|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 26
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Toespraak oor die stryd in die natuur
26 Die spreker sê: "Wie van die talle omringende toeskouers is dit dan, sodat ons aan Hom ons dank kan betuig? Want iets anders kan ons Hom, in die toestand waarin ons onsself nou bevind, tog nie aanbied nie!"
[2] Markus sê: "Hy het ons in julle belang verbied om Hom voortydig aan julle bekend te maak, daarom sê ons dit nou ook nog nie, maar vandag sal die regte oomblik wel aanbreek waarop julle met `n blye hart Hom, en deur Hom baie van julle dwalinge, sal leer ken!"
[3] Die spreker sê: "Vriend, met daardie blye hart sal dit op hierdie aarde nog baie lank duur! Want siele, soos die van ons, kan deurdat die leed wat deurstaan is, te groot was, nooit regtig op hierdie dom wêreld weer bly word nie! Miskien eendag in `n ander, meer volmaakte lewensgraad, maar in hierdie bykans gebroke liggame nooit nie!"
[4] Toe sê Cyrenius wat daar vlakby gestaan het: "Kyk, ek is die Romeinse opperstadhouder van die hele Asië en `n deel van Afrika, so ook van Griekeland! Ek het julle nou leer ken en ek het vasgestel dat julle geen gewone mense is nie. Ek neem julle onder my beskerming en dit sal julle nooit aan iets ontbreek nie en daar sal ook wel vir julle geesteskrag passende geleentheid gevind word.
[5] Maar julle moet in die vervolg bietjie redeliker wees, sodat julle ons Romeine nie sommer so vir duiwels aansien nie, hetsy dit dan van die ietwat beter soort en dit dadelik goeie duiwels noem soos wat julle met my ou regskape Markus gedoen het nie! Ons is tog net sulke goeie mense soos julle. Dat julle, weliswaar vir ons nog onbekende redes van die raadsbesluit van God, groot beproewinge moes deurstaan en daardeur ook nog ongehoorde pyne gely het, waardeur julle siele egter, na my mening, baie gelouter is, dit kan ons, wie deur julle as duiwels aangesien word, nie help nie. Maar julle genesing het julle nou aan ons te danke en in die besonder aan Eén van ons, wat `n soos genoem `n Almagtige Verlosser is en julle kan dus sien dat ons onsself absoluut nie soos duiwels teenoor julle gedra het nie!?
[6] Soos gesê, julle moet daarom ietwat redeliker wees in julle, uit die aard van die saak, nie heeltemal verkeerde opvatting nie. Dan is dit gewis seker dat julle binnekort baie bly sal word."
[7] Die spreker sê, terwyl hy nou, reeds behoorlik versterk, opstaan: "Vriend, kyk eers na die bodem van hierdie aarde; jy sien slegs goeie en hartverheffende dinge. Die kruie en die gras verkwik jou oë en die sagte golwing van die see stem jou bly, want jy sien nie hoe onder al hierdie mooi dinge tallose, ontwikkelende duiweltjies hul bose, dood- en verderfbringende koppe opsteek en laat opduik nie!
[8] Jy sien wel die mooi golwing van die see, maar die doodbringende monsters onder die lieflike spelende golfies sien jy nie! Jy sien oral `n verhewe lewe aan die werk, ons sien niks anders as die dood en `n onophoudelike agtervolging van al die goeie en betere lewe nie. Jy sien maar net vriendskap en ten opsigte van die geringe aantal vyande wat jy sien, het jy ook genoeg mag om te kan dink dat hulle heeltemal onskadelik vir jou is; ons sien daarenteen niks anders as slegs suiwere, grootliks onoorwinlike vyande nie!
[9] O vriend, met so `n onfeilbare gesigsvermoë is dit werklik moeilik om ooit vrolik te wees! Ontneem hierdie treurige vermoë van ons, of gee ons `n regte verklaring van alles wat ons sien en dan eers sal ons vrolik en opgewek word soos jy!
[10] Na ondenkbare lang wêreldtye kan daar vir `n siel wat alle lewensgrade deurworstel het, miskien wel eendag `n beter lot wees, maar wie kan ons sekerheid daaroor gee? Watter ongehoorde gevegte en storms sal die arme siel egter nog moet deurstaan voor dit sover is?! Sal sy wel as oorwinnaar daaruit te voorskyn tree, of sal sy vir ewig ondergaan? Watter sekerheid het jy vir al dié dinge?
[11] Kyk, ons sien sekerlik dinge en omstandighede waarvan jy nog nooit enige besef van gehad het nie, maar van `n bepaalde sekerheid oor die eenmaal komende, salige toestand na die dood van die liggaam, sien ons nêrens iets nie - maar wel `n voortdurende waak, sorg en stryd! Ons sê dit vir jou soos wat ons dit sien.
[12] Alle lewe is altyd `n stryd met die dood, net soos elke beweging `n voortdurende stryd is met die rus wat altyd probeer om te steur. Die rus self egter stry steeds met die beweging omdat in haar die deurlopende drang na beweging altyd strydvaardig gereed staan.
[13] Wie sal uiteindelik daar wen? Die rus, wat altyd die beweging soek of die beweging, wat op gelyke wyse altyd die rus soek?
[14] Sedert jou oereerste lewenskiem het jy tot nou toe altyd maar gestry, en verder sal jy vir ewig altyd weer opnuut stry; en solank jy sal stry, sal jy ook `n lewe hê, maar geen ander as slegs maar één wat voortdurend stryd is nie, wat slegs baie geringe oomblikke van saligheid sal ken! Maar wanneer sal die volle oorwinning uiteindelik uit hierdie ewige stryd te voorskyn kom in die vorm van `n egte saligheid, waarin geen stryd meer gevoer word nie?
[15] Dit is daarom maklik gesê om opgewek van gemoed en bly van hart te wees, maar die gemoed van die siel vra daarby net soos julle Romeine: ‘Cur, quomodo, quando et quibus auxiliis?’ (Waarom, hoe, wanneer en waardeur sal ons hulp kry?) Het jy ons nou enigsins verstaan?"
|
|
|
|
|