Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Behoefte en die kwaad daarvan

10 Het julle nie gelees oor die vroeëre aardse paradys waar die eerste mens geskape was nie? Hierdie paradys was `n groot tuin en goed voorsien van die heerlikste vrugte op die hele aarde; en tog kon die hand van `n mens hierdie tuin onmoontlik vooraf bewerk het! Ook het die eerste mense geen huise en geen stede gehad nie; hulle het maar baie min behoeftes gehad wat maklik bevredig was, maar hulle het daarby tog gesond gebly. Hulle het altyd `n baie hoë leeftyd bereik en het daarom baie tyd gehad om hulle met die geestelike vorming van hul siele besig te hou en hulle het byna deurlopend in sigbare verbinding gestaan met die hemelse magte.

[2] Kain bou egter toe deur die influistering van die satan, vir sy seun Hanog* `n stad met dieselfde naam; en lê daardeur die basis vir alle kwaad op aarde.

[*Henog, die seun van Kain]

[3] Ek sê vir julle: Die mens het vir die lewe op hierdie aarde gladnie baie nodig nie; maar die trots van die mens, sy traagheid, sy hoogmoed, sy selfsug en heerssug vra onbeskryflik baie en kan nooit bevredig word nie!

[4] Daarop is die sorg van die mense die meeste gerig en hulle het dan natuurlik geen tyd meer om hulle besig te hou met dit waarmee hulle hulleself eintlik moes besig hou nie, omdat God hulle slegs dáárvoor op hierdie wêreld geplaas het.

[5] Vanaf Adam tot Noag het die mense van die hoogte nooit oorlog gevoer nie, omdat hulle slegs baie geringe behoeftes gehad het en omdat niemand méér wou wees as sy broers nie en omdat die ouers hul aansien teenoor hul kinders altyd baie hoog gehou het deurdat hulle altyd die wyse leiers, leraars en raadgewers van hul kinders gebly het.

[6] Maar in die laagte, waar die mense wat in hulle hart en verstand blind was, hulle leraars en leiers en raadgewers skitterend begin opsmuk het, hul hoofde gesalf en met krone versier het en hulle vanweë die groter aansien ook allerlei mag en gesag verleen het, was dit weg met die eenvoudige lewe en die geringe behoeftes!

[7] Prag het `n groot maag wat nooit versadig kan word nie. Die aarde kon op `n beperkte oppervlakte nie meer voldoende voedsel geproduseer het nie en die moeilik te versadigde en pragliewende mense het hulle verder en verder begin te versprei, het die in beslag genome grond hul eiendom genoem, dadelik vir hul praal gesorg en het daardeur nyd en jaloesie opgewek en dit het weldra afguns, twis, onvrede en oorlog veroorsaak. Die sterkere het uiteindelik die reg verkry en het heerser oor die swakkere geword en het hulle gedwing om vir hom te werk en hom in alles onderdanig te wees. Die weerspanniges was getugtig en selfs onder bedreiging met die dood tot onvoorwaardelike gehoorsaamheid gedwing!

[8] En kyk, dit was alles die gevolg van die uiterlike kultuur van die aarde, die liefde vir prag en praal en die daaruit voortkomende hoogmoed!

[9] As Ek nou, deur My Gees wat uit die hemel kom, julle weer terug wil bring na die gelukkige oertoestand van die eerste mense en aan julle die reeds lank verlore weë na God se ryk heeltemal wil toon, hoe kan julle dan sê dat die voorwaardes wat deur My gestel is om My leerlinge te word, te hard en vir almal haas onuitvoerbaar is!

[10] Ek sê vir julle: Die juk wat Ek op julle skouers lê, is sag en die las wat ek julle wil laat dra, is so lig soos `n veertjie in vergeleke met wat julle nou dag na dag dra.

[11] Hoe ver strek julle sorge oor die hele wêreld! Julle het dag en nag nóg rus nóg duurte; en dit alleen maar vanweë die wêreld en veral omdat julle nie beperk wil word in julle ingebeelde prag en in julle luukse lewetjies nie, ten koste van die dikwels bloedige sweet van julle swakke broers en susters!

[12] Hoe moet die siel by al hierdie sorge nog tyd vind om ook nog iets te doen vir die opwekking van God se Gees in haar!?

[13] Ja, julle siele en die siele van miljoene weet nie eers meer dat hulle draers van die Gees van God is nie. Laat staan nog dat hulle by hul eindelose, wêreldse sorge ook maar iets ten bate van die vry- en selfstandig word van hulle gees sou kon en wou doen. Daarby word die arme en swakke mensdom te veel tot bloedige en rustelose knegarbeid opgejaag deur julle, ter wille van júlle liefde vir prag en luukse en kan daarom óók niks doen vir die vry en selfstandig word van hulle gees nie. En so is julle tesame met julle onderdane dood en waaragtige kinders van satan en wil My Woord nie hoor wat julle opreg en waaragtig na die lewe sal bring nie. Daarenteen verdedig julle julle eie woord wat julle en al julle ondergeskiktes onvermydelik die ewige dood sal bring!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205