|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 223
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die natuurlike ordening van die wêrelde
223 Murel sê: "Ek dank jou, my geestelik baie ontwikkelde vriend en broeder Philopold! Jy het my nou iets onthul waarvan Salomo in sy hoogste wysheid waarskynlik nooit oor gedroom het nie. Dit is egter so uitsonderlik buitengewoon, dat elke denker dadelik vanaf die begin daaraan sou moes twyfel, omdat in ons uiterlike menseverstand geen vonkie van `n so geringe vermoede daarvan aanwesig was nie. Maar tog kan ek nou nie in die minste meer daaraan twyfel nie. Want as dit nie gebaseer sou wees op jou nugtere, eie ervaring nie, sou jy my dit ook onmoontlik kon vertel het, omdat `n mens so iets, solank as wat die aarde mense dra, nooit kon bedink nie. Jy sou dit ook nooit kon bedink het as jy nie deur hierdie enorme ervaring gekom het nie. Want geen mens suig so iets uit sy duim nie; dit is `n hoogs wonderbaarlike openbaring van bo en ek neem dit as sigbaar waar aan, asof ek dit self beleef het.
[2] Maar vertel my eers nog iets oor die sterrewêrelde, want ek kan my nog steeds nie voorstel dat die nietige ligpuntjies wêrelde kan wees nie!"
[3] Philopold sê: "Ja, beste vriend, dit sal ietwat moeilik gaan, omdat jy nog geen begrip het van ons eie aardse wêreld en daar geen regte voorstelling van het hoe sy heeltemal daar uitsien nie en hoe sy, vergeleke met die ander wêrelde, fisies gesteld is! Ek moet jou dus vertel hoe hierdie aarde daar uitsien en hoe sy haar reël en beweeg, en dan sal jy jou daarna makliker `n korrekte begrip van die ander wêrelde kan vorm."
[4] Toe beskryf Philopold as die beste professor in aardrykskunde vir Murel die hele aarde, die gebruike ook die verskynsels en ervarings wat Murel met sy verre reise meegemaak het as bewyse. Hy toon aan hom ook die oorsake, wat maak dat dag en nag mekaar altyd reëlmatig op aarde moet afwissel, en daarnaas gee hy hom ook `n uitleg oor die maan, haar aard, afstand en doel, en ook oor die ander planete wat aan hierdie son behoort.
[5] Eers toe hy hierdie konkrete en verstaanbare uitleg beëindig het, gaan hy oor na die vaste sterre en sê:
[6] "Jy het nou die wese van ons aarde, die maan, die son en die ander omsirkelende planete, so volledig as wat in so `n kort tydsbestek maar moontlik was, geleer ken en jy kan oor die ‘lig’ onmoontlik meer enige twyfel hê nie. En nou kan ek jou sê dat al die grotere en ook die kleinste ligpunte aan die hemel niks anders is as suiwer, ontsettende groot sonnewêrelde nie, waarvan daar sommiges nog haas ongelooflik baie groter is as ons son, waarvan die grootte jou byna sal laat duisel.
[7] Dat dit vir ons egter so klein lyk, is as gevolg van die reusagtige afstand van hier af. As jy jou die groot afstand van ons son tot die aarde nog vier maal honderdduisend maal groter kan voorstel, dan het jy die moontlike afstand tot by ons son se naaste vaste ster. En daaruit kan jy ook baie maklik aflei waarom dit vir ons fisiese oë so klein lyk, omdat ons son, wat tog groot genoeg is om duisendmaal duisend van ons aardes te bevat, vir ons nouliks so groot lyk as die palm van ons hand.
[8] Ander vaste sterre, wat ons nog wel kan sien, is so onuitspreeklik ver van ons verwyderd, dat ons vir die aanduiding van die afstand geen getal meer het nie. As jy dit nou goed verstaan het, sal jy beslis maklik kan verstaan waarom die klein ligpuntjies eintlik baie reusagtige groot wêrelde kan wees, ook al sien dit daar vir die fisiese oog ook nooit so uit soos wat hulle in werklikheid is nie! - Het jy dit alles wel goed verstaan?"
|
|
|
|
|