Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Kisehel se kragtige woorde tot Lameg. Lameg en sy lyfwag gaan na die plek van die teregstelling onder leiding van die drie bodes

177 Maar Lameg sê aan Kisehel: “Waarom beveel julle my om julle onmiddellik te volg, saam met my knegte en dienare? Het ek nie vantevore `n dinktyd van drie dae beding nie? Waar is dit?

2. Waarom wil julle dit nie aan my verleen nie? - Gee my antwoord!”

3. En Kisehel antwoord daarop: “Omdat die wil van God so lui! Ons doen niks uit onsself nie, maar wat ons doen, doen ons volgens die wil van God, wie se Naam jy op die gruwelikste manier ontheilig en onteer het!

4. Daarom kan aan jou ook absoluut geen dinktyd gegee word nie! Want God het jou al `n baie lang bedink- en bekeringstyd verleen; maar jy het dit gebruik vir die grofste skand- en gruweldade. Dus sal daar nou geen dinktyd meer aan jou toegeken word nie, waarin jy nog meer gruwels sou kan bedink, as wat jy reeds tot nou toe versin het!

5. Wees dus bereid om ons nou te volg, en versoek God se lankmoedigheid nie meer langer nie, - soos jy tot nou toe nog altyd deur jou halsstarrigheid gedoen het, anders sal dit kan gebeur dat ons geweld op jou moet toepas!

6. Wat het jy met jou halsstarrigheid, ten opsigte van JaHWeH, bereik?!

7. Hoe lank gelede is dit dat Meduhed jou met baie duisende verlaat en Tatahar met sy hele leër vernietig was, toe hy hom agtervolg het?!

8. Hoe lank is dit gelede dat selfs die moedige Sihin met sy klein, maar buitengewoon moedige en slim aanhang jou vir altyd in die steek gelaat het?!

9. Hoe lank gelede is dit dat jy jou vrouevolk verloor het?!

10. Wat het jy teenoor Hored bereik, wie jy huigelagtig jou dogter gegee het?!

11. Enkele dae gelede wou jy die hele aarde aan die brand steek; vra jouself af hoe hierdie onderneming geluk het!

12. Wat het daar met Horadal gebeur, wie jy ter vernietiging van God se kinders met baie wapens uitgestuur het? Wat het jy daarmee gewen?

13. Watter profyt het jy van al jou onmenslikhede? Het jy daardeur ryker en magtiger geword?!

14. Bedink wat jy alles al teen God onderneem het, en welke vrugte jy daarvan gepluk het!

15. Ek sê vir jou: Geen ander as slegs dit waardeur jy steeds dieper en dieper in die hardnekkigste slawerny van die Satan geval het, waaruit jy jou slegs met eindelose veel moeite weer kan bevry!

16. Jy het jou laat verlei om te glo dat jy God, die Almagtige is. O dwaas, waarom het jy dan nooit probeer om `n mens te skep of ten minste diegene weer lewend te maak wie jy gedood het, sodat jy jou daarvan kon oortuig wat se `n dwase ellendige god dit eintlik was wie jy gedink het om te wees?!

17. Verset jou nou nie om ons te volg nie; want ons is die laaste genadestraal van JaHWeH vir jou!

18. As jy dit gewillig in jou sal opneem, dan kan jy die oordeel van God ontsnap; anders sal hierdie laaste genadestraal jou tot die onverbiddelike regter van jou ewige dood word! - Volg ons dus!”

19. En Lameg vra, byna wurgend van woede: “En wat moet ek dan buite by die rioolputte doen?”

20. En Kisehel sê: “God se mag moet jy erken en ook insien dat God met wesens van jou geslagslyn geen geskerts bedryf nie; want God is `n ernstige God, - maar geen God wie die mensdom soos `n speelbal van Sy mag wil beskou nie!”

21. Hierdie baie nadruklik uitgespreekte woorde bring Lameg eindelik daartoe om te gaan en hy volg die drietal met die wapenknegte.

22. Maar toe die mense in die strate sien het hoe die drie voor Lameg uit loop, was hulle van mening dat Lameg hulle oorwin het en hulle nou weglei na hulle dood.

23. Daarom roep hulle: “Wee ons, wee ons; want Lameg het die magtiges van die berge bedwing! Vandag val hulle en môre sal sy byl ons doodslaan!”

24. Maar Kisehel sê met luide stem aan die klaers: “Volg ons en kyk wat daar gaan gebeur; kla dan eers oor ons en daarna oor julleself!

25. Wie ons ten val sou gebring het, die sou ook vir God ten val gebring het; as God egter gevange sou wees, dan was daar geen aarde meer onder ons voete nie! Want die aarde is immers van God, net soos die hemel; maar die aarde is nog daar, dus is God ook nog daar en ons vanuit Hom! 

26. Volg ons almal sodat julle die groot dwaasheid van julle onnodige angs kan insien!”

27. En `n groot massa volk volg hulle na buite na die rioolputte.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205