Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog het `n gesprek met homself oor die wysheid van die vreemdeling. Abedam se dromery en groot vermoede.

153. Toe Henog die antwoord van die vreemdeling gehoor het, kry hy `n merkwaardige gevoel en hy wis nie wat hy daarvan moes dink nie.

2. En hy dink by homself na en sê in stilte aan homself: "Hoe meer ek Sy woorde oorweeg, des te meer sien ek die onweerlegbare korrektheid daarvan in; en tog kan ek my nie herinner dat die Hoë Abedam ons ooit iets daarvan vertel het nie!

3. Dit is tog werklik vreemd: Mens kan jouself niks voorstel wat nog suiwerder sou wees as juis hierdie woorde nie, - en, soos wat gesê is, Abedam het nie iets dergeliks verkondig nie! Sy leer was hoofsaaklik gerig op die liefde en die deemoed, en vir my het Hy maar net opgedra om die liefde te verkondig en die deemoed wat daaruit voortvloei!

4. Maar wanneer ek die woorde van hierdie vreemdeling nou eers goed oordink, lyk dit, ondanks die korrektheid daarvan, tog wel weer ietwat vreemd dat wanneer `n geroepe leraar `n leer verkondig, dit aan die oordeel van elke individuele mens onderworpe moet wees en eers as volledig geldig aangeneem kan word, wanneer dit volledig ooreenkom met elke oordeel!  

5. Maar andersyds is dit tog weer waar dat `n leer net vir die wind deug wanneer elkeen tot wie die leer gerig was, dit nie geheel en al met sy eie hart aangeneem het nie! - Wat staan My dus te doen?

6. Kort en goed, `n reël moet daar tog wees en hierdie reël moet aldus lui: Dit wat jy as volkome reg, goed en waar erken, uit watter mond dit ookal kom, - moet jy nie van jou broer weerhou nie, want ook hy het net so goed `n onsterflike gees as ek!

7. Teen hierdie reël kan ook JaHWeH Self beslis niks inbring nie!

8. Daarom sal ek ook handel volgens die woorde van die onbekende man!

9. Neem nou byvoorbeeld my liewe broer Abedam; laat ek eers sien en hoor wat hy daarop te sê het!"

10. Hier wend Henog homself tot Abedam en sê aan hom: "Broer Abedam, jy het net so goed soos ek en al die ander die buitengewoon waardevolle woorde van ons onbekende broer gehoor! Kyk, daar was jy `n groot stuk brood uitgereik; byt daaraan, en gee ons jou oordeel daarop, of en hoe dit die begrip van jou hart versadig het!"

11. Abedam skrik behoorlik hiervan en wis nie wat hy daarop moes sê nie, want hy was gedurende die belangrike woorde van die vreemdeling voortdurend met homself besig gewees en wis daarom nie waaroor dit nou presies gegaan het nie. En so vra hy, nadat hy gekalmeer het, baie saggies en vertroulik aan Henog, waaroor hy dan eintlik `n oordeel moes gee.

12. Maar Henog sê daarop aan hom: "Ja, my liewe broer, wanneer dit jou aan die ware opmerksaamheid van gees ontbreek, dan is jy nog lank nie wakker nie, maar slaap jy nog; en iemand wat slaap, kan immers geen oordeel gee nie!

13. Het dit jou dan heeltemal ontgaan, hoe buitengewoon wys die vreemdeling aan my die verskil tussen skepsels en die kinders van God uitgelê het en vir my verklaar het wat die verskil is tussen `n lewe in onvryheid en die dood van die sonde?!

14. O, jou afgeslote en dowe gees! Hoe kon die mees belangrike onthulling van die lewe jou nou ontgaan het?!"

15. Deur die vermaning ontwaak Abedam eers en vind in homself die totale betoog van die vreemdeling verligtend soos `n opgaande son en sê:

16. Wees nie kwaad vir my oor my vrywillige slaperigheid nie, liewe broer Henog; want nou het ek dit al in sy geheel in my gevind en ek sê vir jou, dat alles wat die vreemdeling gesê het, ook volgens my oordeel so suiwer en korrek is soos die son op die helderste môre!

17. Daarvan kan jy volkome seker wees; meer hoef ek jou nie te sê nie!

18. Ek (Abedam) maak net hier `n opmerking aan jou, wat hierdie vreemdeling aanbetref, en dit lui as volg:

19. "Broer Henog, wees steeds indagtig aan die groot liefde van JaHWeH, ons mees heilige Vader; want Hy bewandel steeds weë, wat die mees skerpsinnige en diepsinnige engel nooit sal deurgrond nie!

20. Sien, ek is weliswaar `n slaper, maar ek het die indruk dat ek eintlik in my slaap meer gesien het as jy terwyl jy wakker was!

21. Maar wat ek sien, sê ek nie vir jou nie, en vir so lank, totdat jy dit self netso goed sien as ek!"

22. Hierop begeef die vreemdeling homself na Abedam en sê aan hom: "Waarlik, jy kan dit glo, die oë van jou gees bedrieg jou nie! Maar dit is vir menige gees op bepaalde tye beter, dat hy nie onmiddellik die kern sien van dit wat hy voor hom bevind nie; dit weet ek ook al `n baie lang tyd uit ondervinding. Daarom het jy gelyk om nie te sê wat jy sien nie, maar dit dan eers te sê, wanneer die ander dit ook sal sien!"

23. Nou vra Henog aan die vreemdeling: "Broer, wat word daarmee bedoel? Waarlik, dit is die eerste keer dat Abedam onbegryplik word vir my!

24. Sê my tog wat dit is wat ek nie sien nie; want jy, as baie wyse mens, weet immers ook dat die ergste kwaal vir die gees die onwetendheid is en dat dit erger is as die dood self! Sê dit vir my, ek vra jou daarvoor!"

25. Maar die vreemdeling sê aan hom: "Henog, Ek sê vir jou, vra dit aan jou hart! Sê dit niks vir jou nie, dan sal dit jou weinig baat as Ek jou sou sê; dit kom ook hier op die eie oordeel neer! Jy herken tog die bome aan hulle vrugte; as `n boom lewende vrugte dra, hoe is dit dan met die boom self gesteld?

26. Of het jy ooit gesien, dat lewende vrugte ook van `n dorre stok kan ontspruit?!

27. Vernietigende mos wel, maar geen lewende vrug nie!

28. As jy by `n broer lewende woordvrugte ontdek, dan is dit onbegryplik dat jy hierdie broer nie beter kan herken nie."

29. Hier verbaas Henog homself nog meer en hy begin vir Abedam grondig op te neem.

30. Maar hy sê: "Broer, dit het geen sin om so na my te kyk nie, bekyk liewer iemand anders en jy sal aan hom beslis meer ontdek as aan my! Sien, Hy is nie ver van ons nie, dit sal jy tog begryp, liewe broer?!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205