|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 99
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die uitwerking van die uitdoof van die skynson
99 Vlak voor die uitdoof sê Ek hardop vir almal: "Berei julle voor op die verdwyn van die lig. Markus, steek nou eers alle olielampe en pikfakkels aan, anders sou dikke duisternis wat plotseling op die helder lig sal volg julle oë skade en pyn aandoen!"
[2] Markus en sy dienaars steek nou so vinnig moontlik alle soorte ligte aan, en Cyrenius en Julius beveel die soldate om takke aan te steek. Toe alles goed brand, sê Ek hardop: "Doof, skynlig van die lug, en word rustig, geeste wat daarmee besig was!"
[3] Na My opdrag doof die skynson skielik en `n pikswart duisternis daal oombliklik oor die hele streek neer, en mens hoor duidelik die harde angsgehuil uit die nabygeleë stad.
[4] Hoewel die mense die talle ligte op die berg waar ons gesellig sit, goed kan sien, durf geeneen van die duisende ook maar om één stap te versit nie. Die Judeërs sien in hul groot angs die sterre al werklik van die hemel val en op ons berg lê. Die heidene dag dat Pluto deur sy furies (wraakgodinne) die son laat steel het van Apollo, wat waarskynlik te veel aandag gehad het vir een of ander vroulike skoonheid, en dat daar nou weer `n gode-oorlog op aarde sou losbars.
[5] `n Gode-oorlog was volgens die heidense mites nie so `n wenslike verskynsel op aarde nie, omdat dié van eertyds verskriklik moes gewees het. Die reusagtige gode van die onderwêreld moes toe met groot krag maar liefs hele brandende berge na die Olympus geslinger het, waarby Zeus hom natuurlik behoorlik verdedig het met tallose bliksems en haelstene so groot soos berge, waardeur hy die bose magte van die onderwêreld oorwin het.
[6] Omdat, vanuit die stad gesien, die lig van die skynson hom bo ons berg bevind het, wat egter, na die uitdowing, deur al die ligte en wagtevure skyn te gloei, dag die heidene dat die furies die son in ons berg ingeprop het en dat die vorste van die onderwêreld wagte daarby opgestel het met brandende onderwêreldfakkels. Wee diegene wat hierdie berg sou nader, wat aan alle kante ook werklik `n aantal meer of minder diep grotte gehad het, soos die een waarteen die huis van Markus gebou was en wat hom as rojale kelder en ook as opslagplek gedien het.
[7] Die Judeërs gaan daarom nie na die berg toe nie uit angs om deur die op die berg vallende sterre geraak of verbrand te word, en die heidene gaan nie uit nie uit angs vir die furies en trek hulle, toe hul oë bietjie meer aan die duisternis gewoond raak, stadig maar seker in hul huise terug. Sommiges raak gou aan die slaap, maar ander bly die hele nag in angs en vrees wakker vanweë die verwagte, verskriklike dinge wat nou, volgens die profesie van Daniël, op aarde gaan gebeur. Die heidene wag op die eerste bliksems en donderslae van Zeus en op die verskriklike, wêreldomvattende spektakel wat Apollo teen die rower Pluto sou ontketen.
[8] Kortom, daar heers in die hele, vrye groot stad `n verwarring wat nie onvanpas vir die grote Babilon van destyds sou gewees het nie. By ons op die berg was dit daarenteen `n aangename vertoewing, want ons laat vir ons die goed voorbereide aandete op die berg bring. Rafael sorg in `n oogwink daarvoor dat alle eettafels op die berg staan, met inbegrip van die kosse, sodat dit Markus en sy familie, wat aan die voorbereiding van die kosse genoeg werk gehad het, geen ekstra inspanning sou kos nie. Ook die Romeinse soldate kry ruimskoots te eet, en was dit die beste na hul sin.
|
|
|
|
|