|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 190
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Sethlahem se opdrag aan die vrouens en meisies. Thubal-Kain se aankoms. Die gesprek tussen Kisehel en die ruwe Thubal-Kain
190 Toe almal voldoende versadig was, staan hulle op, dank My vir die gawe, en Sethlahem sê aan die vrouens en die meisies:
2. “Vrouens en meisies, versamel die reste en sit dit in `n mandjie, sodat die spoedig terugkerende vrouens ook hulle regte deel ter versadiging sal vind!
3. Neem die mandjies op en gaan daarmee na die stad! Bring alles in orde in die huis van Lameg en vee alle vertrekke, sodat hulle skoon is om die nuwe koning te ontvang, wie nou `n liewe broer van ons geword het! Gaan dus en doen wat julle opgedra is! Amen.”
4. En dadelik begin die vrouens en meisies met die werk wat aan hulle opgedra was en loof en prys My, omdat hulle waardig bevind was om deur My bodes aan die werk gesit te word.
5. Toe hierdie vrouens en meisies hulle na die stad begewe het, kom die ander drie ook reeds terug, met die ruie Thubal-Kain saam met `n groep sterk mynwerkers agter hulle, wie almal voorsien was van allerlei werktuie, wat hulle vir die mynbou nodig gehad het.
6. Toe hulle by Lameg aankom, neem Sethlahem die vrouens allereers onder sy hoede, bring hulle na die mandjie en sê dat hulle hulleself met spys en drank moes laaf en sterk. Toe die vrouens dit hoor, straal hulle gesigte van `n byna boaardse vreugde.
7. En hulle begin My luid te loof en te prys en sê daarna aan Sethlahem:
8. “O groot bode van die Een wie se Naam ons tonge nooit waardig sal wees om uit te spreek nie, is ons die barmhartigheid nog wel werd om hierdie spyse, wat julle sekerlik geseën het, tot ons te neem, en mag ons dit nog wel doen?”
9. En Sethlahem antwoord die drie vrouens: “As ek dit vir julle sê, waarom vra julle dan nog? Vra daarom nie meer nie, maar wees opgewek, en eet en drink in alle vreugde van julle harte!
10. Wanneer julle julleself versterk het, loof dan vir God, die Heer, neem vervolgens die mandjie op en gaan na die stad, en doen in die huis van Lameg wat die ander vrouens al daar doen! Amen.”
11. Met hierdie opdrag was die drie vrouens ook heeltemal tevrede, gaan na die mandjie en eet en drink; en nadat hulle God deur hulle groot vreugde in hulle harte geloof het, staan hulle op en haas hulle na die stad na die huis van Lameg.
12. Maar tegelykertyd, terwyl Sethlahem alles met die drie vrouens bespreek het, begin die enigsins bruuske onderhandelings van Kisehel en Lameg ook met Thubal-Kain.
13. Toe Thubal-Kain met sy groep voor Lameg en die bodes stilstaan, neem hy meteens `n swaar hamer van sy skouer af en slaan so geweldig op die grond daarmee, dat dit `n paar honderd meter in die omtrek bewe, en vra toe met `n ruwe stem:
14. “Vader Lameg, wat wil jy hê moet ek doen? Moet ek hierdie sewe groot berglummels dalk met my hamer te lyf gaan? Of het jy nuwe wapens nodig?
15. Of moet ek die toppe van die berge dalk ietwat verlaag? Sê, wat jy wil, dit sal ek doen!”
16. Maar Lameg kyk Thubal-Kain veelbetekenend aan en op Kisehel wysend sê hy: “Nie ek nie, maar hy daar sal jou sê wat jou te doen staan!
17. Spog nie te veel met jou swaar hamer nie, anders kan dit dalk net te swaar word vir jou!”
18. Hierop wend Thubal-Kain hom tot Kisehel en vra aan hom: “Waarom meld jy jou nie, as jy my laat roep het?! Is jy dalk so bang vir my, of verstaan jy nie my taal nie? – Praat hard, as jy tenminste kan praat!
19. Die vrouens het iets oor `n vonds van `n edelmetaal gesê; sê my wat aan die gang is daarmee?!”
20. En Kisehel rig hom op en sê op vraende wyse aan Thubal-Kain: “Sê my eers waarom jy so hard met jou hamer op die grond geslaan het en waarom jy ons “berglummels” genoem het, - dan eers sal ek jou sê wat ek wil! - Spreek dus! Amen.”
21. En Thubal-Kain vertrek sy gesig in duisend grimmige plooie en sê woedend, soos `n vonkereën uit `n smidsvuur: “Wat sê jy, ellendige skepsel?! Jou roofvoël van die mooi vrouens uit die stad van my vader?!
22. Sal ek jou skedel dadelik inslaan of dalk eers later?!
23. Kyk net hier, die parasietgespuis, afkomstig van die bergwande, wil selfs nog eerbetoon van ons hê?!
24. Dit sou werklik `n sonde van my hamer wees om so `n dom kop daarmee te verbrysel!”
25. Hierop wend hy hom tot sy handlangers en sê aan hulle: “Gaan weer terug saam met my; want vir sulke lummels is ons vakmanskap nie geskep nie!
26. Sodat jy, groot domkop, egter weet waarom ek jou `n “lummel” noem, sê ek jou: Omdat jy een is! En dit is ook jou groot geluk, want as jy ietwat minder dom was as wat jy van nature is of altans lyk, dan het jy, in plaas van dié antwoord, my hamer te proe gekry en sou jy kon sê hoe dit vir jou gesmaak het! - Begryp jy dit?!”
27. Daarop lê Thubal-Kain sy hamer weer op sy skouer en wou gaan.
28. Maar Kisehel tel sy hand op en bulder: “Thubal-Kain! Ek sê vir jou dat jy sal bly! Amen.”
|
|
|
|
|