|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 234
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die wese van die materie
234 Rafael sê: "O, dink jy dan dat daar geen dienende geeste in die son is nie? Laat ek jou en beide van julle ander dan sê: Nóg in die son, nóg op hierdie aarde gebeur daar ook maar iets sonder `n dienende gees, want alles wat julle sien en aanraak is in wese heeltemal gees. Selfs die grofste materie is gees, is siel, - maar alleen in `n veroordeelde toestand. Kwets julle die geeste wat onder die swaarste oordeel in doodse rus lê te erg deur te vlieg, te slaan of te druk, dan sal hulle julle weldra hulle mag en krag laat voel!
[2] Kyk, die lug is weliswaar baie sag en meegewend, maar as sy deur `n geweldige slag of druk uit haar ewewig gebring word en te veel in haar rus gesteur word, skeur sy die dikste en sterkste bome van hulle wortels af, laat die aarde bewe, ontlaai haar in duisend vernietigende bliksems en word `n verskriklike element!
[3] Maar wie woed daar dan so grimmig in en deur die lug? Die in haar rustende geeste en geoordeelde siele, wat eintlik tesame die lug vorm!
[4] Slaan eers twee stene kragtig teen mekaar, dan sal die verbanne siele daarin hulle weldra aanmeld en die hele klipmassa, hoe hard ook, tot in die kleinste stofdeeltjies afbreek, waarby dit aan vurige verskynsels nie sal ontbreek nie!
[5] Neem eers water en bring dit onder die grootste moontlike druk! Eers sal jy daardeur `n klomp ys sien ontstaan, wat ook heeltemal vas en nog in alle rus is waarin hy hom bevind, ook al is dit nog so sterk, uit mekaar sal breek. Sou jy die ys egter aan nog meer druk bloot kan stel, dan sal dit plotseling in stoom oorgaan en alles wat dit teenhou onder vreeslike kabaal en gekraak vernietig!
[6] Solank die geeste wat in gevormde materie verban is en die natuursiele nie beledig word nie, rus hulle asof hulle dood is en laat baie uit hulle maak en vorm. Maar as hulle eenmaal te veel uit hulle voorgeskrewe rus gewek word, wee dan diegene wat hom te naby in hulle omgewing bevind!
[7] Die aanwesigheid van die geeste in die materie is egter maklik vas te stel. As hulle tot buitengewone aktiwiteit gedwing word, sal julle altyd, na gelang die krag en sterkte van die geestelike aktiwiteit, ligstrale sien. Hoe sterker die lig, des te kragtiger is die aktiwiteit van die geeste wat in die materie aktief geword het.
[8] Hoe aktief hierdie geeste van die sonlig veral aan sy oppervlakte skyn te wees, bewys die geweldige sterk lig van die son.
[9] Van die krag waarmee vanuit die son tydens sy groot ontploffings, waarby haar materiegeeste in maksimale onrus en aktiwiteit gebring word, sal so `n brok na buite geslinger word, en julle kan jul wel `n geringe voorstelling maak van die sterkte van die sonlig!
[10] Ja, ek verseker julle: In die binnenste van die groot son ontstaan dieselfde ontploffings wat so kragtig is, dat die kragte wat daarby vrykom met brokke so groot as hierdie aarde net so sou speel, soos wat die wind hier op hierdie aarde speel met die dwarrelende kaf! En nou is julle ingelig en verstaan julle dit hoe en met watter supersnelle gemak hierdie klomp uit die son na hierdie aarde gekom het!"
[11] Murel sê: "As dit waar is en dit is ongetwyfeld so, is hierdie klomp dus van onskatbare waarde en dan sou `n mens hom dus as ewige aandenking aan iets buitengewoon in `n museum moet sit!"
[12] Rafael sê: "Dan sou jy dadelik die hele aarde in `n museum moet plaas, want die hele aarde kom ewe-eens daarvandaan, waar hierdie klomp vandaan kom!"
[13] Murel sê: "As dit so is, wat moet jy dan dink van die skeppingsverhaal van Moses?"
[14] Rafael sê: "Daarvoor moet jy by vriend Mathael wees! Hy is heeltemal tuis daarin; ook Philopold weet heelwat daarvan!"
|
|
|
|
|