Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg kry van Kisehel die opdrag om `n tempel te bou as bewaarplek vir die kosbare, heilige tafel

186 Nadat die tafel uitgegrawe was, bewys alle aanwesiges die diepste verering en verheerliking aan die mees heilige Naam wat daarop geskryf was. Kisehel neem die plaat in sy hande, druk hom aan sy bors en sê toe, asof hy met die tafel spreek:

2. “O Naam, jy heilige Naam, eerste woord uit die mond van God, wat daar reeds was, nog voor daar buite God `n homself bewuste, denkende wese was, - ja, Jy ewige woord, oergrond van alle wesens en dinge wat die hele oneindigheid vul, hoe teer en sag straal jou lig my aan!

3. Eenvoudig is die lyne van die tekeninge, maar hulle het geen begin en geen einde nie.

4. Ja, so is die tekening reg; want God het ook geen begin en geen einde nie.

5. Hy is en sal ewig `n oneindige God wees; daarom is hierdie tekening vir ons ook `n korrekte beeld van die mees heilige Naam en moet daarom met die oog op die Een wat deur hom aangedui word, steeds in die grootste verering en verheerliking gehou word!”

6. Hier wend Kisehel hom tot Lameg en sê ontroerd aan hom: “Lameg, kyk na dié heilige kleinood; van nou af aan moet jy alles doen om dit as `n heilige banier van jou hart, jou land en jou hele volk te beskou!

7. Op hierdie plek moet julle `n huis bou; dit moet van vyf, dan sewe en vervolgens tien vensters en drie toegangspoorte voorsien wees; vanuit die aand, één vanuit die middag en één vanuit middernag.

8. Die deel wat na die môre geleë is moet in drie rye die aangegewe aantal vensters hê; boaan die vyf, in die middel van die sewe en onderaan die tien. Die huis moet `n heeltemal ronde vorm hê en twaalf manslengtes hoog wees en sy deursnee moet so groot wees soos die hoogte.

9. Aan die binnekant moet julle die wande bedek met goud en allerlei edelstene. Die dak moet die vorm hê van `n halwe bol en moet van binne en van buite beklee wees met `n laag gepolyste goud; bo-op die dak moet hom nog drie bolle bevind, elkeen drie manslengtes hoog bo mekaar, eweneens van goud vervaardig.

10. In die middel van dié huis, wat geen verdiepings mag hê nie, moet julle `n altaar oprig van suiwer robyne en diamante en op daardie altaar moet hierdie tafel dan regop staande aangebring word.

11. Wanneer julle dit alles volgens my voorskrif vervaardig het, moet julle die plek rondom die huis wyd en syd reinig, en daar mag geen ander huis meer in die omgewing van dié heilige huis gebou word nie; want dié huis moet as gewyd beskou word.

12. Die goue poorte van dié huis moet op die Sabbat die hele dag oopstaan; op alle werksdae moet hulle gesluit wees.

13. Niemand mag dié huis met `n bedekte hoof binnegaan nie, en geen vrou met `n onbedekte gelaat nie.

14. Wie so met `n rein hart dié huis sal binnegaan, en God die eer sal gee, sal in dié huis baie versterk word.

15. Maar diegene wie hulle vergryp aan dié suiwer huis, sal daarin ook ter plaatse altyd sy onvermydelike, skielike oordeel ondergaan; daarom moet die plek daaromheen dan ook deur `n drie manslengtes hoë muur omgewe wees, waar mens slegs deur `n ysterpoort kan binnekom.

16. Op die buitewand van dié huis moet op gelyke hoogtes van vier manslengtes `n laag kalk aangebring word, en wel onderaan met rooi, in die middel groen en boaan wit.

17. Deur die aanblik van hierdie drie kleure sal iedereen wat by dié huis sal kom, daaraan herinner word, dat hy God alleen maar eers deur die liefde van sy hart kan nader. As hy God so benader het, dan sal die vertroue en die trou van sy hart, wat die lewende loon is van die suiwer liefde, sy deel wees; en aan wie dit ten deel val, val ook die derde, boonste kleur ten deel, wat die werklik lewende geloof aandui, wat `n lig van die gees is wat ontstaan deur die lewende vlam van die liefde tot God in die hart! 18. Nou weet jy, liewe broer Lameg, alles wat jy moet doen; jy moet nou net nog by die bou daarop let dat niemand daartoe gedwing mag word nie, maar wie dit met liefde wil doen, moet ook tot die bou toegelaat word! Want slegs wie met liefde bou, sal seën oor sy werk ontvang, maar wie onder dwang bou, die dood! Daarom moet julle goed daarop let!

19. Nog vandag moet daar na alle kante bodes gestuur word, sodat daar reeds môre met dié werk begin kan word.

20. Gedurende die nag sal al hierdie modderplasse, poele en moerasse volkome droë land word; want dit is God se wil.

21. En daarom, liewe broer Lameg, laat ons die bodes ontbied en hulle dan na alle kante uitstuur! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205