|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 131
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Rafael verjaag die menslike sorge
131 Sahr sê: "Moet ons die slapendes nie wakker maak nie?"
[2] Rafael antwoord: "Hulle sal wel wakker word sodra die Heer persoonlik weer by ons is!"
[3] Jarah spring vinnig op en vra met `n hartstogtelike liefdevolle heftigheid: "Waar, waar kom Hy vandaan, die liefde van alle liefde!? My oë sien nog niks!"
[4] Rafael sê glimlaggend: "Dit is nie erg nie, as jou hart Hom gesien het, sal jou oë gou daarna ook niks tekort kom nie! As die son op is sal Hy hier wees!"
[5] Helena, wat ook wakker gebly het, sê: "Jarah, laat ons Hom vinnig tegemoet gaan! O, wat `n saligheid om Hom tegemoet te gaan!"
[6] Jarah sê: "Ja, ja, vriendin, gaan maar saam! O, wat sal nie goed wees as ons Hom sal sien terwyl hy êrens uit die verte na ons toe kom nie!"
[7] Toe gaan beide vinnig in die rigting van die bos in die weste en verdwyn spoedig daarin.
[8] Ouran, wat ook wakker was, kyk die twee agterna en sê toe hulle in die bos verdwyn: "Sal hulle nie dalk verdwaal nie? Die gebergte gaan skynbaar daar na die suidelike rigting taamlik steil omhoog en kon hom wel eers oor `n paar uur heeltemal uitstrek!? Hulle sal in hul haas verkeerd loop, en die Heer kan van `n ander kant af kom en hulle sal Hom soek en uiteindelik tog nie vind nie!"
[9] Rafael sê: "Bekommer jou maar nie daaroor nie! Beide sal net so min verdwaal soos ek sal of sou kan verdwaal. As die hart so geweldig deur die liefde verlig is, is daar nooit enige sprake van verdwaal nie! Hulle sal behoorlik diep die bos ingaan, maar sal die Heer vind!"
[10] Dit stel Ouran gerus, hy kyk nogmaals na die nog hewig brandende, en ook baie rokende stad, en ontdek met sy versiende, skerpe blik dat die mense uit die stad in alle rigtings op pad is. Ook hier na ons berg toe sien hy hele optogte aankom en hy sê: "Nou kom almal hierheen! - As almal hierheen kom, waar sal al die brood dan vandaan moet kom? Hulle sal die ou Markus met sy huis heeltemal met huid en haar opeet!"
[11] Rafael sê: "Maak vir jou ook maar geen sorge daaroor nie! Die hele aarde en alle skepsels daarop het tog seker elke oomblik ook baie van alles nodig, en tog versadig die Heer Self die groot aarde, en alle wesens wat op haar aanwesig is! En wat is die aarde vergeleke met die son, wat meer as tien maal honderd duisend maal groter is as hierdie aarde, en altyd onmeetlik baie voedsel nodig het vir die instandhouding van haar magtige lig, en vir die behoud van die tallose skepsele op haar uitgestrekte liggebied. Die Heer sorg sowel vir hulle as vir jou, edele vriend!
[12] Stel jou dan eers die, wat in ewigheid nooit gemeet, eindelose skeppingsruimte vol sonne en aardes voor, wat nog baie groter is as hierdie aarde en haar stralende son! Alles word deur één en dieselfde Heer altyd op dieselfde wyse ryklik van alles voorsien wat nodig is vir hul bestaan. Nêrens gebrek, maar oral die grootste oorvloed! As dit nou so en ewig onmoontlik anders kan wees, waaroor maak jy dan sorge oor die brood vir die talle wat nou vanuit die stad hier na ons onderweg is?"
[13] Ouran sê: "Ja, ja, jy het gelyk! Ek is immers geen wyse nie, maar `n mens, en vergeet weer waar ek my bevind, maar nou is ek alweer op die goeie spoor!"
[14] Hebram, wat ook as enigste van sy dertig metgeselle wakker gebly het, kom nou ook daarby en sê: "Dit sal my vandag, omdat dit nou, streng gesproke sabbat* is, verwarrend wees! As hierdie brand op `n werksdag plaasgevind het, kon `n mens hierdie slagoffers wat na ons toe aankom, met raad en daad bygestaan het, maar nou sal dit selfs vir die groot Heer `n sware opgawe word!" (*Joodse sabbat van die nuwemaan)
[15] Rafael sê: "Maak maar geen sorg vir jou daaroor nie! Het jy die son al sien sabbat vier, of die maan, of die sterre, of die wind, die reën, of die groei van die plante en nog meer van die dinge? Waarom vier die skepsele dan geen sabbat nie? Omdat die ononderbroke werksame wil van die Heer nooit as te nimmer `n sabbat vier nie, want Hy is die Heer van die sabbat!
[16] Of hoe kan jou God tot die gee van `n hinderlike wet in staat wees, terwyl God dit juis vir so lank tot heiliging van die mense voorgeskryf het, as dit vir Hom nie raadsaam was nie?!
[17] As God egter nie van jou die sabbat en die vier daarvan eis nie, wat wil jy dan nog bereik met jou dwase sabbat? Wil jy dalk vir my ook nog die sabbat aanpraat? Moet ek ook soms die sabbat heilig deur nuttelose-, doellose- en sinlose niksdoen? O, wag, juis vandag op die sabbat sal ek julle eers iets laat ervaar, dat hoor en sien vir maande lank sal vergaan!"
[18] Hebram sê: "O vriendjie van bokant die aarde, moet my nie my vraag kwalik neem nie! Dink altyd daaraan dat ons mense is, en hoe goed ons ook wil, by bepaalde geleenthede tog altyd nog in die ou gewoonte terugval soos `n vark in die modderpoel! Magtige dienaar en engel van God, beskerm ons in die vervolg almal daarvoor, want ons is almal slegs swakke en baie gebrekkige mense!"
[19] Rafael sê: "Gaan na jou broers en stel hulle gerus, want dieselfde dom besorgdheid vir die sabbat waarmee jy hier gekom het, hou hulle ook besig! Wys hulle hoe dom hul besorgdheid is! Hulle word nou gaandeweg wakker." - Hebram gaan en doen met goeie gevolg wat Rafael aan hom opgedra het.
[20] Toe dit in orde was, ontwaak Ebahl uit Genesáret en vra skielik aan Ouran waar Jarah is. Ouran vertel hom wat daar gebeur het, en dat Jarah en Helena die Heer in die bos gaan soek het.
[21] Dan sê Ebahl: "Ai, ai, dit moes hulle nie gedoen het nie! Die bos sal waarskynlik reeds vanuit Césarea bevolk wees met allerlei vreemde boewe! Hulle kan maklik iets oorkom wat vir hulle baie onaangenaam sou wees!"
[22] Rafael sê: "Maak jy jou nou ook maar oor ander sake bedruk! Beide is lankal op die regte plek en sal gou weer hier wees. Met sonsopkoms sal die Heer kom en die twee sal nie ver van Hom verwyder wees nie!"
[23] Ouran sê: "Hoe lank nog voor die son heeltemal op is?"
[24] Rafael sê: "Nog ongeveer `n halfuur!"
|
|
|
|
|