie nou in Sy oneindige liefde aan ons almal die ware kindskap gegee het, dit wat elkeen tog sekerlik volledig uit die wonderbaarlike droomgesigte van die bodes kan opmaak?!
17. Hy, die almagtige, ewige, oneindige, heilige God sou Hom deur `n ellendige skepsel laat oorwin en ten slotte heeltemal ten gronde laat rig en vernietig?!
18. O aarde, bestaan daar wel `n hoekie waar nog onsinniger gedagtes as hierdie kan opkom?!
19. Luister, ek is maar `n swak mens soos julle; maar omdat ek, net soos julle, die magtige seën van Homself ontvang het, moet ek sê:
20. Waarlik, waarlik, Hy is my getuie. Met die krag van Sy seën in my, wat in vergelyking met Sy geringste asemtog, heeltemal niks voorstel nie, neem ek, luister, ek geheel alleen! - dit met honderdmaal honderdduisende van sulke onweermakende satans op, ook al sou elkeen van hulle nog hoeveel kere magtiger wees as die aantal wat deur my genoem is!
21. Maar as ek, die enigste sondaar onder julle, myself al so-iets toevertrou en ook daartoe in staat is, vra julleself dan af: Wat is dit dan wel wat julle harte met so `n onsinnige angs vervul? - O julle kleinhartiges!
22. Sodat julle egter insien hoe ontsettend onbeduidend en dwaas julle vrees is, gebied ek hierdie vreeslike vyand om te verdwyn na een of ander modderpoel in die diepte!
23. Sien, reeds heers oral seënryke rus! Waar is nou die bliksems, waar die vlieënde berge, waar die werwelende wind en die vuur, waar die swart wolke?
24. Maar kyk net daar, hoe heerlik die egte son reeds haar stralende opgang nader!”
25. Met hierdie woorde staan Abedam ook op; en Hored val uit oorgroot liefde aan Sy voete neer en bedank Hom vir so `n magtige seën.
26. Alle vaders staar asof versteend, nou eens na Hored, en dan weer na Abedam, en hulle weet geen raad nie.
27. Maar Abedam prys Hored en sê daarna aan almal: “Vrede sy met julle en mag My liefde My seën wees in julle en oor julle!
28. Staan almal op in die liefde tot My, en jy, Set, gaan sorg vir `n ryklike oggendmaal; maar laat almal ondertussen bedink, Wie Ek in julle midde is, en ontdoen julle van al julle dwase vrees! Na die maaltyd sal Ek julle laat sien hoe ydel julle vrees was. Amen.”
|
|
|
|
|