Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Oor nederigheid en hoogmoed

158 Floran sê: "Waarom nie ons owerste, Stahar, en my ander broers nie? Is hulle dan `n minder soort mens as ek? Gaan maar alleen! As my broers nie werd is om aan die Heer van die ewighede voorgestel te word nie, is ek dit nog minder, want na my beste wete is hulle beter as ek!

[2] Knoop dit aan jou ore, engel - as jy ook iets aan jou ore kan knoop - ek is teen elke voorkeur vir my persoon! Ek sien graag dat my broers die voorkeur kry, maar self wil ek altyd die minste onder hulle wees! Ek het die mense werklik lief. En hulle waarvan mens werklik hou, gee `n mens graag alle voorkeur, en elke voordeel, en daarmee is `n mens dan tog goed gelukkig! Vra dit maar aan al my broers of ek ooit anders gedink en gehandel het! En waarom sou ek my nou, waar al my broers by is, vir die eerste keer in my lewe laat voortrek?! Nee en ewiglik nee! Duisend legioene van sulke magtige geeste soos jy daarvan een is, en tien almagtige JaHWeH`s sal, solank ek vry kan dink en wil, nooit my mening verander nie!

[3] Kyk, almagtige vriend, dit is ook `n standpunt waar geen enkele verleiding my vanaf sal kry nie, selfs geen duisend geopende hemele en geen vrees vir net so baie oop helle nie!

[4] Gaan maar alléén na die Heer! Uit vrye wil volg ek jou nooit! En dit verwonder my trouens dat jy, toe jy my die voorkeur gegee het, as alwetende gees vooraf nie gemerk het dat ek hierdie rotsvaste oortuiging toegedaan is nie! Ek bly by my uitspraak! My liggaam kan jy weliswaar daarheen bring, omdat jy `n oorvloed mag en krag daarvoor besit, maar die wil van my hart kan jy nooit ophef nie, tensy dit vir jou moontlik is om haar van my af te neem, en daar `n ander in haar plek te stel! Maar daarmee het jy my huidige ek werklik nie in die minste verander nie, maar dit net vernietig, en in plek daarvan `n ander in hierdie wrak van `n masjien geplaas!"

[5] Die engel sê met `n baie vriendelike gesig:”Maar beste vriend en broer, wie sê dan dat ek jou op die een of ander wyse die voorkeur gee deur jou volgens die wil van die Heer, as diegene wat die verste gevorder het, eerste na Hom toe te bring? Het jy ooit gesien dat daar op `n edele boom, alle vrugte gelyk ryp word? Wie sou, as hy sy verstand gebruik, ooit bedink om dan die eerste ryp geworde peer die voorkeur te gee, omdat hierdie peer eerste ryp geword het?! Mens eet haar wel vroeër as daardie wat later ryp word, - maar by ons in die hemele is daar tog geen sprake daarvan dat `n mens haar daarom beter sal vind as sy wat later rypword nie! Dan sou Moses ook beter moet wees as die Heer Self, omdat hy byna meer as duisend jaar vóór Hom geroep was! O, daardeur kry jy geen voorkeur nie, - inteendeel! Wie is by `n pad beter af: diegene wat die pad aangelê het, of die leëraanvoerder en sy gevolg, wat die pad daarna betree en sy leër verder lei?

[6] Kyk, vriend, ondanks jou suiwer verstand het jy dit egter nie so goed bekyk nie! Ek ken die taamlik starre instelling van jou hart goed en stel haar daarom slegs uiterlik op die proef, en toe vind ek op die agtergrond van jou origens fyngevoelige hart, dat daar ook `n bietjie bedekte hoogmoed is, wat maak dat jy jou deur die ware nederigheid in jouself beter ag as die ander. Jy wou naamlik tog in `n sekere opsig jouself laat geld het as `n unieke, en `n persoon wat nie oortref kan word nie, en wat betref nederigheid, uitsteek bo alle ander! En uiteindelik is dit maar die vraag, wie van die twee hoogmoediger is: hy wat van alle mense die laaste en nederigste wil wees, of hy wat die eerste en hoogste wil wees!

[7] Ken jy nie die Griekse geskiedenis van koning Alexander uit Macedonië, en die beslis onaansienlikste mens Diogenes nie? Wel, hy het jare lank in `n tonnel wat hy aan die sandoewer as woonhuis neergesit het, geleef!

[8] Op `n dag besoek die groot held en koning hierdie sonderling, wat beslis enig in sy soort was. Alexander gaan voor die tonnel staan. Hierdie Stoïsyn geval hom en hy vra vir hom: 'Wat wil jy dat ek vir jou doen?” En Diogenes versoek dringend: 'Wil u uself asseblief verwyder van die sy vanwaar die strale van die weldadige son my verwarm!”

[9] Hierdie stoïsynse kalmte geval die groot held goed, maar hy sê tog: 'As ek nie reeds Alexander was nie, sou ek verkies het om Diogenes te wees!”

[10] Maar wat bedoel Alexander hiermee? Kyk, dit beteken dit: 'Die hele wêreld huldig my, maar wat `n stryd het dit my gekos! Hy geniet byna nog meer bekendheid as ek en maak hom ook onsterflik, - en al hierdie onsterflike roem kos hom slegs `n ou tonnel!”

[11] Vind jy ook nie dat daar tussen die hoogmoed van Alexander en Diogenes maar min verskil was nie?! Tog was dit wel so, Diogenes was in sy soort hoogmoediger as Alexander!

[12] Dit is goed om laaste te wil wees uit ware liefde en nederigheid, maar die ware liefde en nederigheid sluit die gehoorsaamheid nie uit nie, veral aan die allerhoogste Heer van hemel en aarde. Doen daarom, as jy nie dwars wil wees nie, wat die Heer wil, en dan sal alles goed wees. Want die Heer weet die beste waarom Hy iets wil!"

[13] Dan sê Floran: "Ja, nou gaan ek met jou saam, omdat jy my so vriendelik daarvan oortuig het dat my ingesteldheid duidelik nie reg was nie." - En Floran volg alleen die engel, wat hom na My toe bring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205