Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 233

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se goeie toespraak tot sy volk oor die ware offer van die hart en sy versoek aan die Heer om inligting oor beide sy vermiste seuns Jubal en Jabal. Die troostende woorde van die Heer

233 Na hierdie lerende woorde kniel Lameg voor die Heer en dank Hom in die naam van almal met `n harde stem vir so `n groot barmhartigheid, omdat Hy hulle nou heel duidelik uitgelê het hoe mens Hom moet liefhê.

2. Toe Lameg so vanuit sy hart dank aan die Heer gebring het, gebied die Heer hom om op te staan.

3. Lameg staan op en rig toe die volgende woorde tot diegene wie se koning hy vroeër was:

4. "Dus suiwer broers en susters! Saam met my het julle dit nou in julle hart ontvang, het dit met julle eie ore gehoor en met eie oë gesien, dat die Heer, wat alleen die enige ware, almagtige God is, die Skepper van alle dinge, vir ons almal `n ware, heilige, liefdevolle Vader wil wees en ons nou Self duidelik gemaak het dat ons Hom mag liefhê soos wat welopgevoede kinders met die hele gloed van hulle harte, hulle ouers liefhet.

5. Watter nog eindeloos groter barmhartigheid kan ons nog te beurt val?!

6. Laat ons daarom ons hart neem en dit altyd brandend van liefde aan Hom ten offer bring, wat Hom die welgevalligste offer sal wees, soos wat Hy ons nou Self geleer het!

7. Maar met onsuiwer harte sal ons Hom ook geen offer berei nie, want Hy is gewyd, meer as gewyd!

8. Ek is egter van mening dat as ons werklik steeds in Sy liefde waaksaam sal bly, ons onsself ook baie maklik steeds in so `n gemoedstoestand kan verheug, wat die mees heilige, liefdevolle Vader welgevallig sal wees!

9. Berei julle almal nou egter goed voor in julle harte, sodat ons almal waardig sal wees om aan Sy sy te mag gaan as dit Hom, die heilige, liefdevolle Vader welgevallig sal wees, om Sy mees heilige, lewende Naam in die nuutgeboude tempel te laat bring !

10. Hy het aan ons sondige swakheid hier wel as `n ware, liefdevolle, erbarmende Vader tegemoet gekom; maar ons mag by so `n oneindige liefde van Hom nooit vergeet dat Hy ook `n meer as heilige, oneindige God is, wat aan ons deur barmhartigheid Sy heiligdom in die tempel wil laat opstel, soos wat Hy ons deur Sy magtige bode laat weet het!

11. So moet ons almal in ons hart, deur `n suiwer, magtige liefde tot Hom, baie goed voorberei wees om Sy heiligdom selfversekerd te betree!"

12. Hier wend Lameg hom tot die Heer en sê: "O heilige Vader! Vat my gebrekkige woorde so op asof dit waardig vir U sou wees, en seën dit in ons harte, sodat dit vir U, o heilige Vader, altyd welgevallige vrugte van die suiwer liefde mag dra!

13. O heilige Vader, ek het nog twee seuns, Jubal en Jabal! Ek het hulle `n etlike tyd gelede uit die oog verloor; U weet dit, dit was kort na die tyd wat ek my dogter weggegee het en ook my twee vroue Ada en Silla ontvoer was.

14. Sien, ek weet nou wel dat my dogter en my vroue baie goed versorg is, - daaroor is ek weinig besorg; maar oor my twee seuns is ek besorg, want ek weet nie waar hulle heengegaan het nie.

15. Wanneer dit U heilige wil mag wees, dan sou ek hulle graag nog eenmaal wil sien en hulle dan ook na U toe bring !"

16. Hierop sê die Heer vir Lameg: "Luister, My liewe Lameg, wat jou voorgaande woorde tot jou volk betref, dit sal in alle harte volledig geseën wees, egter sonder dwang en sonder om die vryheid van die gees ook maar enigsins te beperk, want jou toespraak was in My Naam heeltemal waar en goed.

17. Wat egter beide jou seuns betref, hulle kan nou nie hierheen kom nie, want hulle het saam met Horadal die hoogte opgegaan en is nou by hom. 

18. Op die regte tyd sal Ek hulle egter na jou toe bring, asook beide jou vroue en jou dogter; maar dit is nog nie die tyd daarvoor nie!

19. Laat ons nou gaan en die plaat in die tempel sit!

20. Gaan daarom heen en bring hom hierheen; Ek sal My asem daaroor laat gaan, en jy moet hom dan vir My en Henog uit na die tempel dra!

21. Alle ander moet ons volg; want niemand sal vóór jou ingaan nie! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205