Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Verdere vertwyfeling

51 Ek sê: "Aan die een kant wel, maar aan die ander kant sekerlik nie! Ja, as die Essene die dooies op dieselfde wyse opwek as die Nasarener, het jy in elke opsig lyk. Maar daar is `n egte Esseen hier onder die leerlinge van die Nasarener. Hy is uitgestuur om óf die Nasarener te win vir hul groot bedroginstituut, óf minstens die geheim van hom te wete te kom hoe hy sy siekes genees en sy dooies opwek.

[2] Toe hy hom egter baie gou daarvan oortuig het dat alles by die Nasarener openlik, ten aanskoue van almal, en sonder enige bedrieglike kunsgreep verrig word, en net deur die aloue woord, ‘Laat daar wees’, het hy afskeid geneem van sy Essenerskap wat so vol bedrog was, alle bedrieërye bekend gemaak en het self `n leerling van die Nasarener geword. Daar staan hy, heeltemal alleen onder `n boom; gaan na hom toe en laat jou deur hom voorlig!"

[3] `n Ander een van die agt antwoord: "Vriend, vir ons hoef dit nie, want ek ken die Essene deur en deur. Dit is `n buitengewone, maar uit die aard prysenswaardige bedrog, en die Nasarener het die trietsige skool nooit deurloop nie! Ek dink eerder aan Egipte, want die Nasarener moet belangrike vriende by die Romeine hê en daardeur kon `n mens wel in Egipte gekom het!"

[4] Ek vra vir die tweede spreker, wat Ribar heet: "Hoe het jy dan die geheime van die Essene agtergekom? Want Ek het gehoor dat dit bykans onmoontlik is sonder lewensgevaar!"

[5] Ribar antwoord: "Vriend, met baie geld en slimstreke kom `n mens alles agter. Natuurlik moet jy van huis uit nie op jou agterkop geval wees nie, sodat jy agter dit wat getoon word, ook die ander kan sien wat nie getoon word nie! Daarvoor het jy duidelik `n hoë graad van geslepenheid nodig, en daarom sou ek ook wel eendag een keer die goeie Verlosser uit Nasaret aan die tand wou voel, en reken maar dat Hy my geen sand in die oë sal strooi nie.

[6] Maar as Hy werklik dít is wat mense van Hom vertel en wat die wyse Mathael oor Hom uit die doeke gehaal het, nou, dan sal `n mens Hom ook net soos Mathael alle eer wil gee! Slegs één ding bring my van my wysie af, en dit is dat Hy leerlinge aanneem. Ek sê: As dit wat Hy doen, suiwer goddelik is, sal geen leerling Hom dit ooit kan nadoen nie, ook al sou hy `n volle ewigheid by Hom leer. As dit egter menslik is, dan is dit heel normaal dat Hy leerlinge het. Want wat die een mens doen, kan `n ander mens ook doen as hy die kennis en voldoende middele daarvoor besit. Gaan dit egter, soos gesê, oor iets suiwer goddeliks, dan sal die nadoen daarvan gewis nooit geluk nie! Want daarvoor sou die hele Almag en Wysheid van God nodig wees!"

[7] Ek sê: "Vriend Ribar, jy redeneer weliswaar nie sleg nie, maar in die kern van die saak het jy ongelyk. `n God kan tog ook wel uit alle mense `n aantal spesiaal opvoed en oplei, soos wat Hy Henog, Moses en nog baie ander profete opgelei het, sodat hulle vervolgens leraars van die mensdom kon word en verkondigers van die goddelike wil aan die mense van hierdie aarde. Met hierdie veronderstelling het jy die stoel dus behoorlik mis gesit en daarmee sal jy op die Verlosser van Nasaret geen greep kry nie!

[8] Wat slimheid aanbetref, sal jy in die Nasarener `n baie magtige en onoorwinlike teenstander vind! Ek ken Hom en weet dat, van menslike kant af, heeltemal geen vat op Hom te kry is nie, want dit is baie moeilik om één uit `n duisendmaal iets teen Hom in te bring!"

[9] Ribar sê: "Dit wil ek nog eers sien! Ek het al dikwels sulke wisselsang en voorspele gehoor, maar uiteindelik loop dit byna altyd uit op die spreekwoord van die Romeine: ‘Si tacuisses, philosophus mansisses’ (Praat is silwer, swyg is goud!). Daarom heg ek vóóraf aan niks waarde nie, maar net agterna. Ek loop niks vooruit nie en gee geen oordeel oor iets wat ek nie self beproef het nie. Maar as ek eenmaal iets beproef het, fel ek maar selde `n verkeerde oordeel, maar slaan byna altyd die spyker op die kop. - Is u miskien ook so `n leerling van Hom?"

[10] Ek sê: "Dit nou nie bepaald nie, maar wel een van Sy beste vriende en Ek ken hom nagenoeg die beste!" - Gedurende hierdie tweegesprek kan verskeie nouliks `n heimlike glimlag onderdruk en ook maar nie `n enkele woord ontgaan iemand nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205