Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 271

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se oggendwyding en sy woorde tot die broers. Die geestelike brandoffer in die môre op die gesuiwerde slangeberg

271 Toe dit die volgende dag begin lig word, staan Henog op, loof en prys in sy liefde die Vader en seën in sy magtige liefde alle broers wat nog gesluimer het.

2. Eers na hierdie heerlike, handeling, wat vir My mees welgevallig was, wek hy die broers en sê vir hulle:

3. "Broers, laat ons opstaan in die liefde, barmhartigheid en erbarming van die Heer en Sy mees heilige Naam prys!

4. Sien, wederom het die goeie, heilige, mees liefdevolle Vader ons almal die glorie van `n nuwe dag laat beleef!

5. Reeds breek die eerste strale vanuit die môre deur, en die nag vlug vir hulle; steeds magtiger word hulle aanvanklike skugtere optrede en met steeds toenemende krag dryf hulle die nag na die dieptes van die aarde, sodat die vlaktes en die berge gereinig word om ten slotte die magtige lig en die tot lewewekkende warmte uit die son ten volle te kan ontvang, wanneer hulle hulleself weldra hoog bo die berge van die aarde sal verhef.

6. Laat ons daarom haastig na buite gaan om almal die Vader onder die vrye hemel saam te loof, as Sy ware kinders, wat Hom bo alles liefhet!

7. In ons hart wil ons Hom `n welgevallige brandoffer bring, omdat Hy, om ons as Sy kinders te eer en te verbly, vir ons so `n groot en heerlike môre brandoffer van Sy liefde, barmhartigheid en erbarming aangesteek het in die opgaande son wat gedurende die hele dag goddelik brand, alles verlig, verwarm en tot lewe wek.

8. O liewe broers, begryp tog in die diepste van julle hart wat die eindelose ewig goeie Vader alles doen; dan sal julle liefde tot Hom `n ware sonnegloed word!

9. Sien tog die sterre wat nog so hoog aan die uitspansel pryk; sien die hele majestueuse aarde; sien die legio heerlikste blomme en luister na die heerlikste tone van die geveerde sangers in die steeds lewendiger wordende lug!

10. Rig dan julle blik op die steeds groeiende glorie van die môre en besef hoe julle met elke asemtog `n toenemende vloed van goddelike barmhartigheidslig inasem, hoe julle bors steeds ruimer en voller met lewe word en elke druppel bloed in julle suiwerder en waarlik hemels eterieser word, hoe nader die wonderlike son van die Heer na die verhewe opgang haas!

11. Sien dit, o broers, en begryp dit, julle kinders van die heilige Vader: Dit is alles `n offer wat die onuitspreeklike goeie Vader ons bring!

12. So eer die heilige Vader ons! Hoe sou ons dit dan oor die hoof kan sien en nie na buite haas om vir Hom `n liefdesoffer in ons hart daarvoor te ontsteek nie, die enige wat Hom welgevallig is, en dit voort te laat brand, ja steeds meer en meer te laat voortbrand vir altyd en dan ook ewig in ons gees?!

13. O broers, laat ons dadelik na buite gaan, en laat ons in die groot offersaal, in die groot troonsaal van goddelike barmhartigheid en erbarming ons offer vir Hom bring! Amen."

14. Na hierdie ware oggendtoespraak staan almal op en haas hulle met ontroerde harte na buite en wel na die nabygeleë gesuiwerde berg.

15. En toe hulle spoedig daar aankom, toon Henog hulle almal God se groot heerlikhede in die wye omgewing en wys hulle op alle verskynsels van die môre en verklaar dit aan hulle in die lig van die liefde.

16. En almal word so gegryp deur die groot heerlikheid, die eindelose goedheid en wysheid van die heilige Vader, dat hulle van suiwer liefde tot God nie geweet het wat om te doen nie.

17. En Lameg roep, baie beweeg vanuit die diepste grond van sy hart: "O groot, heilige, almagtige, allerliefdevolste Vader! Dit doen U alles vir ons?! O, hoe kan ek dan nog lewe as ek bedink wat ek was?!

18. Henog, Henog, - jou wonderlike broer! Jy het nou my oë geopen, en nou eers besef ek die hele omvang van my skuld voor God!

19. Hy het ons altyd so `n offer van Sy liefde, barmhartigheid en erbarming berei, - en wat het ons daarenteen vir Hom gedoen?! Nee, broer nee, ek durf nie daaraan te dink nie, want my lewe was nog altyd te skandelik!"

20. Hier troos Henog vir Lameg en sê: "Wees getroos, liewe broer Lameg! Waarlik, al het jy meer sondes gehad as wat daar sand in die see is, hulle is jou vergewe, omdat jy so `n groot liefde tot die Vader in jou tot lewe laat kom het!

21. Bly in hierdie liefde, dan sal jy nog baie ander dinge meemaak as hierdie, - en wel dan, wanneer God se ewige son in jou sal opgaan!

22. Laat ons nou egter in die soete rus van die liefde op die komende son wag! Amen."

23. En so bring ons geselskap die môre op die berg deur en loof en prys God geestelik en waaragtig in hulle hart.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205